Monday, December 9

DIY Desember!

Hierdie tyd van die jaar vloei my kreatiewe juices gewoonlik in oormaat, wat beteken dat ek heeltyd nuwe dinge wil doen en maak! Hier is 'n paar van die dinge wat ek gaan doen hierdie Desember om my kreatiewe brein gerus te stel:

Reënboog Boekrak

Hierdie is iets wat ek raakgeloop het terwyl ek na 'n paar Booktube videos gekyk het. (Books + Youtube = Booktube). Partykeer kan mens se boekrak ongelooflik vervelig lyk as alles net randomly langs mekaar gepak is. 'n Reeboog boekrak is die perfekte oplossing vir 'n vervelige boekrak EN dit sal super awesome in jou kamer lyk.
Jy hoef nie juis 'n rocket scientist te wees om uit te figure hoe om dit te doen nie. Pak net al jou boeke uit en begin organiseer volgens kleur! Terwyl jy dit doen ontdek jy dalk nog 'n paar boeke wat jy weer wil lees...

Jazzy Chocolate Drink
Ek het hierdie idee gekry by Missglamorazzi. Sy het 'n video hieroor gemaak op haar YouTube channel. As jy lus is vir 'n yummy drankie hierdie Kersseisoen is hierdie die perfekte opsie! 
Volg net hierdie stappe:
-Smeer peanutbutter om die rand van jou koppie
-Maal koekies (soos bv. Marie Beskuitjies) fyn
-Druk die peanutbutter-rand in 'n bakkie met die fyn koekies om 'n yummy koekie/ peanutbutter rand te skep
-Maak hot chocolate/ Milo soos jy gewoonlik sal en gooi dit in die beker
-Sit 'n paar malvalekkers (marshmallows) bo-op en as jy lus is vir iets ekstra soet kan jy room bo op sit!

Ontwerp jou eie koffiebeker
Hierdie is so eenvoudig om te doen en mens kan so kreatief wees hiermee! 

Al wat jy hiervoor nodig het is 'n permanent marker en 'n wit bekker met niks op nie. Teken enige ontwerp/ woorde op die koppie en bak dit daarna vir 30 minute teen 180 grade Celsius in die oond.
Dis basically al... Geniet jou upgraded koffiebeker!
 
Vetkryt Kuns

Ek dink hierdie is een van die coolste dinge OOIT! Al wat jy nodig het is 'n pak vetkryte, 'n haardroër en 'n leë canvas. Maak al die vetkryte aan die bokant van die canvas vas (jy kan volgens kleur of net randomly). Dan begin die lang sit... Sit die canvas met die vetkryte regop teen 'n muur (met koerantpapier onder dit) en blaas op die vetkryte met 'n haardroër. Na 'n rukkie behoort die vetkryte te begin smelt en afloop. As jy tevrede is met hoe dit lyk hou op blaas en los dit vir 'n rukkie om droog te word. Nou het jy 'n awesome kunsstuk om iewers op te hang!
 

Wyn/ Sjampanje prop rame

Hierdie is 'n oulike idee vir 'n geskenk vir jou ouers vir Kersfees. Jy kan enige ou raam gebruik hiervoor. Jy gaan natuurlik 'n komp ou proppe nodig hê. Jy kan rondvra vir mense en dit bymekaarmaak. Plak dan net die proppe aan die fotoraam vas (soos hierbo) en voila! Jy het 'n awesome en unieke kunsstuk! Jy kan ook goed vasmaak aan die proppe met duimspykers.
 
Stuur vir ons 'n foto as jy enige een van hierdie DIY projekte doen!
 
Onthou ook om tussendeur al die DIY dinge vir ons te stem vir 'n Blog of The Year Award! Kliek net op die groot rooi knoppie regs!
 
Tot wedersiens!
MI
 
 

2 comments:

  1. Vrek oulike idees julle tweeQ's.
    Sal die sjampanje rame eers doen as ek 18 is....hehehe*

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie!! :D

      Ons wag in spanning vir jou 18e verjaarsdag! Haha!

      xx
      MI

      Delete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.