Wednesday, May 29

Apps wat jy MOET hê!

Die *hoes* ouer *hoes* generasie is van menig dat die tieners van vandag vasgegom aan hulle fone en sosiale media is. Weet jy wat ek hierop wil antwoord? JULLE IS REG!
En so what? Daar's niks mee verkeerd om te wil weet wat aangaan in ander mense se lewens nie, inteendeel, nou kan ons mense online eerder as in die regte lewe stalk. Ag komaan, ons almal weet jy doen dit!
MI het 'n lys opgestel van al die moet-hê Apps wat jy vandag moet hê om te oorleef in die tiener-wêreld.
Die gewone
Dis natuurlik belangrik dat jy 'n Facebook en Twitter App op jou foon het. Hoe anders gaan jy 'n foto dadelik kan post van jou vriendin wat op haar boude geval het? Of kan tweet wat jy nounet geëet het? (En glo my, ons almal stel baie belang of dit chocolate of karamel pap was!) (Like ons Facebook en follow ons op Twitter: @MIWatchers)
Instagram
Alhoewel Instagram net vir Apple produkte bestem is, is dit nogsteeds awesome, so dit kom op die lys. Verbeel jou Facebook en Twitter het 'n baba gehad. Die baba-het Twitter se styl en Facebook se
persoonlikheid geërf. Dames en here... Instagram! Instagram is 'n App waar daar foto's gepost word van alles en nog wat. Al wat 'n celeb is het ook Instagram, so dis net nog 'n manier om jou gunsteling celebs te stalk. (Follow MI op Instagram! Ingrid: @roppels Mieke: @miekehof)

Keek
Keek is 'n redelike nuwe App wat sy verskyning gemaak het. Daar word vir jou 36 sekondes gegee om 'n
kort video clip op te neem en dan op Keek te upload. Dis 'n great manier om vinnig inligting te deel en dis super lekker om te sien wat mense als in 36 sekondes kan aanvang. Die Kardashians, Debby Ryan, Jack en Finn Harries en Caspar Lee is maar net van die celebs wat op die Keek-bandwagon gespring het. (Follow MI op Keek: @MIWatchers)

Vine
Vine is amper soos Keek, met 'n twist. Vine laat jou toe om 'n klomp video clips te kombineer om 'n video
te maak. Jy neem byvoorbeeld jou hand vir 5 sekondes, jou TV vir 3 sekondes en jou hand vir 6 sekondes op dan kombineer Vine dit alles om 'n Vine Video te skep. Van die celebs daarbuite wat Vine het is: Harry Styles, Eric Stonestreet, Emily Osment en Paris Hilton!

Pose
Pose is 'n moet-he vir enige modeliefhebber! Dis soos Facebook, maar
eenvoudiger en met een doel voor oe: FASHION! Jy kan mense regoor die wereld se modes vir die dag sien, winkels se webtuistes besoek waar jy hierdie kledingstukke kan koop en jou eie modes vir die wereld wys! Die bekende stilis Rachel Zoe het Pose, asook 'n hele paar ander celeb-stiliste!

Hieride is die Apps wat MI as 'n moet-he beskou! Wat is jou gunsteling Apps? Los jou username hier onder en ons sal jou follow op die Apps hierbo genoem!

Tot wedersiens!
MI



No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.