Sunday, January 5

Flieks van 2014

Ek kan nie eintlik glo dat dit al 2014 is nie. Dit voel so onwerklik dat al die harde werk van 2013 nou net deel van die verlede is en ons nou weer van voor af moet begin. Ok, ek klink nou seker soos 'n HUGE pessimis, so hier is iets waarna ek uitsien vir 2014... AL DIE AWESOME MOVIES! Daar kom ongelooflike cool flieks uit hierdie jaar en ek kan nie wag nie. MI het 'n lysie saamgestel van 2014 se mees anticipated flieks.
Divergent:
As jy die boeke gelees het van die Divergent reeks sal jy verstaan hoekom ons so opgewonde is oor
die fliek. Die boeke was MINDBLOWING en ons is seker dat die flieks net so goed gaan wees of die beter wees. Ons sal julle, liewe lesers, egter aanraai om EERS die boeke te lees voordat julle daaraan dink om die fliek te gaan kyk, want ander versteur julle The Circle of Life en dit kan nie geduld word nie!
The Fault in our Stars:
Ons harte breek sommer weer in 'n duisend stukkies as ons net dink oor die boek waarop hierdie fliek gebaseer is. Dit was sonder twyfel een van die sadste boeke wat ons nog ooit gelees het, maar ook een van die beste Love Stories OOIT! Ons is seker die fliek gaan net so goed en hartverskeurend soos die boek wees en die akteurs wat hulle gekies het vir die rolle van Hazel en Gus (Die twee hoofkarakters) is net perfek. Begin solank julle bokse tissues koop, lesers, want julle gaan vir maande aaneen huil na die fliek!
 
The Amazing Spiderman 2: Rise of Electron:
 
 
Die M van MI is 'n huge fan van superhero flieks en daarom kan sy nie wag vir die volgende Spiderman fliek nie. Andrew Garfield het homself baie goed van sy taak gekwyt in die eerste fliek en ons is seker hy gaan net so goed, indien nie beter wees in die volgende fliek! Ons Peter/Gwen feels het ook mal gegaan in die advertensie so ons kan onsself net indink hoe dit gaan wees in die actual fliek!
The Hunger Games: MockingJay Part 1:
Die eerste twee Hunger Games flieks was beyond amazing en ons is seker julle almal sal met ons saamstem! Ons kan nie glo ons moet nou weer 'n HELE jaar wag voordat ons kan indulge in die volgende fliek nie. Gelukkig het ons social media soos Twitter en Youtube wat ons feels sal help deur prente en trailers van die fliek met die wereld te deel sodat ons al so bietjie kan proe aan die MEESTERSTUK!
 
The Hobbit: There and Back Again:
Die eerste twee flieks in die Hobbit trilogy was ongelooflik goed en spannend en net FANTASTIES! MI kon nie genoeg daarvan kry nie! Die laatse fliek kom aan die einde van die jaar uit en ons is seker regisseur Peter Jackson sal nie teleurstel nie! Ons kan nie wag om weer die epicness van Martin Freeman as Bilbo te sien nie en Benedict Cumberbatch wat sy stem verleen aan die verskriklike draak Smaug is ongelooflik! En Orlando Bloom met wit hare doen dit net vir ons! Hierdie fliek gaan beslis een van die jaar se bestes wees!

Laat weet ons na watter flieks julle uitsien in 2014 en laat weet ons as julle enige iets nuuts op die blog wil sien hierdie jaar!
 
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.