Tuesday, January 21

Die Anti-Depro Gids

Ek weet nie van julle nie liewe lesers, maar skool maak ons DEPRO! As die onnies eers begin praat oor hoeveel harde werk ons gaan moet insit hierdie jaar, sak ons moed tot binne-in die aarde se kern. Hier is'n paar tips wat ons en julle kan gebruik om die skooljaar, so 'n bietjie minder lame te maak.
 
Benut jou vryetyd
 
Glo dit of nie, maar almal het darem so 'n bietjie vryetyd in hulle besige skedules. Dit mag dalk vir jou voel asof jy tussen die hokkie, redenaars, atletiek en akadamie, amper niks tyd het om te ontspan nie! Dit is dus baie belangrik dat jy elke oomblik wat jy vry het, geniet!
Begin 'n boek lees en maak tyd om elke aand voordat jy gaan slaap, tenminste een hoofstuk te lees.
Kyk 'n series op TV. Daar is baie goeie reekse op die TV soos Elementary, Agents of S.H.I.E.L.D, NCIS, Arrow en nog vele meer. Ons se nou nie jy moet soos ons, elke moontlike reeks kyk nie, maar as jy een aand in die week kan tyd maak vir 'n nuwe episode van jou gunsteling reeks, gee dt vir jou kans om vir 'n ruk van al die bedrywighede te vergeet!
Reel 'n kuier. Almal kan seker een Vrydag- of Saterdagaand eenkant sit vir 'n lekker kuier saam met jou vriende. Nooi al jou beste vriende en vriendinne en se vir hulle om ook mense saam te bring, want the more the merrier! Ons wil julle net waarsku dat ons nog nie hierdie metode getoets het nie. Ons is redelik onervare op die gebied van pelle kuiers, maar ons glo dit is BAIE effektief!

 
 
Beplan
 
Ons weet wat julle nou dink, "Hierdie is nie nou die tyd vir BE se bestuurstake nie!", maar beplanning is BAIE belangrik! Ons het onsself al skuldig gemaak en vir sekere dinge nie beplan en dit het nie altyd baie goed afgeloop nie! As jy beplan wanneer jy die boring goed moet doen, dan kan jy maklik sien hoeveel vryetyd jy het. Dit kan jou dalk help om vinniger die nie-so-lekker-dinge af te handel en dan... RELAX!

 
Lees MI Watch
 
Daar is so 'n baie cool blog met die naam MI Watch waarvan ons gehoor het! Dit is die perfekte ding om te doen as skool en al die ander aktiwiteit net te veel raak! Die blog is jou as leser, se go-to source vir alles oor One Direction, die nuutste modes en flieks en sommer net alles wat lekker is!
MI Watch het ook 'n Youtube- channel, waar hulle gereeld hilarious nuwe video's opsit! So julle moet seker maak dat julle al hulle video's gaan kyk. Dit is GEWAARBORG dat jy so ontspanne sal voel nadat jy hulle video's gekyk het, dat dit sal voel asof jy vir 2 maande vakansie gehad het!

 
Vertel vir ons wat jy alles doen om te cope met die gejaag van die skooljaar! En net 'n shoutout vir Jennifer Lawrence, want sy is awesome!


 
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.