Saturday, May 25

Ons James Bonds...Shaken not Stirred!

The name is Bond...James Bond! Almal ken dié alombekende aksieheld en die akteurs wat die rol vertolk: Daniel Craig, Pierce Brosman, Sean Connery en al die res. Ons hier by MI het besluit om ons eie James Bond kandidate te kies, wat in hulle eie movie gaan speel en elkeen met 'n unieke Bond girl! Kamera...Ligte...Aksie!

Lerman Logan

Hy is bekend vir sy rolle in Perks of Being a Wallflower, Percy Jackson en The Three Musketeers, maar vandag is hy ons jongste Bond... Die 'Next Generation' Bond! Sy Bond movie se naam gaan wees: What Lies in Tomorrow en daar gaan 'n klere-ontwerper se lewe op die spel wees! Sy lieflike Bond-girl gaan Lily Collins wees (ons sal net iets aan haar eyebrows MOET doen..NO OFFENCE!) en die aaklige skurk se rol gaan vertolk word deur Orlando Bloom! Bond hoor dat die skurk 'n bom aanval by 'n groot One Direction konsert beplan en hy MOET net die planeet red van 'n aaklige lewe SONDER ONE DIRECTION! Ons het hom gekies omdat hy 'n paar lekker aksie moves het en natuurlik sy cute looks! Demi Lovato gaan die temalied sing!

Josh Duhamel

Hierdie een is die I in MI se keuse! Hy is jou tipiese tall, dark and handsome Bond en dus PERFEK vir die rol as 'n classic Bond! Sy move se naam gaan wees: The Cry of a Nation en in hierdie spannings riller aksiebelaaide fliek gaan hulle veg teen 'n klomp wrede Russe wat Engeland wil oorneem deur 'spy gadgets' in ALLE tegnologiese voorwerpe weg te steek! Hierdie terroriste gaan gelei word deur die bose Devar gespeel deur Mark Pellegrino. En sy lieflike Bond-meisie gaan Scarlett Johansen wees. Christina Aguilera
sing die temalied hier!

Robert Downey Jnr.

Hierdie is die M in MI se keuse en hy MOET net hier wees want sy is MAL oor hom. Hy gaan beslis die snaakste Bond ooit wees, maar hy is ook baie slim en slinks! Hy is perfek vir die rol van die vintage Bond! Sy Bond-movie se naam gaan In Black and White wees en hier kom Bond te staan teen 'n gewetenlose dwelmsmokkelaar gespeel deur Alfred Molina. Aan sy sy gaan Penelope Cruz die Bond-meisie se rol vertolk! Die band fun. gaan hierdie een se temalied sing.

Chris Evans


Ons almal ken hom as Captain America in dié Marvel Movie, maar vandag is hy MI se James Bond! Alhoewel hy met die eerste oogopslag onskadelik en sag kan lyk, is hy eintlik dodelik vir enige skurk wat oor sy pad kruis en daarom is hy on Bond of Many Colours! Hy gaan Bond vertolk in die fliek: Code Impossible waar hy die skurk, gespeel deur Richard Armitage , regoor die wereld gaan jaag in baie vinnige en awesome karre om te ky wie eerste 'n genetiese ontwikkelde virus kan kry! Sy mooie Bond-meisie gaan gespeel word deur Olivia Wilde en hulle gaan beslis 'n dodelike paartjie maak! Kate Melua sall haar spin op 'n Bond liedjie sit vir Chris Evans se Bond-movie.

Chris Pine

Jy sal hom ken van sy rolle in Princess Diaries, Star Trek en This Means War en hy is perfek vir die rol want...HY IS CHRIS PINE!! Hy het die perfekte kombinasie van mooi oe, hare en 'n drop-dead smile! Hy gaan ons “Swoon Bond” speel want NIEMAND kan sy sjarme weerstaan nie! Sy fliek se naam gaan The Hour of Truth en hier het die booswig, gespeel deur William Dafoe, Prins William en sy vrou ontvoer en dreig om die Twin Tower tragedie te herskep! Bond moet die prins en Engeland red voor dit te laat is die vreeslose Jennifer Lawrence gaan sy Bond-meisie wees in hierdie fliek! Alicia Keys sal die keuse wees om
hierdie fliek se theme-song sing.

CUT! En dit was ons lysie van toekomstige James Bonds! Het jy dalk ook 'n paar voorstelle? Laat weet ons in die comments hier onder! En onthou, maak nie saak wat gebeur nie... Vat dit “shaken, not stirred.” ;)

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.