Friday, May 31

FBI by die Billboard Awards!

Lesers van MI...Welkom terug by MI se FBI! Vandag gaan ons na al die sterre en skandes kyk... al die “Koop dit!” en “Loop verby” en ons gaan al die mode onder 'n vergrootglas bekyk by die... Billboard Music Awards 2013!


Ons begin eerste met al die show-stoppers en daar was 'n hele paar! Taylor Swift het ongelooflik gelyk in 'n blou sequin Zuhair Murad mini met hemelhoe swart skoene! En met al haar toekennings was sy beslis die ster van die aand. Selena Gomez het almal verbaas met 'n elegant dog waaghalsige wit Atelier Versace met neon snitte en silwer Jimmy Choo skoene! Zuhair Murad was nogal gewild onder die dames. Jlo het een van sy goue skeppings met 'n baie lae hals aangehad en Emmy Rossum 'n swart elegante rok. Hayden Panettiere het ook gegaan vir die classic in black look en sy het 'n Halston Hentage aangehad met 'n baie oulike Jimmy Choo clutch.


Die manne het ook heel aantreklik gelyk by die geleentheid! Justin Bieber het, soos gewoonlik, al sy Beliebers aan die gil gehad toe hy sy liedjie Take You in 'n swart eenmou leer baadjie gesing het. Die aand was egter nie alles maanskyn en rose vir JB nie, nadat hy uitgejou word toe hy die Milestone Award ontvang, maar sy Beliebers staan bankvas agter hom en hy het niks meer as dit nodig nie! Emblem Three het baie opgewonde en soos altyd komkommerkoel gelyk, selfs toe hulle vir Selena ontmoet het! Will.i.am het
stunning gelyk in 'n eenvoudige wit pak en Chris Brown het op sy gemak gelyk in 'n swart en grys hemp met allerhande patrone op!


Nou beweeg ons al die pad afdraende met van die aand se Worst Dressed! Ke$ha kon netsowel niks aangehad het met haar eina-klein Givenchy LBD en ons het nie daarvan gehou nie. Carly Rae Jepson lyk altyd asof jy haar deur 'n ring kan trek maar nie by die jaar se Billboad Awards nie. Sy het 'n swart mullet rok aangehad met 'n vierkantige snit wat ietwat deursigtig was en dit het dit net nie vir haar gedoen nie! Zlala het soos een groot foelie alien gelyk in 'n baie vreemde, amper Lady G style, rok! As die son geskyn het kon ons dalk patties op haar gaargemaak het! Jenny McCarthy het soos 'n hawelose bedelaar gelyk was pas deur 'n papier shredder was! Sy het 'n geskeurde blou romp aangehad wat mens nie eers iemand in moet begrawe nie. En dan is Madonna ook hier... maar dis geen verrassing nie, want haar modesmaak is galbitter! Sy het 'n skreeuende swart baadjie aangehad
met... GEEN broek! Net 'n paar sykouse! ABSOLUUT WALGLIK! Get it out of my sight!


Baie geluk aan almal...veral ons gunsteling One Direction, wat pryse gewen het! Die 2013 Billboard awards was beslis een wat ons nog vir lank sal onthou. Watter rokke en optredes het vir jou uitgestaan liewe lesers? Laat ons gerus weet! Hierdie is MI se FBI en ons is oor en UIT!


Tot wedersiens!
MI

P.S. Hier is 2 van ons Best Dressed (Tay Swift en Selena Gomez) teenoor 2 van ons Worst Dressed! (Madonna en Zlala)

Wednesday, May 29

Apps wat jy MOET hê!

