Wednesday, May 8

Die taal van musiek!

Musiek is 'n universele taal en dit is 'n taal wat alle tieners verstaan! Deur musiek kan jy praat sonder om 'n woord te sê en jy kan al daai weird en onverklaarbare gevoelens in jou vrylaat. Ons is mal oor musiek en mense wat musiek maak. Pop, jazz, indie, rocken klassiek is maar net 'n paar van die vele gesigte van musiek. Hier is 'n paar van MI se gunsteling bands en sangers.


One Direction
Ons moet net met hulle begin, want almal wat ons ken weet dat ons Directioners in hart en siel is! Hierdie vyf ouens is seriously die beste ding vandat die selfoon bestaan het! Ons is mal oor hulle sound, looks, lirieke en AL die res! Vir die van julle wat nog nie ons Kiss You Dance Version video gesien het nie gaan kyk dit NOU op ons Youtube channel! Ons sing hulle liedjies in ons slaap en ons is seker daarvan dat ons altwee eendag met een van hulle gaan trou. Ingrid met Harry en Mieke met Niall! Sommiges meen perfekte ouens bestaan net in boeke, maar ons sê perfekte ouens bestaan net in One Direction! LONG LIVE 1D!


Maroon 5
Ons is mal oor hierdie band! Hulle CD, Overexposed is amazing en ons kan nie genoeg daarvan kry nie. En met Adam Levine as hoofsanger is dit net NOG meer perfek! Hulle liedjies soos Daylight en One More Night is van ons all time gunstelinge! Hulle het al 'n hele paar toekennings agter hulle naam en is al 'n hele paar
jaar in die musiekbedryf en ek is seker hulle is hier om te bly!


Bastille
Hierdie Britse groep is onbekend vir meeste mense, maar beslis 'n groep om dop te hou! Hulle debut album, Bad Blood, is in Agustus 2012 uitgereik en was 'n groot sukses. Onlangs is hulle vierde single Pompeii uitgereik en hierdie liedjie was nommer 2 in die UK en eerste in Skotland. Die band is begin deur die sanger en liedjieskrywer Dan Smith. Ander lede is Chris Wood,Will Farquarson en Kyle Simmons. Gaan luister Pompeii op Youtube of laai dit van iTunes af!


Fun
Toooniggghht we are young! Some nights I stay up cashing in my bad luck... Hierdie is die tunes van 1 AMAZING band! Ons is mal oor hulle hoofsanger Nate Ruess se stem en oor AAALLL hulle liedjies! Hulle was hierdie jaar vir 6 Grammy's genomineer! AMAZEBALLS! As hulle Suid-Afrika toe kom sal ons die eerstes wees wat kaartjies koop... Hulle is FUN!


Adele
Hierdie Briste sangeres het die musiekbedryf soos 'n storm getref en groot sukses behaal. Haar debuut album was 19 en haar tweede album 21 en albei was blitsverkopers! In 2009 het sy 2 Grammy's gewen vir Best New Artist en Best Female Pop Vocal Performance. In 2012 is sy in die Top 5 vn VH1's 100 Greatest Women in Music en in 2013 wen sy 'n Oscar vir Best Original Song vir die liedjie Skyfall van die nuutse James Bond fliek. Met treffers soos Rolling in the Deep, Set Fire to the Rain en Someone Like You is sy in die proses om 'n legende te word.


Justin Bieber
Geen musieklys is voltooi sonder hierdie Kanadese popsensasie nie! Soos almal weet kom hy hierdie week Suid-Afrika toe vir 2 langverwagte vertonings en die land se Beliebers wag in spanning! Hy het die publiek se oog gevang met sy Youtube video van sy debuut liedjie Baby en van daar af het hy geen brieke nie! Hy het treffers soos Beauty and the Beat, All around the World, Believe en Boyfriend agter sy naam en maak 'n
verskyning in elke tienermeisie se drome!


Suid-Afrika
Ons het darem nie vergeet van al ons belowende Suid-Afrikaanse kunstenaars nie! Ons is mal oor bands soos Goldfish, Gangs of Ballet en Locnville. Kunstenaars soos Elvis Blue, Toya Delazy, ChianoSky en vele meer is sonder twyfel op ons playlist. Ons is mal oor Proudly South African musiek!



En dit was van ons gunsteling bands en sangers! Laat weet ons van al jou gunstelinge! Love music but beware...it is addictive... This message will self destruct in 10 seconds...


Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.