Sunday, May 26

MI se Afrikaans Gunstelinge!

Ons lesers het partykeer baie innoverende idees en ons hier by MI hou daarvan om na ons lesers te luister! Daar was onlangs 'n comment op ons 'Julle' page gelos wat voorstel dat ons 'n lys maak van ons gunsteling Afrikaanse celebs... en hier is dit! Versoek deur JULLE!
 
Afrikaanse Musiek:
Alhoewel ons hierr by MI REUSE respek het vir Afrikaanse sangers, hou ons gewoonlik meer van
bands as solo-sangers. Glaskas, Die Heuwels Fantasties, Dans Dans Lisa en selfs Van Coke Kartel is die Afrikaanse musiek waarna ons luister as ons die dag lus kry. Gewoonlik as mense aan Afrikaanse musiek dink word daar net gedink aan "dieselfde liedjie" wat oor en oor deur verskillende mense gesing word, maar MI dink dat bands hulle eie spin op die Afrikaanse musiek bedryf sit. Ons sakel darem nie heeltemal solo-sangers uit nie. Bobby van Jaarsveld en Jakkie Louw is van ons gunstelinge.
Afrikaanse Akteurs:
Die lesers van hierdie blog moet een ding verstaan: MI was vir 'n baie lang ruk verslaaf aan 7deLaan (ons is darem nou al genees). Dit beteken dat ons mal is oor AL die akteurs in 7deLaan. (Veral Diaan Lawrensen a.k.a. Paula van der Leq a.k.a. ons spirit animal). Ons is ook mal oor al hierdie nuwe
Afrikaanse flieks wat deesdae hulle verskyning maak. Eugene Jensen (van Pretville) is 'n GROOT gunsteling en weereens Bobby van Jaarsveld (in Liefling).
Afrikaanse Vermaaklikheids-bedryf:
Behalwe vir musiek en rolprente/TV-programme is die res van die Afrikaanse Media bedryf heeltemal awesome. Ons het nuwe respek gekry vir radio-hosts toe daar met ons 'n onderhoud gevoer is op RSG deur Ivor Price (lees 'n awesome onderhoud wat ons met hom gedoen het hier). Ons dink ook dat die Afrikaanse skrywers daarbuite beslis nie uit die berekening gelos moet word nie. Jaco Jacobs (Wat Suurlemoen geskryf het), Marietjie Vos en Fanie Viljoen is van ons gunstelinge.
 
Wie is jou gunsteling Afrikaanse bekendes? Laat weet ons in die comments en dan publish ons dit in hierdie artikel!
 
Tot wedersdiens!
MI
 


2 comments:

  1. Baie dankie MI dat jul my versoek in ag geneem het! dis regtig cool! Love die artikel!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dis 'n GROOT plesier! Ons is so bly jy hou daarvan! Laat weet gerus as jy nog voorstelle het! :D

      Tot wedersiens!
      MI

      Delete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.