Die *hoes* ouer *hoes* generasie is van menig dat die tieners van vandag vasgegom aan hulle fone en sosiale media is. Weet jy wat ek hierop wil antwoord? JULLE IS REG!
En so what? Daar's niks mee verkeerd om te wil weet wat aangaan in ander mense se lewens nie, inteendeel, nou kan ons mense online eerder as in die regte lewe stalk. Ag komaan, ons almal weet jy doen dit!
MI het 'n lys opgestel van al die moet-hê Apps wat jy vandag moet hê om te oorleef in die tiener-wêreld.
Die gewone
Dis natuurlik belangrik dat jy 'n Facebook en Twitter App op jou foon het. Hoe anders gaan jy 'n foto dadelik kan post van jou vriendin wat op haar boude geval het? Of kan tweet wat jy nounet geëet het? (En glo my, ons almal stel baie belang of dit chocolate of karamel pap was!) (Like ons Facebook en follow ons op Twitter: @MIWatchers)
Instagram
Alhoewel Instagram net vir Apple produkte bestem is, is dit nogsteeds awesome, so dit kom op die lys. Verbeel jou Facebook en Twitter het 'n baba gehad. Die baba-het Twitter se styl en Facebook se
persoonlikheid geërf. Dames en here... Instagram! Instagram is 'n App waar daar foto's gepost word van alles en nog wat. Al wat 'n celeb is het ook Instagram, so dis net nog 'n manier om jou gunsteling celebs te stalk. (Follow MI op Instagram! Ingrid: @roppels Mieke: @miekehof)

Keek
Keek is 'n redelike nuwe App wat sy verskyning gemaak het. Daar word vir jou 36 sekondes gegee om 'n
kort video clip op te neem en dan op Keek te upload. Dis 'n great manier om vinnig inligting te deel en dis super lekker om te sien wat mense als in 36 sekondes kan aanvang. Die Kardashians, Debby Ryan, Jack en Finn Harries en Caspar Lee is maar net van die celebs wat op die Keek-bandwagon gespring het. (Follow MI op Keek: @MIWatchers)

Vine
Vine is amper soos Keek, met 'n twist. Vine laat jou toe om 'n klomp video clips te kombineer om 'n video
te maak. Jy neem byvoorbeeld jou hand vir 5 sekondes, jou TV vir 3 sekondes en jou hand vir 6 sekondes op dan kombineer Vine dit alles om 'n Vine Video te skep. Van die celebs daarbuite wat Vine het is: Harry Styles, Eric Stonestreet, Emily Osment en Paris Hilton!

Pose
Pose is 'n moet-he vir enige modeliefhebber! Dis soos Facebook, maar
eenvoudiger en met een doel voor oe: FASHION! Jy kan mense regoor die wereld se modes vir die dag sien, winkels se webtuistes besoek waar jy hierdie kledingstukke kan koop en jou eie modes vir die wereld wys! Die bekende stilis Rachel Zoe het Pose, asook 'n hele paar ander celeb-stiliste!

Hieride is die Apps wat MI as 'n moet-he beskou! Wat is jou gunsteling Apps? Los jou username hier onder en ons sal jou follow op die Apps hierbo genoem!

Tot wedersiens!
MI



Tuesday, May 28

MI se FBI!

MI is trots om 'n nuwe deel van die blog aan ons lesers bekend te stel. Dis soos Fashion Police met 'n tikkie MI en ons noem dit: FBI (Fashion and Beauty Investigation). Ons kyk na al die nuutse modes vars uit Hollywood asook 'n paar plaaslike trends! Om FBI mee af te skop gaan ons kyk na al die mooiste en aakligste uitrustings by die...Cannes Film Festival!
Adèle Exarchopoulos het asemrowend gelyk by die Closing Ceremony in 'n wit Gucci rok. Die aktrise, Berenice Bejo wat aangewys is as die beste aktrise gaan beslis nie die Best Dresses toekenning ontvang nie! Sy het 'n teal Elie Saab aangehad en alhoewel dit elegant was het dit meer soos 'n kantgordyn in my ouma se huis as 'n rok gelyk!


 Nicole Kidman was beslis die Best Dressed van die hele festival! Sy het 'n pragtige wit Giorgio Armani aangehad by die closing ceremony en ook 'n baie stylvolle Valentino by die premiere van die flim, Nebraska. As een van haar rokke dalk geheimsinnig verdwyn en in my kas opeindig...Ek kan Sleepwalk, tot in Frankryk (wink)! Die Duitse model, Heidi Klum het ook geskitter in 'n wit Versace rok.

Die Franse aktrise, Astrid Berges-Frisbey het 'n swart en wit Chanel Haute Couture, skemerkelkie rok aangehad by die Only God Forgive premiere en sy het dit stylvol afgepaar met 'n skelrooi handsak. Marion Cotillard het 'n Alexander McQueen Jumpsuit aangehad na die “after party” van haar fliek: The Immigrant,
maar die bont patroon werk net glad nie vir my nie. Daar is net te veel wat aangaan!


