Mens kry 2 tipes mense: Mense wat normaal is en mense wat Fangirls/boys is. As jy in die eerste kategorie val... BLY DAAR. Die Fangirl lewe is 'n harsh lewe wat baie trane en gevoelens en mallheid bevat. As jy in die tweede kategorie val: Ons is baie, baie jammer en ons is hier vir jou.
Ongelukkige val ons in die tweede kategorie. Om jou te help verstaan wat die Fangirl lewe is en hoe om ons te hanteer het ons hierdie artikel geskryf.
Vandag is 'n uitstekende dag om hierdie artikel te skryf, aangesien vandag die dag is wat ek in fangirl overload mode is. Dames en here, vandag is die dag wat ons ons hande op Sherlock Season 3 Episode 1 kan kry!
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Nou, normale mense sal dalk REDELIK opgewonde wees om dit te weet. Hulle sal dalk dink "Hmm, dis nogals cool, ek sal dit een of ander tyd wil kyk". NIE DIE FANGIRLS NIE. Wêreldwyd is fangirls vandag besig om in balletjies op te krul en geluide te maak wat klink asof hulle ondiere is.


Wanneer mens dan van hierdie wonderlike ding uitgevind het en die eerste episode gekyk het/ die eerste boek gelees het/ die eerste YouTube video gekyk het is daar geen omdraai kans nie en begin die fangirl proses.
Eers sal jy dink aan hoe cool die ding was. Jy sal dan op die internet navorsing gaan doen oor hierdie wonderlike ding en besef dat daar 'n klomp ander mense is wat OOK dink dat dit wonderlik is. Voor jy jou oë kan uitveë is jy besig om fanfiction (Stories wat geskryf word oor hierdie spesifieke ding. Die fans skryf dit en upload dit op iets soos Wattpad. Gewoonlik is fanfiction hartverskeurend en lê mens in 'n balletjie en huil as jy 'n storie klaar gelees het) te lees, foto's te retweet en met ander mense te praat oor hierdie wonderlike ding. Jy raak totaal en al obsessed daarmee.
Daar is ook 'n hele paar shipping wars (Shipping is om te wil hê iemand moet in 'n verhouding wees. Dit kom van die woord "relationSHIP" af. Mens kan feitlik enigiets en enigiemand ship. Byvoorbeeld ons SHIP Percy en Annabeth van die Percy Jackson reeks. Party mense (ok, eintlik almal) SHIP John en Sherlock van die Sherlock series en dan is daar ook Larry shippers en mens moet VER wegbly van hulle af. Mens gebruik frases soos "This ship has sailed" en "I ship it" tydens shipping).
DAN KOM DIE WAG. Jy sien, die eienaars van hierdie wonderlike dinge (of dit nou 'n TV studio, 'n skrywer of 'n YouTuber is) hou daarvan om fangirls te sien suffer. Hulle hou daarvan om te sien hoe fangirls soos mense wat verlore is in die woestyn rondwaggel terwyl hulle wag vir iets, ENIGIETS, om weer release te word. (Fun fact: Ons moes amper 2 jaar wag vir die nuwe Sherlock season, die Hunger Games flieks is langer as 'n jaar uitmekaar en Rick Riordan vat ten minste 'n jaar om nuwe Percy Jackson boeke te publiseer.)

DAN. Die Groot Oomblik. Hierdie is die oomblik waarvoor almal gewag het. Vergete fangirls kruip uit hulle gate, hardcore fangirls stort trane van geluk en fangirls regoor die wêreld kom bymekaar om die wonderlike ding te vier.

Nadat die wonderlike ding se sequel verby is, begin die proses heeltemal van voor af. Of dit nou daardie selfde ding se sequel is of 'n heeltemal nuwe ding.
Hanteer fangirls met liefde, luister na hule outbursts en gee vir hulle merchendise oor die wonderlike ding as jy sien hulle kan dit nie meer hanteer nie.
DIE GOUE REEL AS DIT KOM BY FANGIRLS:
MOET NOOIT HULLE FANDOM BELEDIG NIE.
Ons hoop julle 2014 gaan WONDERLIK wees. Maak dit self wonderlik!
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.