Monday, December 2

MI Wars!

MI is uiteindelik terug met nog 'n MIWars!

X Factor USA 2013
M: Ek is mal oor Jeff Gutt en Alex and Sierra en ek weet I is ook, maar dan kom sy met dinge soos
“Ek is so sad dat Lillie uitgeval het” en dan is ek net soos...Whaaaat? Daai ouma! Sy sing goed ja, maar ek sing ook goed en dit beteken nie dat ek die X Factor kan wen nie! Daar is soveel ander mense wat WAY beter is as sy! En Carlito is nou nie my nommer 1, 2 of selfs 3 nie, maar hy is baie beter as Rion Paige wat volgens my nog net in is omdat mense haar jammer kry!
I: OH. MY. SOUL. Ek het baie beter van M verwag, maar duidelik kan sy nie goeie musiek waardeer, selfs al word dit in haar oordromme in geforseer nie! Obviously is Lillie McCloud en van die BESTE sangers in die hele
kompetisie! Sy het jare se ondervinding en dis nie baie dat mens so 'n wonderlike stem soos hare hoor nie! En as dit kom by Carlito en die wannebe Justin Bieber (a.k.a. Josh Levi) dan sal ek verkies dat hulle net nie eers toegelaat word in die kompetisie nie! LAME! En nee, mense kry nie net Rion jammer nie. Sy is definitef nie die beste in die kompetisie nie, maar sy is WAY beter as die lamos van Paulina se span!

Beste Hunger Games Boek
M: Dit is sonder twyfel Mockingjay! Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is MAL oor al die boeke, Sigh worthy moment! Mockingjay is beslis die beste en ek kan nie wag vir die fliek nie!
maar hierdie een was die perfekte samevatting van die drie! Die hele oorlog wat sy moet veg, al die mense waarvoor sy lief is wat sy verloor, al die verraad en skokkende ontdekkings! Ek kon hierdie boek nie neersit nie! En toe sy aan die einde uiteindelik die ou kies saam wie sy wil wees was ek net soos...aaaawwwh!
I: Obviously is al die boeke perfek, maar daar is een boek wat BAIE meer perfek is as al die ander boeke... CATCHING FIRE!
 Die nuutste fliek het net weer my liefde vir die boek aangwakker. Mockingjay is die minste perfek, want daar is geen actual Hunger Games nie en dis soos my gunsteling deel. Catching Fire se arena is EPIC! Die storielyn vang 'n massive spoed in hierdie boek en die nuwe verhoudings wat aangeknoop word is net fantasties. En o ja! Twee woorde: Finnick. Odair.

Youtube OTP War
(Vir die van julle wat nie weet nie, OTP staan vir One True Pairing. Dit is die mense wat jy die meeste ship. Ship beteken om te wil hê dat iemand in 'n verhouding moet wees. Dit kom van die woord 'relationship' af).
M: My ulimate Youtuber OTP is beslis Zalfie! Alfie Deyes en Zoe Sugg is die cuteste couple in die HELE wêreld! Al die oulike video's wat hulle saammaak en die oulike dinge wat hulle saamdoen en al die oulike foto's... dis net so OULIK! Alfie is superhot en Zoe super mooi en saam gaan hulle super gorge kinders kry! Oeps...was dit bietjie TMI? Anyway, ek is seker dat ALMAL met my sal saamstem as ek sê: Zalfie, to infinity and beyond!
I: Ek is ook 'n MASSIVE Zalfie shipper, maar daar is een OTP wat bo al die ander uitsaan... Troyler! Troye Sivan en Tyler Oakley. Vandat Troye vroeër die jaar uitgekom het as gay het die rumours begin vlieg dat hy en Tyler (wat ook gay is) 'n couple is. Ek ondersteun hierdie rumours 100%! As jy die foto's sien en die videos kyk wat hulle saam gemaak het sal jy net MOET saamstem. Troyler forever!
Laat weet ons waaroor julle wil hê ons volgende 'n MI Wars moet hou!

EN OOK...
Ons is genomineer vir 'n SA Blog Award!

Kliek hier om vir ons te stem, of op die groot rooi knoppie aan die regterkant.

Al wat jy hoef te doen is om jou email adres in te tik en op die confirmation link te kliek in jou inbox! (Onthou om in jou junk folder te kyk!)
Daar sal geen spam/ gemorspos na jou gestuur word nie! Jou email word net benodig om jou stem te confirm!

Een vote per email per kategorie! So maak seker jy stem net vir MI in die Lifestyle/ Entertainment kategorie! ;)
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.