Tilda Swinton het net AAKLIG gelyk in 'n goue Chanel trouser pak met skelrooi lippe en haar haarstyl het ook nie die moderamp ENIGSINS gehelp nie! Emmonuelle Seigner het 'n skarlaken rooi Alexandre Vaulhier skepping angehad na die premiere van haar man se treffer film: Venus in Fur en hierdie skepping verdien 'n Mode 911 oproep! Afskuwelik!

Jessica Chastain het beeldskoon gelyk in 'n rooi een-mou rok wat perfek by haar ligte vel pas en Stacy Keibler het soos altyd, asems weggeslaan n 'n plum afmou “bow-accented” rok. Goldie Hawn het AANDAG geskree in 'n neon geel rok en die reaksie was NIE positief NIE! Jennifer Lawrence was haar pragtige self in 'n eenvoudige wit rok en sy het haar nuwe haarstyl gewys, maar dan sien 'n mens haar skelpienk skoene en skree: “STOP DIE BUS! Het jy dalk perongeluk met jou
mooi skoene in aaklige pienk verf gestap?!”


Die manne het darem ook 'n bietjie pret gehad! Tom Hiddleston het saam met Tilda Swinton hulle nuwe fliek bemark en JT en Liam Hemsworth het ook lekker pret om die rooi tapyt gehad. Jeremy Renner het ook gesorg vir 'n paar grappies wat almal laat skaterlag het!


Uit en uit was die 2013 Cannes Film Festival mode-gewys 'n reuse sukses met nuwe treffende trends en ontwerpe! Gaan kyk gerus na meer uitrustings op E! Online of fashion.telegraph.co.uk! Laat weet ons wat jy dink van MI FBI en kyk uit vir 'n bietjie meer oor die Billboard Music Awards en 'n paar eg Suid-Afrikaanse tendense!


Tot wedersiens!
MI

Sunday, May 26

MI se Afrikaans Gunstelinge!

Ons lesers het partykeer baie innoverende idees en ons hier by MI hou daarvan om na ons lesers te luister! Daar was onlangs 'n comment op ons 'Julle' page gelos wat voorstel dat ons 'n lys maak van ons gunsteling Afrikaanse celebs... en hier is dit! Versoek deur JULLE!
 
Afrikaanse Musiek:
Alhoewel ons hierr by MI REUSE respek het vir Afrikaanse sangers, hou ons gewoonlik meer van
bands as solo-sangers. Glaskas, Die Heuwels Fantasties, Dans Dans Lisa en selfs Van Coke Kartel is die Afrikaanse musiek waarna ons luister as ons die dag lus kry. Gewoonlik as mense aan Afrikaanse musiek dink word daar net gedink aan "dieselfde liedjie" wat oor en oor deur verskillende mense gesing word, maar MI dink dat bands hulle eie spin op die Afrikaanse musiek bedryf sit. Ons sakel darem nie heeltemal solo-sangers uit nie. Bobby van Jaarsveld en Jakkie Louw is van ons gunstelinge.
Afrikaanse Akteurs:
Die lesers van hierdie blog moet een ding verstaan: MI was vir 'n baie lang ruk verslaaf aan 7deLaan (ons is darem nou al genees). Dit beteken dat ons mal is oor AL die akteurs in 7deLaan. (Veral Diaan Lawrensen a.k.a. Paula van der Leq a.k.a. ons spirit animal). Ons is ook mal oor al hierdie nuwe
Afrikaanse flieks wat deesdae hulle verskyning maak. Eugene Jensen (van Pretville) is 'n GROOT gunsteling en weereens Bobby van Jaarsveld (in Liefling).
Afrikaanse Vermaaklikheids-bedryf:
Behalwe vir musiek en rolprente/TV-programme is die res van die Afrikaanse Media bedryf heeltemal awesome. Ons het nuwe respek gekry vir radio-hosts toe daar met ons 'n onderhoud gevoer is op RSG deur Ivor Price (lees 'n awesome onderhoud wat ons met hom gedoen het hier). Ons dink ook dat die Afrikaanse skrywers daarbuite beslis nie uit die berekening gelos moet word nie. Jaco Jacobs (Wat Suurlemoen geskryf het), Marietjie Vos en Fanie Viljoen is van ons gunstelinge.
 
