Tuesday, January 21

Die Anti-Depro Gids

Ek weet nie van julle nie liewe lesers, maar skool maak ons DEPRO! As die onnies eers begin praat oor hoeveel harde werk ons gaan moet insit hierdie jaar, sak ons moed tot binne-in die aarde se kern. Hier is'n paar tips wat ons en julle kan gebruik om die skooljaar, so 'n bietjie minder lame te maak.
 
Benut jou vryetyd
 
Glo dit of nie, maar almal het darem so 'n bietjie vryetyd in hulle besige skedules. Dit mag dalk vir jou voel asof jy tussen die hokkie, redenaars, atletiek en akadamie, amper niks tyd het om te ontspan nie! Dit is dus baie belangrik dat jy elke oomblik wat jy vry het, geniet!
Begin 'n boek lees en maak tyd om elke aand voordat jy gaan slaap, tenminste een hoofstuk te lees.
Kyk 'n series op TV. Daar is baie goeie reekse op die TV soos Elementary, Agents of S.H.I.E.L.D, NCIS, Arrow en nog vele meer. Ons se nou nie jy moet soos ons, elke moontlike reeks kyk nie, maar as jy een aand in die week kan tyd maak vir 'n nuwe episode van jou gunsteling reeks, gee dt vir jou kans om vir 'n ruk van al die bedrywighede te vergeet!
Reel 'n kuier. Almal kan seker een Vrydag- of Saterdagaand eenkant sit vir 'n lekker kuier saam met jou vriende. Nooi al jou beste vriende en vriendinne en se vir hulle om ook mense saam te bring, want the more the merrier! Ons wil julle net waarsku dat ons nog nie hierdie metode getoets het nie. Ons is redelik onervare op die gebied van pelle kuiers, maar ons glo dit is BAIE effektief!

 
 
Beplan
 
Ons weet wat julle nou dink, "Hierdie is nie nou die tyd vir BE se bestuurstake nie!", maar beplanning is BAIE belangrik! Ons het onsself al skuldig gemaak en vir sekere dinge nie beplan en dit het nie altyd baie goed afgeloop nie! As jy beplan wanneer jy die boring goed moet doen, dan kan jy maklik sien hoeveel vryetyd jy het. Dit kan jou dalk help om vinniger die nie-so-lekker-dinge af te handel en dan... RELAX!

 
Lees MI Watch
 
Daar is so 'n baie cool blog met die naam MI Watch waarvan ons gehoor het! Dit is die perfekte ding om te doen as skool en al die ander aktiwiteit net te veel raak! Die blog is jou as leser, se go-to source vir alles oor One Direction, die nuutste modes en flieks en sommer net alles wat lekker is!
MI Watch het ook 'n Youtube- channel, waar hulle gereeld hilarious nuwe video's opsit! So julle moet seker maak dat julle al hulle video's gaan kyk. Dit is GEWAARBORG dat jy so ontspanne sal voel nadat jy hulle video's gekyk het, dat dit sal voel asof jy vir 2 maande vakansie gehad het!

 
Vertel vir ons wat jy alles doen om te cope met die gejaag van die skooljaar! En net 'n shoutout vir Jennifer Lawrence, want sy is awesome!


 
Tot wedersiens!
MI

Tuesday, January 14

BASTILLE!

Vir die van julle wat nie weet nie, MI het een van ons epicste dae ooit beleef die afgelope naweek...
 
ONS WAS BY DIE BASTILLE KONSERT!
 
!!!!!!!!!!!!
 
WHOOOOOOOOOOOO!!!!!!
 
 
Kan ons net vir 'n oomblik diep asemhaal en net die amazingness daarvan oordink. Bastille is een van die grootste bands in die WERELD en ons het hulle LIVE beleef. LIVE.
 
Vat 'n vinnige raai hoeveel mense by hierdie konsert was...
 
15 000
 
Jy't reg gelees. Vyftien DUISEND. Imagine om deel te wees van so 'n massive crowd wat saamsing en spring en gil en dans en net acccck. Dis nogals baie ongelooflik.
 
