Sunday, December 15

Disney lewenslesse!




Ons is mal, en ek bedoel absoluut verslaaf, aan enige iets wat Disney is. Selfs ons lewensmotto's kom uit Disney flieks! Disney verskaf egter nie net lekker en oulike flieks nie, maar ook 'n paar waardevolle lewenslesse! Hier is wat ons van ons gunsteling Disney flieks geleer het.

Vriende is die beste ding sedert Belgiese sjokolade:
Ons leer baie van vriendskap en die waarde van vriendskap in Disney flieks. Toy Story, The Lion King, Monsters Inc, Nemo en Lilo and Stitch is maar net 'n paar van die flieks waar ons met baie goeie vriende kennis maak. Die vriende in die flieks beleef baie highs maar ook 'n paar lows! Partykeer lyk dit selfs asof hulle vriendskap dit nie gaan maak nie, maar in die einde oorwin die good guys altyd en alles is weer A for Away. My gunsteling vriendskap les is egter... Hakuna Matata!



Jy hoef nie vir jou prins te wag nie:
Dikwels sê daardie ongeskrewe reëls van die samelewing dat 'n meisie maar rustig moet sit en wag totdat haar prins op sy wit perd haar eendag kom haal. Ons wil egter sê dat dit beslis nie die geval is nie, as jy in vandag se lewe gaan sit en wag vir jou prins, gaan jy lank wag! Disney prinsesse het ook vir ons gewys dat meisies alles behalwe die swak en hulpelose slagoffer hoef te speel! 'n Paar prinsesse het selfs al hulle prinse gered: Ariel het vir Eric gered voordat hy verdrink, Mulan het sy aan sy geveg in 'n oorlog langs haar prins en Rapunzel se trane het haar prins weer laat sien! So seize the day en gaan kry jou prins... Behalwe Niall Horan, hy is OFF LIMITS... and remember, I'll be watching you, like a hawk!




'n Goeie liedjie kan enige donker wolk in 'n silwer een verander:



Baie mense ervaar soveel donker oomblikke, dat hulle begin glo dat daar nie meer helder oomblikke bestaan nie! Ons glo egter dat as jy net die regte playlist het, jy enige donker oomblik, onmiddellik in 'n helder een kan verander. Disney sterre, soos Cinderella, Snow White, Simba en selfs die halfgod Hercules het van liedjies gebruik gemaak om hulle deur donker tye te help. Gaan lees gerus ons MI-Siek artikels om te kyk watter liedjies die perfekte playlist sal maak!



Daar is so iets soos 'n happily ever after:
Deesdae lyk dit asof die stelling Happily Ever After net iets uit sprokiesverhale is. Soveel mense wat in aaklige egskeidings betrokke is, sal eenhonderd persent daarmee saamstem. Hulle sal vra hoe ons nog daarin kan glo as die wêreld rondom ons uitmekaar val. Ons sien egter elke dag nuwe liefde blom. Liefde soos die van William en Kate, ons gunsteling 1D paartjie Zerrie en X-Factor USA se lieflike Alex and Sierra. Hulle almal se Happily Ever After's begin nou eers en ons glo dat dit nog vir lank sal hou. As daar nou een ding is wat Disney flieks ons geleer het, is dat 'n situasie NOOIT hulpeloos is nie. Wie sou nou ooit kon dink dat 'n arm huisbediende met 'n prins sal troue? Niemand! Maar Cinderella HET! SO... DON'T STOP BELIEVING, HOLD ONTO THAT FEEEEEEELING!

Dit liewe lesers was ons laaste artikel van ons 2 weke propvol nuwe en opwindende artikels! Dit is egter nie al wat julle hierdie vakansie gaan sien nie. Hou MI Watch dop vir nog baie nuwe leestof en weereens baie dankie vir almal wat vir ons gestem het vir SA Blog of the Year! Ons sal julle op hoogte hou van die uitslae...

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.