Wie is jou gunsteling Afrikaanse bekendes? Laat weet ons in die comments en dan publish ons dit in hierdie artikel!
 
Tot wedersdiens!
MI
 


MI Choice Awards!

Hollywood het 'n GROOT verskeidenheid van “award shows” insluitend die People's Choice, Kids Choice en Teen Choice Awards en omdat die Teen Choice Awards om die draai is het ons besluit om ons eie toekennings weg te gee by die MI Choice Awards! Ons het al die katagoriee, sterre en musiek wat die ander het met 'n tikkie MI-flair! Na 'n lang gedink en diep besluitneming het ons op die wenners besluit en hier is hulle!!


Flieks:


Beste Aksie Fliek:

The Hunger Games

Beste Drama:

Perks of Being a Wallflower

Beste Komedie:

Pitch Perfect

Beste Akteur/Aktrise in 'n Aksie rolprent:

Robert Downet Jnr- Iron Man 3

Jennifer Lawrence-Hunger Games

Beste Akteur/Aktrise in 'n Drama:

Logan Lerman- Perks of being a Wallflower

Anne Hathaway- Les Miserables

Beste Akteur/Aktrise in 'n komedie:

Jason Bateman- Identity Thief

Rebel Wilson- Pitch Perfect

Beste Visuele Effekte:

Life of Pi



Musiek:


Beste country sanger:

Taylor Swift

Beste manlike sanger:

Justin Bieber (Die I van MI is nie baie gelukkig hieroor nie!!)

Beste vroulike sanger:

Selena Gomez

Beste Pop Groep:

ONE DIRECTION!!!

Beste Rock Groep:

Imagine Dragons

Beste ontdekking deur MI:

FUN

Beste RnB sanger;

Bruno Mars

Beste soundtrack van 'n fliek:

Les Miserables

Beste liedjie van 'n fliek:

One Day More- Les Miserables

Beste liedjie van 'n manlike sanger:

All Around the World- Justin Bieber

Beste liedjie van 'n vroulike sanger:

Skyscraper- Demi Lovato

Beste liedjie van 'n groep:

Kiss You- One Direction


TV-reekse:


Beste Drama reeks:

Gossip Girl en Suits ( dis 'n tie!)

Beste Komedie-reeks:

Glee en Modern Family (om te kies tussen die 2 is net ONMOONTLIK!)

Beste Aksie-reeks

Hawaii Five-O

Beste Misdaad-reeks:

The Mentalist

Beste Akteur/Aktrise in 'n Drama:

Gabriel Macht- Suits

Leighton Meester: Gossip Girl

Beste Akteur/Aktrise in 'n Komedie:

Zooey Deschanel- New Girl

Eric Stonestreet-Modern Family

Beste Akteur/Aktrise in 'n aksie/misdaad- reeks

Alex 'o Loughlin- Hawaii Five-O

Dana Delany- Body of Proof

Beste Realiteitsprogram:

X-Factor USA

Beste Talk-show:

Ellen DeGeneres



En dit liewe lesers was al die wenners van die gesogte MI Choice Awards! Sou jy dalk vir iemand anders gestem het of iemand anders as 'n wenner wou sien? Laat ons weet in die comments! Ons is MI en ons is...UIT!!

Tot wedersiens
MI

Saturday, May 25

Ons James Bonds...Shaken not Stirred!

The name is Bond...James Bond! Almal ken dié alombekende aksieheld en die akteurs wat die rol vertolk: Daniel Craig, Pierce Brosman, Sean Connery en al die res. Ons hier by MI het besluit om ons eie James Bond kandidate te kies, wat in hulle eie movie gaan speel en elkeen met 'n unieke Bond girl! Kamera...Ligte...Aksie!

Lerman Logan

Hy is bekend vir sy rolle in Perks of Being a Wallflower, Percy Jackson en The Three Musketeers, maar vandag is hy ons jongste Bond... Die 'Next Generation' Bond! Sy Bond movie se naam gaan wees: What Lies in Tomorrow en daar gaan 'n klere-ontwerper se lewe op die spel wees! Sy lieflike Bond-girl gaan Lily Collins wees (ons sal net iets aan haar eyebrows MOET doen..NO OFFENCE!) en die aaklige skurk se rol gaan vertolk word deur Orlando Bloom! Bond hoor dat die skurk 'n bom aanval by 'n groot One Direction konsert beplan en hy MOET net die planeet red van 'n aaklige lewe SONDER ONE DIRECTION! Ons het hom gekies omdat hy 'n paar lekker aksie moves het en natuurlik sy cute looks! Demi Lovato gaan die temalied sing!

