Tuesday, December 10

MI Dag!


Soos almal weet, is MI MAL oor vakansiedae en ons glo dat daar eendag, in die perfekte wêreld,'n vakansiedag vir MI gaan wees, naamlik ...MI Dag! MI Dag gaan EPIC wees,dit gaan Kersfees na 'n ouetehuis Bingo dag laat lyk! Ons gaan julle nou bietjie vertel wat julle van MI Dag in die toekoms kan verwag, sodat julle, julself al mentally kan voorberei vir die AWESOMENESS!

MI Dag gaan plaasvind op 27 Junie. Dit is die I van MI se geboortedag en die M van MI se geboortemaand. Ons kon dit in die I se geboortemaand, Maart gehou het, maar Paasnaweek is in Maart en ons wil darem nou nie die ou Easter Bunny se vakansie heeltemal ruineer nie!

Op MI Dag mag NIEMAND gedwing word om iets te doen wat hulle nie wil doen nie. Jy moet alles doen wat vir jou lekker is. As jy nie skool of werk toe wil gaan nie, dan hoef jy nie. As jy nie jou kamer wil opruim nie, dan hoef jy nie! Dis soos 'n DAG SONDER REELS! Die land se reels geld obviously nogsteeds, so jy kan nie jou sussie gaan vermoor omdat sy jou irriteer nie, maar jy kan bv. enige klere aantrek skool toe, AS jy skool toe wil gaan.

Maatskappye kan ook aansoek doen om betrokke te wees by MI Dag. Op MI Dag kan elke kind dan vir hom of haar 1 geskenk, ENIGE geskenk, by die betrokke maatskappye of winkels gaan
kry... FOR FREE! Ek sal bv. die Laptop winkel stormloop en my sussie die movie winkel! Dit kan dan ook soos gratis publisiteit vir die winkels wees, want dan sien al die kinders en ouers weet watter awesome goed die winkels het en dan gaan hulle NOG MEER GOED DAAR KOOP! Dis 'n wen-wen situasie!


Op MI Dag mag almal SLEGS One Direction se musiek luister en radiostasies mag net One Direction se musiek speel. Teen daardie tyd is ek hopelik al met Niall getroud en Ingrid met Harry, so dan sal ons hulle vra om optredes wereldwyd te doen vir MI Dag! Dit gaan soos 1D Mania wees en BESLIS die beste dag vir Directioners!


Ons sal in ons epic rooi Ferrari's in die strate rondry en vir almal waai, asof ons queens is en dan sal almal na ons toe hardloop en ons handtekeninge vra. NIEMAND mag voor 10 uur opstaan op MI Dag nie, want geen mense met 'n werkende verstand kan effektief funksioneer so vroeg in die oggend nie.


Alle boekwinkels sal ook HUGE uitverkopings en specials hê op MI Dag, sodat ons baie boeke kan koop, omdat lees ons gunsteling ding is om te doen! Dit is baie belangrik dat ons ons jeug aanmoedig om te lees, want hulle maak net couch potatoes van hulself as hulle alewig net die flieks van boeke kyk, sonder om eers die boek te lees!

EN dan om MI Dag mee af te sluit, gaan daar 'n huge partytjie by 'n cool venue gehou word in elke land en ONS sal elke jaar 'n ander land s'n bywoon. Ons is nie nou juis groot partytjiemense nie, maar dit is net omdat ons al ons partytjiegees binne ons hou, vir wanneer MI Dag uiteindelik 'n realiteit word!

Dit liewe lesers was 'n tester of 'n lusmakertjie van hoe AMAZING MI Dag eendag gaan wees. Maar omdat die tyd nog nie reg is nie, moet julle maar net die AWESOMENESS van MI vier deur vir ons te stem vir SA Blog of the Year, deur te kliek op die rooi knoppie regs-bo aan die blog!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.