Saturday, April 20

Die beste van TV Series!

Ons het al hier by MI gepraat oor flieks, reality shows, celebs en vele meer, maar nou is dit tyd vir die volgende van ons gunstelinge: TV Series! Ons het 'n lys saamgestel van al ons gunsteling TV-programme!

Body of Proof

Hierdie spannende reeks is beslis 'n moet kyk! Dit handel oor Megan Hunt, 'n mediese ondersoeker wat die polisie help om moeilike moorde op te los. Maar dis nie net die lyke met die raaisels wat sy moet hanteer nie, sy het tiener dogter, Lacy wat al die streke van 'n tiener uithaal, haar eks-man gaan uit met haar baas en boonop het haar vennoot ook nog muisneste wat hom soms uit die werk uithou! Hierdie is 'n ongelooflike reeks en ek kon elke week nie wag vir Saterdag aand se episode nie. Ons wag almal opgewonde vir die derde seisoen van die reeks!

Glee

Met oorspronklike liedjies en re-makes van bekende liedjies is hierdie musical series beslis een wat jy nie mag misloop nie! Ek wat die M in MI is weet nie veel van die program nie want dis eintlik I se program, maar van dit wat ek al gesien het weet ek dat dit 'n BALL is! Al die verskillende karakters, al die funky en nuwe songs en danse en die awesome costumes is hierdie program beslis 'n inkleurboek van pure plesier! So is jy dalk 'n Gleek?


The Mentalist

OMS....OMS....Ek kan nie dink dat enige iemand NIE van hierdie show kan hou nie! Dit gaan oor die HOT Patrick Jane wat saam met die CBI werk en hulle help om moorde op te los met sy "spesiale powers" of net sy vermoe om die dinge te sien wat ander nie altyd doen nie. Hy is ook op die spoor van die onvoorspelbare reeksmoordenaar Red John! Jy weet nooit wat volgende gaan gebeur nie en elke oomblik is 'n naelbyt-oomblik. Ek wag net vir die oomblik wat Patrick en Lisbon bymekaar uitkom en dan sal ALLES
perfek wees! So... Let the mind games begin!

Gossip Girl

Serena, Blair, Chuck, Dan, Nate en die res! Laat hierdie name jou nie sommer ril van pure lekkerte nie! Veral as jy dink aan Nate se vreeslike HOT gesig, hande, lyf en alles tussenin! Verraad skuil om elke hoek en draai, vir elke hunk is daar 5 girls en dan is daar nog die geheimsinnige Gossip Girl wat moeilikheid veroorsaak waar ookal sy of hy gaan! Ek kan nie genoeg kry van hierdie reeks nie en ek sal dit beslis aanbeveel vir ALMAL! So kyk dit or you will regret your mistake..forever! XOXO GG
(En die feit dat dit verby is... TOTALLY SAD! Gaan koop die reeks op DVD... nou!)

En laaste maar nie die minste nie...
SUITS

AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA!!!! As jy dink enige van hierdie ander reekse is goed, wag tot jy jou kloue in hierdie sappige prokureurs-drama inslaan! MMMMM! Ek kry sommer lekker! Die aantreklike skatryk prokureur Harvey Specter stel die meer aantreklike Mike Ross aan as sy persoonlike assistent en toe raak dinge interessant. Mike raak verlief op Rachel wat die analis is, maar sy wil aan die begin niks weet nie! Harvey lag vir moelike sake, want hy is egter bekend vir sy onoorwonne rekord! Ek kan dit net nie beskryf in woorde nie. Ek was gaande oor die eerste twee reekse wat op MNet gewys het en ek kan REGTIG nie wag vir die derde reeks nie!
Whoooooohoooooo! Suits for president!

Hierdie was ons gunsteling drama medisyne, wat is joune?

Tot wedersiens!
MI

Fangirls Unite!

Hoekom dit okay is om 'n fangirl te wees




Wat is 'n fangirl?