Josh Duhamel

Hierdie een is die I in MI se keuse! Hy is jou tipiese tall, dark and handsome Bond en dus PERFEK vir die rol as 'n classic Bond! Sy move se naam gaan wees: The Cry of a Nation en in hierdie spannings riller aksiebelaaide fliek gaan hulle veg teen 'n klomp wrede Russe wat Engeland wil oorneem deur 'spy gadgets' in ALLE tegnologiese voorwerpe weg te steek! Hierdie terroriste gaan gelei word deur die bose Devar gespeel deur Mark Pellegrino. En sy lieflike Bond-meisie gaan Scarlett Johansen wees. Christina Aguilera
sing die temalied hier!

Robert Downey Jnr.

Hierdie is die M in MI se keuse en hy MOET net hier wees want sy is MAL oor hom. Hy gaan beslis die snaakste Bond ooit wees, maar hy is ook baie slim en slinks! Hy is perfek vir die rol van die vintage Bond! Sy Bond-movie se naam gaan In Black and White wees en hier kom Bond te staan teen 'n gewetenlose dwelmsmokkelaar gespeel deur Alfred Molina. Aan sy sy gaan Penelope Cruz die Bond-meisie se rol vertolk! Die band fun. gaan hierdie een se temalied sing.

Chris Evans


Ons almal ken hom as Captain America in dié Marvel Movie, maar vandag is hy MI se James Bond! Alhoewel hy met die eerste oogopslag onskadelik en sag kan lyk, is hy eintlik dodelik vir enige skurk wat oor sy pad kruis en daarom is hy on Bond of Many Colours! Hy gaan Bond vertolk in die fliek: Code Impossible waar hy die skurk, gespeel deur Richard Armitage , regoor die wereld gaan jaag in baie vinnige en awesome karre om te ky wie eerste 'n genetiese ontwikkelde virus kan kry! Sy mooie Bond-meisie gaan gespeel word deur Olivia Wilde en hulle gaan beslis 'n dodelike paartjie maak! Kate Melua sall haar spin op 'n Bond liedjie sit vir Chris Evans se Bond-movie.

Chris Pine

Jy sal hom ken van sy rolle in Princess Diaries, Star Trek en This Means War en hy is perfek vir die rol want...HY IS CHRIS PINE!! Hy het die perfekte kombinasie van mooi oe, hare en 'n drop-dead smile! Hy gaan ons “Swoon Bond” speel want NIEMAND kan sy sjarme weerstaan nie! Sy fliek se naam gaan The Hour of Truth en hier het die booswig, gespeel deur William Dafoe, Prins William en sy vrou ontvoer en dreig om die Twin Tower tragedie te herskep! Bond moet die prins en Engeland red voor dit te laat is die vreeslose Jennifer Lawrence gaan sy Bond-meisie wees in hierdie fliek! Alicia Keys sal die keuse wees om
hierdie fliek se theme-song sing.

CUT! En dit was ons lysie van toekomstige James Bonds! Het jy dalk ook 'n paar voorstelle? Laat weet ons in die comments hier onder! En onthou, maak nie saak wat gebeur nie... Vat dit “shaken, not stirred.” ;)

Tot wedersiens!
MI

Saturday, May 18

One Direction Mal!

MI is HUGE Directioners! Ons is mal oor One Direction en al hulle liedjies! Ons het besluit om ons lesers die scoop te gee oor al die lede van One Direction. Maar eers 'n bietjie meer info oor die band! Simon Cowell het hulle gesign by sy record label: Syco Productions. Hulle het 3de gekom in die 7de seisoen van die Britse X-Factor, maar is beslis die mees suksesvol! Hulle het al 2 Brit Awards en 3 MTV Music Awards gewen. Billboard het hulle aangekondig as 2012 se Top New Artist en The Huffington Post het gese dat 2012 die jaar van One Direction was! 1D Rule!