Bastille was natuurlik AMAZING. Soos regtig baie goed. Hulle is beter live as wat hulle op hulle CD's is en dit is nogals iets om op trots te wees. Seriously.
 
Maar eers... Vooraf. Matthew Mole (een van die opening acts) is 'n redelike nuwe Suid-Afrikaanse kunstenaar op die scene, maar hy het ons harte gewen. Toe ons by die huis kom het ons oor en oor na sy liedjie "Autumn" geluister. Glo ons, jy sal mal wees daaroor. LUISTER DIT.
 
Tydens die wag vir Bastille het seker die slegste ding ooit gebeur... Dit het begin reën. NOOOOOOO!
Eers het ons gedink dit kan nie erger raak nie, maar hei, as dit reën moet jy dit seker maar embrace. Een van die coolste oomblikke was toe die hele crowd saam 'n Spice Girls liedjie gesing het tydens die reënbui. Dit was weird en awesome en totally cheesy, alles gelyk.
 
 
Na die reën jam sessie... BASTILLE! WHAAAAAAAAAAAAA!!!! ACCCCCKKK!!!! OMS OMS OMS!!!!! DIT IS SO EPIC!!! WHOOOOO!!!!
(Dit is wat in ons gedagtes aangegaan het toe hulle uiteindelik begin het)
 
Bastille het geopen met "Bad Blood" en dit was natuurlik perfek.
 
 
Dinge het net beter geraak van daar af. Elke liewe liedjie was uitstekend gedoen. Dan (die hoofsanger) het tussen die crowd geloop, hy't by staalpype opgeklim en toe hy sê sy ouers kom van Sui-Afrika af... OH MY SOUL. Die crowd het mal gegaan.
Hy het Durban Skies opgetree en dit was een van die beste liedjies van die hele konsert. Die crowd het uit Dan se hand geëet. Waarlik 'n oomblik vir die geskiedenis boeke.
 
All in all was dit die hitte, die reën en die wag werd, want hierdie was een van die beste dae van ons lewens.
DIT WAS EPIC!
 

Mieke, Ingrid en ons vriendin Annecha by Bastille!

As jy by Bastille was... vertel vir ons van jou ervaring!

Tot wedersiens!
MI


Sunday, January 5

Flieks van 2014

Ek kan nie eintlik glo dat dit al 2014 is nie. Dit voel so onwerklik dat al die harde werk van 2013 nou net deel van die verlede is en ons nou weer van voor af moet begin. Ok, ek klink nou seker soos 'n HUGE pessimis, so hier is iets waarna ek uitsien vir 2014... AL DIE AWESOME MOVIES! Daar kom ongelooflike cool flieks uit hierdie jaar en ek kan nie wag nie. MI het 'n lysie saamgestel van 2014 se mees anticipated flieks.
Divergent:
As jy die boeke gelees het van die Divergent reeks sal jy verstaan hoekom ons so opgewonde is oor
die fliek. Die boeke was MINDBLOWING en ons is seker dat die flieks net so goed gaan wees of die beter wees. Ons sal julle, liewe lesers, egter aanraai om EERS die boeke te lees voordat julle daaraan dink om die fliek te gaan kyk, want ander versteur julle The Circle of Life en dit kan nie geduld word nie!
The Fault in our Stars:
Ons harte breek sommer weer in 'n duisend stukkies as ons net dink oor die boek waarop hierdie fliek gebaseer is. Dit was sonder twyfel een van die sadste boeke wat ons nog ooit gelees het, maar ook een van die beste Love Stories OOIT! Ons is seker die fliek gaan net so goed en hartverskeurend soos die boek wees en die akteurs wat hulle gekies het vir die rolle van Hazel en Gus (Die twee hoofkarakters) is net perfek. Begin solank julle bokse tissues koop, lesers, want julle gaan vir maande aaneen huil na die fliek!
 