"A teenage girl who is kind of obsessed with a band, footballer, singer, actor etc. They are perfectly normal girls , dont look fat or ugly and most of them are cool people. There are a few who are completely crazy and scarily obsessed but most of us are just normal people who enjoy talking about hot guys and reading fanfics about them. Yes, we use words such as glomp and squee alot and maybe we slightly overuse punctuation sometimes but its fun! And we cant help it - if you fangirl over something its actually an emotion. You just literally cant help it."

Wat is 'n fandom?

"A kingdom of fans"

-Urban Dictionary

  • Jy kan ander fangirls bevriend. Julle kan saam uitfreak en mal word as daar iets oor julle fandom genoem word en julle het ook toestemming om net oor julle fandom te praat as julle saam is. Ander mense gaan weird na julle kyk, maar dit sal okay wees want jou fandom sal jou laat beter voel.
  • Jy kan tyd aan jou fandom bestee wanneer jy verveeld is. (Lees daaroor, kyk dit, soek prentjies daaroor, skryf 'n kortverhaal daaroor, luister na musiek van die fandom, laat ander mense weet van die fandom.
  • Jy kan inside jokes met jouself he. Nee, dit sal glad nie weird wees as jy skielik begin lag oor die keer to iemand 'n skoen a Harry Styles se *hoes hoes* manlike dele gegooi het, of toe Justin Bieber in 'n glasdeur vasgeloop het, JY MAG MAAR! Niemand sal weet dat dit dit is waaroor jy lag nie, hulle sal dink dat jy eintlik net 'n baie gawe mens is!
  • Jy mag meer as een fandom he! Daar is duisende waaruit jy kan kies! Directioners (One Direction), Tributes (The Hunger Games), Perbies (Phineas and Ferb), take your pick! En jy hoef nooit op te hou
    kies nie!
  • Jy kry 'n mini- hart aanval as iemand oor jou fandom praat. Jy weet jy kan net begin uitfreak nie, maar jy hou sommer meer van iemand as hulle iets oor jou fandom gese het (behalwe natuurlik as dit iets stupid was).
  • Jou lewe het sommer 'n silwer randjie bygekry. Jy kan altyd op jou spesifieke fandom staatmaak om jou te laat glimlag.
So if jy nou 'n Directioner, Belieber, Tribute of Little Monster is... Gaan voort! Dis ok om bietjie TE mal te wees oor iets, want is ons almal nie bietjie koekoes nie?!

Tot wedersiens!
MI

Friday, April 5

MIWars 3: The Versus Version!

MI Wars is terug met 'n nuwe exciting en opwindende battle wat jou kleinkinders oor sal leer op skool. Sit terug, moenie ontspan nie... want jou brein is op die punt om te ontplof!

AWESOMENESS OVERLOAD!


Finn vs. Jack

I: FINN FINN THE BETTER TWIN! Finn Harries sal die ondergang van elke meisie op hierdie Aarde wees met sy good looks en misterieuse personality! Hy se gewoonlik nie veel in hulle videos nie, maar glo my... Hy praat met my... deur sy oe! En sy wenkbroue! En sy hare! OH MY SOUL! Sy hare. Ek wil asseblief weet watter shampoo hy gebruik, want sy hare is vol volume! En kan ons asseblief net almal saamstem dat Jacksgap eers begin suskesvol raak NADAT Finn in die videos was!

M: Nee nee nee nee nee, dis eintlik JACK JACK THE BETTER CHAP! Ek dink dit moet teen die wet wees om soos hy te lyk. En hy sal nie net die ondergang van elke meisie beteken nie, maar daar sal nooit weer stabiele verhoudings kan wees nie. Hy is egter die creative genius agter Jacksgap en as jy dink Finn se hare het volume, kyk weer! Jack s'n is 'n mini- Eiffeltoring! Bonus... hy't die cuteste smile!