Harry Syles
Sy volle naam is Harry Edward Styles en hy is gebore op die 1ste Februarie 1994. Dit maak hom die jongste lid van One Direction. Hy is gebore in Holmes Chapel, Engeland en het 1 ouer suster, Gemma. Voor X-Factor was hy die hoofsanger van 'n band met die naam White Eskimo. Elvis Presley is een van die mense wat hom inspireer sowel as Coldplay en Kings of Leon. Hy is 5'10” voet (feet) en een van my gunsteling se-dinge van hom is: “I like girls, but I prefer having a girlfriend. I like having someone I can spoil” Ok almal saam: Awwwww!!!
(Inlas deur die I van MI: HARRY STYLES IS GEKYK AAN PERFEKSIE EN ENIGIEMAD WAT NIE SO DINK IS DAAR DUIDELIK IETS MEE VERKEERD! SY OE, SY SMILE EN HY HET BY VERRE DIE BESTE STEM OOIT! EN HY'S SUPER CUTE!)


Niall Horan
Omdat hy my, die M van MI se gunsteling is, moet ek die meeste oor hom se! Sy volle naam is Niall James Horan en hy is gebore op die 13E September 1993. Hy is gebore in Mullinger, Ireland en hy het een ouer broer, Greg. Mense wat hom inpireer sluit in, Bon Jovi, The Script, The Eagles en Michael Buble. Hy is 5'7” voet en dra 'n size 8/9 skoen. Hy is goeie vriende met Justin Bieber en sy gunsteling liedjie van JB is Baby en One less lonely girl! Niall is links-handig, net soos ek! (Sien, ons is bedoel vir mekaar!) Hy het sy bestuurders lisensie gekry met die eerste probeerslag in Januarie 2013. In die liedjie Up All Night het hy net 'n solo vir 1 min en 25 sekondes, dis die minste van al die lede! Dis 'n OUTRAGE! Sy bynaam is Nialler en sy gunsteling kleure is groen en blou. Hy het claustrophobia en sy gunsteling fliek is Grease! In 'n interview het hy eenkeer vir Liam gese: “Shut up, Liam! I'm trying to do an interview here!" Soooo oulik! En hy se dat hy beslis met'n fan sal uitgaan op een voorwaarde: Dat sy nie in sy gesig skree nie! (Ek het tog 'n kans!)


Liam Payne
Liam James Payne is gebore op die 29e Augustus 1993 in Wolverhampton, Engeland. Hy het 2 ouer susters, Nicola en Ruth en hy het boks-lesse gehad toe hy jonger was. Net voor X-Factor was hy 'n musiek-tegnologie student by die City of Wolverhampton College. Hy is mal oor Disney flieks, veral Toy Story en sy gunsteling kleur is pers. Sy droom valentyn is Kim Kardashian en sy naam beteken: "Strong-willed warrior."



Louis Tomlinson
Louis William Tomlinson is gebore op 24 Desember 1991 in Doncaster, South Yorkshire, Engeland. Hy het 5 half-susters omdat sy ma en pa geskei is. Hy was in die Acting School van Barnsley en het 'n klein rol gehad in 'n Britse drama film: If I had You. Hy word geinspireer deur Robbie Williams en Ed Sheeran. As hy enige superpower kon gehad het dan sou hy wou vlieg. Sy gunsteling band is The Fray. Sy celeb crush is Natalie Portman, maar hy sal nooit sy meisie Eleanor los nie! Sy gunsteling kleur is donker rooi en hy is 'n
Manchester United aanhanger!


Zayn Malik
Zain Javadd 'Zayn' Malik is gebore op 12 Januarie 1993 in Bradford Engeland. Hy het een ouer suster en 2 jonger sussies. Hy was in Tong High School en hy is mal oor R&B en Rap. Zayn is 'n Moslem en sy naam beteken 'beautiful' in Arabies. Hy is baie goeie vriende met die sanger Olly Murs en sy gunsteling liedjie is Thriller van Michael Jackson. Hy is mal oor die Harry Potter boeke en hy het 'n sagte plekkie vir intelligente meisies! Zayn kan nie swem nie en hy se as hy nie 'n sanger was nie sou hy graag 'n Engelse onderwyser wou gewees het.


