Wednesday, December 4

MI-siek 5! Summer Tunes!


Vir hierdie uitgawe van MI-siek gaan ek nie nuwe musiek aan julle bekendstel nie, ek gaan ouer liedjies terugbring wat jou somer-vakansie 'n awesome boost sal gee! Uplifting, gelukkige, ligte liedjies gaan oor en oor deur ons gespeel word hierdie somer!

Everybody Talks- Neon Trees
As ek elke oggend met hierdie liedjie begin sal ek seker die gelukkigste mens op Aarde wees. Dis onmoontlik om nie goed te voel as jy na hierdie liedjie luister nie. Na die derde luister sal jy kliphard saamsing. (En jy sal dit oor en oor wil luister). Hierdie liedjie herinner mens aan daardie 80's/90's flieks wat jou in 'n perfekte mood sit. As jy jou dag op 'n goeie noot wil begin, luister na hierdie liedjie as jy jou pap eet!

This Will Be An Everlasting Love- Natalie Cole
Hierdie is 'n ware Golden Oldie. As hierdie liedjie begin wil mens net jou vingers klap en verlief raak! Hierdie liedjie herinner mens aan flieks soos Parent Trap en Love Actually... Dit laat mens soppy en gelukkig en cheesy aan die binnekant voel! Wanner ek eendag trou moet hierdie liedjie by die troue gespeel word! Hierdie is iets wat mens op replay sal kan sit!

Give Me Love- Ed Sheeran
Ed Sheeran is volgens my een van die all time beste liedjie skrywers van ons generasie. Behalwe vir die feit dat sy liedjies super catchy is, is die betekenisse daarvan amazing en actually sinvol. Hierdie liedjie is dalk nie die gelukkigste liedjie ooit nie, maar dit sit my altyd in 'n goeie bui. As al daai "ma-mai's" eers begin kan ek nie help as om saam te sing nie! Hierdie sal die perfekte liedjie wees om te luister vir 'n lag pad of as jy et bietjie wil chill. (Maar die music video is nogals intens.)


Dog Days Are Over- Florence & The Machine
Hierdie liedjie is perfek vir as jy 'n pick me up nodig het. As die koor gedeelte van die liedjie eers begin sal jy in jou kamer rondspring met 'n massive glimlag op jou gesig. Ek weet baie mense is nie 'n fan van Florence & The Machine nie, maar selfs al is jy nie moet jy herken, hierdie liedjei is nogals cool. Hierdie is die liedjie waarna jy moet luister as jy by die huis kom na 'n lang dag.


Team- Lorde
Alhoewel hierdie liedjie nie "oud" is nie, MOES ek net daaroor praat! Lorde is terug met 'n splinternuwe liedjie! Hierdie het net soveel betekenis soos Royals en is volgens baie mense selfs beter. Na die eerste luister sal dit al klaar in jou kop vassit (so wees gewaarsku!). Ek is so bly dat ons van Lorde te hore gekom het. Sy is regtig een vand ie coolste en mees talentvolle kunstenaars wat ons in 'n lang tyd gehad het!



Laat weet ons in die comments wat jy hierdie vakansie gaan luister! 

En onthou om vir ons te stem vir 'n SA Blog Award! Kliek net op die groot rooi knoppie aan die regterkant! :)

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.