Engeland vs. Amerika

I: GOD SAAAAVEEE THE QUEEN! Big Ben! Die Harries Twins! Topshop! One Direction! Die London Eye! Prins Harries! William en Kate!
ROYALTY!
Engeland is die plek van elke mens se drome! Dis waar alles gebeur! EN die mense in Engeland is tien keer hotter as die in Amerika! En Engelse drink tee! HULLE DRINK TEE! WHAAA!
Engeland is die fairy-tale storie waarvan ons almal droom. Ek SAL daar bly. Ek sal ek sal ek sal! WHOO! Go Engeland!

M: Vergeet van Big Ben, Topshop en die Royals! Amerika het die Kardashians (en dis genoeg om enige land vol te maak...), was die begin van Apple en moenie vergeet van Disneyworld nie! Amerika het van die mees unieke sporte ooit! Hoeveel ander lande het football, basketball en baseball as hulle nasionale sportsoorte?! En FYI one Direction is meer in Amerika as wat hulle in Engeland is! Met Hollywood, California, Malibu en New York is dit beslis die land om in te wees!


Facebook vs. Twitter

I: Ag, komaan. Ons almal weet dat Twitter net die powere copy en reduce size van Facebook is. Ek meen rerig?! Facebook het alles begin! Die sosiale media frenzy waarin ons vandag vasgevang is! Ons kan foto's share, statusse update, dinge like, mense poke, messages vir mekaar stuur, osn pages promote, speletjies speel en nog vele meer op hierdie donker-blou masjien! Twitter, ek's jammer, maar jy weet jy's actually net die down-graded version van Facebook. Al wat jy kan doen, is statusse post. LAME! En Twitter het net 'n sekere aantal woorde wat jy kan Tweet!

M: Die oomblik as my ouma my add as 'n friend op sosiale media dan weet jy dis tyd om aan te beweeg, en daarom is ek deel van die Twitter beweging. Die wyse Jack Harries het eenkeer gese: Die tweeling wat eerste uitkom is nie die oudste nie, maar slegs die slaaf wat kyk of alles veilig is voordat die koning tweede kan uitkom. (INLAS DEUR INGRID: SERIOUSLY?! MAAR NOU RERIG, GAAN KYK DIE VIDEO OP YOUTUBE ((Twins)) DIS HILARIOUS!)! Op Twitter kan jy vinnige kort updates kry oor jou gunsteling celebs en wie voel nou nie belangrik as hulle hul eerste 100 followers bereik nie? Twitter is die koning, so kripeer maar in skaamte Facebook, jy's ancient!


Ons hoop dat julle die versus uitgawe van MI Wars geniet het! Laat weet ons waaroor ons volgende MI Wars moet hou!

(En baie dankie vir al julle vorige voortselle. Ons is natuurlik nou BAIE SARKASTIES. Julle is 'n teleurstelling! En julle noem julleself fans!... Ek sou selfs so ver gegaan het om te se: WATCHERS! Dis reg! Ons fans het hulle eie naam! BELIEBERS? SELENATORS? LOVATICS? DIRECTIONARS? Watch out: Hier kom die WATCHERS! Wat niks vrae vra nie... But we still love you!)


Tot wedersiens!
MI

P.S. Hier is 'n hond en 'n kat!

Monday, April 1

Nuutste Videos!


Ons groot nuus!

Iets totaal en al fantasmagories het met MI gebeur! Is jy reg?


DIS REG! Die Hoezit! het 'n eksklusiewe onderhoud met ons gedoen! (Gewoonlik is dit anders om!)

Die Hoezit! waarin MI Watch gaan verskein is die Mei uitgawe en dit sal in middel April beskikbaar wees. Jy beter dit koop! (Want komaan, wie wil nou nie hulle gunsteling bloggers in 'n tydskrif sien nie...) 

Ons hou julle op hoogte en sal laat weet sodra die uitgawe op die rakke is! 

Tot wedersiens!
MI
(En jammer vir al die uitroeptekens.... Maar ons is opgewonde!)