Friday, April 5

MIWars 3: The Versus Version!

MI Wars is terug met 'n nuwe exciting en opwindende battle wat jou kleinkinders oor sal leer op skool. Sit terug, moenie ontspan nie... want jou brein is op die punt om te ontplof!

AWESOMENESS OVERLOAD!


Finn vs. Jack

I: FINN FINN THE BETTER TWIN! Finn Harries sal die ondergang van elke meisie op hierdie Aarde wees met sy good looks en misterieuse personality! Hy se gewoonlik nie veel in hulle videos nie, maar glo my... Hy praat met my... deur sy oe! En sy wenkbroue! En sy hare! OH MY SOUL! Sy hare. Ek wil asseblief weet watter shampoo hy gebruik, want sy hare is vol volume! En kan ons asseblief net almal saamstem dat Jacksgap eers begin suskesvol raak NADAT Finn in die videos was!

M: Nee nee nee nee nee, dis eintlik JACK JACK THE BETTER CHAP! Ek dink dit moet teen die wet wees om soos hy te lyk. En hy sal nie net die ondergang van elke meisie beteken nie, maar daar sal nooit weer stabiele verhoudings kan wees nie. Hy is egter die creative genius agter Jacksgap en as jy dink Finn se hare het volume, kyk weer! Jack s'n is 'n mini- Eiffeltoring! Bonus... hy't die cuteste smile!


Engeland vs. Amerika

I: GOD SAAAAVEEE THE QUEEN! Big Ben! Die Harries Twins! Topshop! One Direction! Die London Eye! Prins Harries! William en Kate!
ROYALTY!
Engeland is die plek van elke mens se drome! Dis waar alles gebeur! EN die mense in Engeland is tien keer hotter as die in Amerika! En Engelse drink tee! HULLE DRINK TEE! WHAAA!
Engeland is die fairy-tale storie waarvan ons almal droom. Ek SAL daar bly. Ek sal ek sal ek sal! WHOO! Go Engeland!

M: Vergeet van Big Ben, Topshop en die Royals! Amerika het die Kardashians (en dis genoeg om enige land vol te maak...), was die begin van Apple en moenie vergeet van Disneyworld nie! Amerika het van die mees unieke sporte ooit! Hoeveel ander lande het football, basketball en baseball as hulle nasionale sportsoorte?! En FYI one Direction is meer in Amerika as wat hulle in Engeland is! Met Hollywood, California, Malibu en New York is dit beslis die land om in te wees!


Facebook vs. Twitter

I: Ag, komaan. Ons almal weet dat Twitter net die powere copy en reduce size van Facebook is. Ek meen rerig?! Facebook het alles begin! Die sosiale media frenzy waarin ons vandag vasgevang is! Ons kan foto's share, statusse update, dinge like, mense poke, messages vir mekaar stuur, osn pages promote, speletjies speel en nog vele meer op hierdie donker-blou masjien! Twitter, ek's jammer, maar jy weet jy's actually net die down-graded version van Facebook. Al wat jy kan doen, is statusse post. LAME! En Twitter het net 'n sekere aantal woorde wat jy kan Tweet!

M: Die oomblik as my ouma my add as 'n friend op sosiale media dan weet jy dis tyd om aan te beweeg, en daarom is ek deel van die Twitter beweging. Die wyse Jack Harries het eenkeer gese: Die tweeling wat eerste uitkom is nie die oudste nie, maar slegs die slaaf wat kyk of alles veilig is voordat die koning tweede kan uitkom. (INLAS DEUR INGRID: SERIOUSLY?! MAAR NOU RERIG, GAAN KYK DIE VIDEO OP YOUTUBE ((Twins)) DIS HILARIOUS!)! Op Twitter kan jy vinnige kort updates kry oor jou gunsteling celebs en wie voel nou nie belangrik as hulle hul eerste 100 followers bereik nie? Twitter is die koning, so kripeer maar in skaamte Facebook, jy's ancient!


Ons hoop dat julle die versus uitgawe van MI Wars geniet het! Laat weet ons waaroor ons volgende MI Wars moet hou!

(En baie dankie vir al julle vorige voortselle. Ons is natuurlik nou BAIE SARKASTIES. Julle is 'n teleurstelling! En julle noem julleself fans!... Ek sou selfs so ver gegaan het om te se: WATCHERS! Dis reg! Ons fans het hulle eie naam! BELIEBERS? SELENATORS? LOVATICS? DIRECTIONARS? Watch out: Hier kom die WATCHERS! Wat niks vrae vra nie... But we still love you!)


Tot wedersiens!
MI

P.S. Hier is 'n hond en 'n kat!

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.