En daar het julle dit Directioners! Alles wat jy wil weet oor die lede van ons gunsteling band! Watter een is jou gunsteling en watter liedjie van One Direction is jou all time gunsteling?


Tot wedersiens!
MI

Saturday, May 11

Die lysie van alles!

Ons hier by MI is baie dinge... Ons is boekwurms, fangirls, moviesnobs, kosslawe en lys-makers. Toe besluit ons om alles te verbind en een groot lysie te maak van al ons gunstelinge. Forbes watch out, want hier is MI se LYSIE VAN ALLES!


Boek:
M: My gunsteling boek is die Spud reeks deur John van der Ruit! Ek is mal oor die snaakse en mal dinge wat die klomp skoolseuns aanvang! Al hulle avonture saam Mermaid, Amanda, The Guv en die berugte Sparerib wat alles probeer om van die Crazy 8 ontslae te raak! Die boek is snaaks verby en ek het partykeer gehuil soos
wat ek lag! 'n MOET-lees!
I: John Green se The Fault in Our Stars is die beste boek onder die son. Die storie van Hazel Grace en Augustus Waters het my hart in stukke gebreek, maar ek nog steeds nie help om die boek oor en oor te lees nie. Dis skerp geskryf met 'n titseltjie perfeksie in. 'n MOET lees.


Fliek:
M: O' how I've missed you Holmes! Ek is verslaaf aan die Sherlock Holmes flieks! Dit is net die beste! Die skerp humor en bose skelms. Die ingewikkeld plots en Holmes se mal planne en disguises! Dit is nou twee flieks wat ek oor en oor kan kyk, sonder om moeg te raak! Dit is net 2
MOET-sien flieks!
I: The Prince & Me! Ek is verslaaf aan prinses flieks en The Prince & Me vat net die kersie op die koek! Ek huil elke keer wat ek hierdie fliek kyk (en glo my, dis nogals baie!) Julia Stiles is die perfekte aktrise vir die rol en ek meen komaan... Wie se droom is dit nou nie om eendag royalty te wees nie? (Plus, hierdie fliek is soosin totally wat met Will en Kate gebeur het!)


Akteur:
M: Omdat Sherlock Holmes en Iron Man twee van my all-time favorites is, is dit 'n no-brainer dat Robert Downey Jnr my gunsteling akteur is! Al is hy aan die ouer kant, is hy steeds die beste in die bedryf. Hy het so 'n edge en 'n mal snaakse sin vir humor. Ek LOVE enige iemand wat my laat lag en ek kan nie ophou lag vir hom nie. Hy is net soos 'n goeie wyn:
Word net al hoe beter, hoe ouer hy word!
I: As jy ooit sleg voel omdat jy nie iets bereik het nie, onthou; jy het net soveel Oscars soos Leonardo DiCaprio! Dames en here, een van die beste akteurs van ons tyd het nog nooit 'n Oscar gewen nie en dis 'n AFGRYSE! Hy was Jack in Titanic (pik 'n traantjie), hy was in The Man in The Iron Mask, Django Unchained, Inception en nog vele vele meer. Hierdie is 'n ou wat weet wat hy doen. GO LEO!


Aktrise:
M: Met haar rooi hare, unieke stem en uitstekende mode smaak het Emma Stone net 'n edge waaroor ek mal is! Ek het veral van haar karakter in die Amazing Spiderman en Easy A gehou. En sy en Andrew Garfield maak sooooo 'n oulike paartjie! Haar rolle is altyd so anders en sy skrik nie vir 'n uitdaging nie! Sy is
FANTASMAGORIES!
I: Sy het verander van 'n akward meisie na 'n prinses, na catwoman en toe na 'n vrou wat haar hare afskeer... Anne Hathaway! Hierdie is een vrou wat KAN! Met 'n rits toekennings agter haar naam (insluitend 'n Oscar!) is Anne Hathaway my heel gunsteling aktrise ooit! Sy kan sing, sy kan toneelspeel en sy't 'n goeie hart! (Alhoewel ek nie so seker is oor die besluit om haar hare platinum blond te kleur nie... Ag, sy mag maar, sy's Anne Hathaway!)




