Saturday, August 30

Awesome Karakter Ontmoetings!

Die van julle wat ons YouTube videos kyk, sal weet dat ons so 'n ruk terug die ReadersWarehouse Tag gedoen het. In daardie tag was een van die vrae: Watter karakters van verskillende boeke wil julle graag hê moet ontmoet? In die video kon ons ongelukkig net elkeen een noem, maar hier is ons die Queens en nou gaan ons 3 ander karakterontmoetings noem wat totally awesome sal wees!

Middle Earth meets Narnia! 
Fantasy is beslis die beste fliekgenres OOIT! Daarom sal dit meer as perfek wees as Frodo en die ander Hobbits 'n avontuur kan hê saam met die Pevensie kinders. Hulle moet beslis in Middle Earth ontmoet want dit is my gunsteling mythical plek in die hele fictional universe! Aslan en Gandalf sal beslis epic saam wees, want hulle is albei so slim en flippen EPIC! Daar is altyd opwindende nuwe dinge wat lê en wag in Narnia en ek wil nie eers begin met Middle Earth nie! Daarom sal dit beslis die avontuur van die eeu wees as hierdie twee wêrelde kan ontmoet! Sign me up!
 
Dystopian meets Dystopian! 
Vir die van julle wat nie bekend is met die term 'dystopian' nie, dit is die term wat gebruik word om wêrelde in boeke te beskryf wat sekere aspekte van ons wêreld het, maar met 'n kinkel soos in Hunger Games, Divergent ens. Die Glade in The Maze Runner en New World in die Chaos Walking trilogy is altwee awesome. Ek dink dit sal epic wees as die hoofkarakters in elke boek, Thomas en Todd kan ontmoet. Thomas is die nuweling met baie nuuskierigheid in hom en sy doel: Om die maze op te los en sy vriende te help om te ontsnap! Hy is baie braaf en gee baie om vir sy vriende! Todd se nommer 1 prioriteit is Viola en hy sal enigiets doen om haar te beskerm en veilig te hou. Hy is 'n baie sterk karakter en het goeie leierseinskappe. Ek dink hierdie twee sal beslis 'n mean team maak.
 
                                      Roald Dahl mania!
 
Roald Dahl is sonder twyfel een van die beste kinderboek skrywers wat ooit geleef het! Daarom is dit net logies dat twee van sy mees ikoniese karakters moet ontmoet en dit is Charlie Bucket en Matilda Wormwood. Matilda is 'n genie om die minste te sê en Charlie is net so oulik en sagmoedig dat 'n storie met hulle twee in net perfek sal wees! Ek sal sommer so ver gaan om hulle twee te ship... Chartilda of dalk Marlie! Totally adorbs!

Dit liewe lesers was ons ultimate fictional meet-ups! Het jy dalk nuwe voorstelle? Laat ons weet!
Hier is 'n lieflike foto van 'n BAIE MOOI PERSOON:



Tot wedersiens!
MI