The Amazing Spiderman 2: Rise of Electron:
 
 
Die M van MI is 'n huge fan van superhero flieks en daarom kan sy nie wag vir die volgende Spiderman fliek nie. Andrew Garfield het homself baie goed van sy taak gekwyt in die eerste fliek en ons is seker hy gaan net so goed, indien nie beter wees in die volgende fliek! Ons Peter/Gwen feels het ook mal gegaan in die advertensie so ons kan onsself net indink hoe dit gaan wees in die actual fliek!
The Hunger Games: MockingJay Part 1:
Die eerste twee Hunger Games flieks was beyond amazing en ons is seker julle almal sal met ons saamstem! Ons kan nie glo ons moet nou weer 'n HELE jaar wag voordat ons kan indulge in die volgende fliek nie. Gelukkig het ons social media soos Twitter en Youtube wat ons feels sal help deur prente en trailers van die fliek met die wereld te deel sodat ons al so bietjie kan proe aan die MEESTERSTUK!
 
The Hobbit: There and Back Again:
Die eerste twee flieks in die Hobbit trilogy was ongelooflik goed en spannend en net FANTASTIES! MI kon nie genoeg daarvan kry nie! Die laatse fliek kom aan die einde van die jaar uit en ons is seker regisseur Peter Jackson sal nie teleurstel nie! Ons kan nie wag om weer die epicness van Martin Freeman as Bilbo te sien nie en Benedict Cumberbatch wat sy stem verleen aan die verskriklike draak Smaug is ongelooflik! En Orlando Bloom met wit hare doen dit net vir ons! Hierdie fliek gaan beslis een van die jaar se bestes wees!

Laat weet ons na watter flieks julle uitsien in 2014 en laat weet ons as julle enige iets nuuts op die blog wil sien hierdie jaar!
 
Tot wedersiens!
MI

Thursday, January 2

Wat dit beteken om 'n FANGIRL te wees!

Mens kry 2 tipes mense: Mense wat normaal is en mense wat Fangirls/boys is. As jy in die eerste kategorie val... BLY DAAR. Die Fangirl lewe is 'n harsh lewe wat baie trane en gevoelens en mallheid bevat. As jy in die tweede kategorie val: Ons is baie, baie jammer en ons is hier vir jou.
Ongelukkige val ons in die tweede kategorie. Om jou te help verstaan wat die Fangirl lewe is en hoe om ons te hanteer het ons hierdie artikel geskryf.
 
Vandag is 'n uitstekende dag om hierdie artikel te skryf, aangesien vandag die dag is wat ek in fangirl overload mode is. Dames en here, vandag is die dag wat ons ons hande op Sherlock Season 3 Episode 1 kan kry!
 
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
 
Nou, normale mense sal dalk REDELIK opgewonde wees om dit te weet. Hulle sal dalk dink "Hmm, dis nogals cool, ek sal dit een of ander tyd wil kyk". NIE DIE FANGIRLS NIE. Wêreldwyd is fangirls vandag besig om in balletjies op te krul en geluide te maak wat klink asof hulle ondiere is.
Hulle is besig om met leë oë na alles te kyk en heeltyd met hulleself te praat. Hulle is besig om jittery te wag totdat hulle uiteindelik hulle oogballe kan treat met Sherlock en wanneer dit gebeur... Daar vind 'n verandering in hulle plaas. 'n Diep verandering wat mens net kan agterkom as mens daarvan weet. Hulle oë lyk vriendeliker, hulle hart klop teen die perfekte spoed en daar is 'n aura om hulle wat sê: "Ek is 'n gelukkige fangirl". Voordat mens by die tevrede fangirl punt kan kom is daar natuurlik eers 'n hele proses.
 
Dit begin gewoonlik as mens uitvind van iets. ENIGIETS. Die dinge wat egter die meeste feels (Gevoelens wat nie hanteer kan word nie. 'n Fangirl sal tipies sê: Die feels! Dis te veel vir my om te hanteer!") gee, is die dinge met die grootste fandoms. Van hierdie dinge sluit in Percy Jackson, Sherlock, Harry Potter, The Hunger Games, The Mortal Instruments, One Direction, Divergent ens. Mens hoef nie aan al hierdie fandoms te behoort nie, maar as mens doen KAN MENS NOOIT WEER DAARUIT KOM NIE.
Wanneer mens dan van hierdie wonderlike ding uitgevind het en die eerste episode gekyk het/ die eerste boek gelees het/ die eerste YouTube video gekyk het is daar geen omdraai kans nie en begin die fangirl proses.
 
