Tuesday, January 14

BASTILLE!

Vir die van julle wat nie weet nie, MI het een van ons epicste dae ooit beleef die afgelope naweek...
 
ONS WAS BY DIE BASTILLE KONSERT!
 
!!!!!!!!!!!!
 
WHOOOOOOOOOOOO!!!!!!
 
 
Kan ons net vir 'n oomblik diep asemhaal en net die amazingness daarvan oordink. Bastille is een van die grootste bands in die WERELD en ons het hulle LIVE beleef. LIVE.
 
Vat 'n vinnige raai hoeveel mense by hierdie konsert was...
 
15 000
 
Jy't reg gelees. Vyftien DUISEND. Imagine om deel te wees van so 'n massive crowd wat saamsing en spring en gil en dans en net acccck. Dis nogals baie ongelooflik.
 
Bastille was natuurlik AMAZING. Soos regtig baie goed. Hulle is beter live as wat hulle op hulle CD's is en dit is nogals iets om op trots te wees. Seriously.
 
Maar eers... Vooraf. Matthew Mole (een van die opening acts) is 'n redelike nuwe Suid-Afrikaanse kunstenaar op die scene, maar hy het ons harte gewen. Toe ons by die huis kom het ons oor en oor na sy liedjie "Autumn" geluister. Glo ons, jy sal mal wees daaroor. LUISTER DIT.
 
Tydens die wag vir Bastille het seker die slegste ding ooit gebeur... Dit het begin reën. NOOOOOOO!
Eers het ons gedink dit kan nie erger raak nie, maar hei, as dit reën moet jy dit seker maar embrace. Een van die coolste oomblikke was toe die hele crowd saam 'n Spice Girls liedjie gesing het tydens die reënbui. Dit was weird en awesome en totally cheesy, alles gelyk.
 
 
Na die reën jam sessie... BASTILLE! WHAAAAAAAAAAAAA!!!! ACCCCCKKK!!!! OMS OMS OMS!!!!! DIT IS SO EPIC!!! WHOOOOO!!!!
(Dit is wat in ons gedagtes aangegaan het toe hulle uiteindelik begin het)
 
Bastille het geopen met "Bad Blood" en dit was natuurlik perfek.
 
 
Dinge het net beter geraak van daar af. Elke liewe liedjie was uitstekend gedoen. Dan (die hoofsanger) het tussen die crowd geloop, hy't by staalpype opgeklim en toe hy sê sy ouers kom van Sui-Afrika af... OH MY SOUL. Die crowd het mal gegaan.
Hy het Durban Skies opgetree en dit was een van die beste liedjies van die hele konsert. Die crowd het uit Dan se hand geëet. Waarlik 'n oomblik vir die geskiedenis boeke.
 
All in all was dit die hitte, die reën en die wag werd, want hierdie was een van die beste dae van ons lewens.
DIT WAS EPIC!
 

Mieke, Ingrid en ons vriendin Annecha by Bastille!

As jy by Bastille was... vertel vir ons van jou ervaring!

Tot wedersiens!
MI


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.