Band:

MI: STOP WAT JY DOEN! Luister eers na 'n paar liedjies van die band fun.
Goed, het jy dit gedoen? En het jy uitgefreak? ONS HET! Fun. het hulle merk gemaak met die liedjies Some Nights en We Are Young, maar as eers na 'n paar van hulle ander liedjies luister dan besef jy: Hierdie ouens is nie net one hit wonders nie! Fun. is altwee lede van MI se gunsteling band. Hulle styl musiek is SO uniek en ASDFGHJKL. Dis net perfek! (En hulle MOET NET binnekort Suid-Afrika toe kom!) MI is trots deel van die fundom!

Land:
M: Pizza, Michealangelo, Colleseum en Milan....ITALIE is die plek vir my. Dit het so 'n vintage gevoel en styl en ek is mal oor al die antieke kuns, argitektuur en geskiedenis wat in die land skuil! Dit is my droom om Rome en Milan eendag te gaan besoek en 'n HUGE pizza by 'n straatkafee te gaan eet! 'n MOET-besoek! Lo amo I'Italia!
I: GOD SAVE THE QUEEN! Engeland is die plek vir my! Ek persoonlik kan nie wag totdat ek eendag van daardie vliegtuig afklim en besef dat ek nou in Engeland is nie! Dis een van die lande met die rykste geskiedenis daarbuite en 'n hele boek vol tradisies. Ek droom daarvan om eendag in 'n klein woonstelletjie in London te sit en skryf... *sug* (En Prins Harry is single! Whoop whoop!)


Kledingstuk:
M: Ek is mal oor rokkies! Kort rokkies, strandrokkies, formele rokkies, maxi-rokke, rokkies met blommepatrone en rokkies met 'n belt of 'n strik! Jy kan 'n rokkie na enigeplek, by enige iets en in enige seisoen dra! As ek geld kry, gaan dit
dadelik in my rokkie versameling in! Dis beslis 'n MOET-dra!
I: Ek is iemand wat hou daarvan om gemaklik aan te trek... Oversized truie is 'n MOET-he hierdie winter! Dit kan iets eenvoudigs wees of dit kan iets wees met 'n crazy patroon op. Trek dit aan as jy uitgaan met 'n skinny jean, grungy stewels en 'n cute bollatjie op die bokant van jou kop, met oversized armbande en 'n cute hangertjie of trek dit aan as jy by die huis is op 'n Saterdag. Either way, dis 'n great stapel kledingstuk om te he!


Winkel:
M: Ek is MAL oor roomys en ons mall het die BESTE roomys winkel OOIT: MXIT-ice-cream! Hulle het AL die geure onder die reenboog! Van strawberry, chocolate, cookie, amarula en mint tot pineapple, litchi en mango sorbet! Dit is my droom roomyswinkel en as dit nie was vir my BAIE beperkte bankrekening nie, het ek seker daar geboer! 'n
MOET-probeer!
I: Ek is 'n self-confessed book-a-holic, so dis maar net logies dat Bargain Books my heel gunsteling winkel onder die son is. Hulle het boeke vir almal en BONUS! Hulle pryse is redelik! Met specials soos "Koop 3 boeke vir R100" is ek nie seker of hierdie winkel goed of sleg vir my is nie...


Kos:M: Die mense wat my ken weet dat ek mal is oor eet en die lekkerste ding om te eet is BESLIS 'n pizza. Met BAIE kaas en pynappel, bacon, ham, mushrooms en nog meer kaas sal pizza my enigetyd in 'n taste-heaven sit! Mmmmmm...Scooters, Panarotti's, Debonairs en AL die ander! 'n Naweek is net volmaak as jy pizza geeet
het! Ek is beslis 'n Pizzaholic!
I: Die enigste kos wat avokado, feta kaas, gewone kaas, tjips, geur, speserye, room, tamaties en soveel meer bevat is natuurlik die beste dis onder die aarde... NACHOS! (Veral Spur s'n...) Ek kan nie verstaan dat die helfte van die mense wat ek teekom nie van nachos hou omdat daar "avokado in is nie". Dude, skep dit net af, jy gaan nogsteeds 'n partytjie van smaak op jou tong he! La comida es deliciosa!


En dit is ons LYSIE VAN ALLES! Vertel bietjie vir ons wat jou lysie sal wees, van wie en wat jy hou en al jou gunstelinge!

Tot wedersiens!
MI