Eers sal jy dink aan hoe cool die ding was. Jy sal dan op die internet navorsing gaan doen oor hierdie wonderlike ding en besef dat daar 'n klomp ander mense is wat OOK dink dat dit wonderlik is. Voor jy jou oë kan uitveë is jy besig om fanfiction (Stories wat geskryf word oor hierdie spesifieke ding. Die fans skryf dit en upload dit op iets soos Wattpad. Gewoonlik is fanfiction hartverskeurend en lê mens in 'n balletjie en huil as jy 'n storie klaar gelees het) te lees, foto's te retweet en met ander mense te praat oor hierdie wonderlike ding. Jy raak totaal en al obsessed daarmee.
Daar is ook 'n hele paar shipping wars (Shipping is om te wil hê iemand moet in 'n verhouding wees. Dit kom van die woord "relationSHIP" af. Mens kan feitlik enigiets en enigiemand ship. Byvoorbeeld ons SHIP Percy en Annabeth van die Percy Jackson reeks. Party mense (ok, eintlik almal) SHIP John en Sherlock van die Sherlock series en dan is daar ook Larry shippers en mens moet VER wegbly van hulle af. Mens gebruik frases soos "This ship has sailed" en "I ship it" tydens shipping).
 
 
DAN KOM DIE WAG. Jy sien, die eienaars van hierdie wonderlike dinge (of dit nou 'n TV studio, 'n skrywer of 'n YouTuber is) hou daarvan om fangirls te sien suffer. Hulle hou daarvan om te sien hoe fangirls soos mense wat verlore is in die woestyn rondwaggel terwyl hulle wag vir iets, ENIGIETS, om weer release te word. (Fun fact: Ons moes amper 2 jaar wag vir die nuwe Sherlock season, die Hunger Games flieks is langer as 'n jaar uitmekaar en Rick Riordan vat ten minste 'n jaar om nuwe Percy Jackson boeke te publiseer.)
Gedurende die wag tydperk word 'n fangirl se stamina getoets. Daar word getoets hoeveel sy regtig van die wonderlike ding hou. Die een helfte van die fangirls sal na 'n paar maande stilletjies wegkwyn en ons sal nooit weer van hulle hoor nie... Maar dan is daar die hardcore fangirls. Hierdie is fangirls wat elke minuut van elke dag spandeer om nuwe dinge op te grou. Teen die einde van die wagtydperk is iets so simpel soos die waterbottel waaruit iemand gedrink het worldwide trend worthy.
 
DAN. Die Groot Oomblik. Hierdie is die oomblik waarvoor almal gewag het. Vergete fangirls kruip uit hulle gate, hardcore fangirls stort trane van geluk en fangirls regoor die wêreld kom bymekaar om die wonderlike ding te vier.
 
In vandag se geval is hierdie wonderlike ding Sherlock Season 3. Dit gaan nie lank hou nie. Ons kry net 3 episodes in 'n Season want Steven Moffat (die grootkop agter Sherlock) haat ons almal. Maar dis okay, daardie paar oomblikke wat vasgevang is toe ons die nuwe season gekyk het is net genoeg om ons te hou tot die volgende season. Daar is ook altyd 'n safety net van mede-fangirls om jou te ondersteun in jou hartseer en geluk.
 
Nadat die wonderlike ding se sequel verby is, begin die proses heeltemal van voor af. Of dit nou daardie selfde ding se sequel is of 'n heeltemal nuwe ding.
Hanteer fangirls met liefde, luister na hule outbursts en gee vir hulle merchendise oor die wonderlike ding as jy sien hulle kan dit nie meer hanteer nie.
 
DIE GOUE REEL AS DIT KOM BY FANGIRLS:
MOET NOOIT HULLE FANDOM BELEDIG NIE.
 
 
Ons hoop julle 2014 gaan WONDERLIK wees. Maak dit self wonderlik!
 
Tot wedersiens!
MI