Thursday, December 12

Die Golden Fiction Awards!

MI het 'n redelike obsessie met fiktiewe karakters... Of hulle nou in flieks, boeke of net in ons koppe is. Ons het besluit om 'n "Golden Fiction Awards" seremonie te hou vir ons gunsteling fiktiewe karakters...
 
Die Beste Hero
Dit is sonder twyfel Percy Jackson! Soos hy beskryf word in die boeke deur Rick Riordan... "Half boy, half god, ALL HERO!" Percy se pa is Poseidon, die Griekse god van die see, wat beteken dat hy awesome superpowers het wat hom toelaat om water te kan beheer. Die feit dat hy deur Logan Lerman gespeel word in die Percy Jackson flieks is ook 'n MAJOR pluspunt! Ons wens net hy wil nou besef dat hy en Annabeth (Athena se dogter) perfek is vir mekaar!
 
Ander nominees: Superman, Iron Man, Four van Divergent, Gru en Lucy van Despicable Me 2
 
Die Beste Romanse
Daar's een romanse wat vir my uitstaan bo al die ander... Hazel en Augustus van The Fault in Our Stars deur John Green.  Ek kan te veel oor hulle sê nie, anders gaan ek uitbars in trane. LEES NET DIE BOEK. Dit sal jou laat besef dat nie alle romantiese stories soppy hoef te wees nie. Hazel en
Augustus is skreeusnaaks saam en hulle laat ons in 'n balletjie van geluk opkrul as ons aan hulle dink. Hulle romanse is perfek!
 
Tris en Four van Divergent, Jay Gatsby en Daisy van The Great Gatsby,
 
Die Beste Vroulike Karakter
Ek weet daar word van ons verwag om die gewone antwoord te gee... Tris van Divergent, iemand van
Glee of Katniss Everdeen. Daar is een karakters wat egter bo al die ander uitsaan... Merida van Brave! Hierdie Disney prinses is kick-ass! Sy het 'n sin van avontuur en sy staan nie terug vir uitdagings nie. As ons ooit hulp nodig het sal sy die eerste persoon wees wat ons bel!
 
Ander nominees: Prinses Leia van Star Wars, Katniss van The Hunger Games, Ariel van The Little Mermaid, Tinkerbell van Peter Pan
 
Die Beste Bromance
Hierdie is 'n no-brainer vir enigiemand wat vir I ken... SHERLOCK EN WATSON VAN DIE SHERLOCK SERIES! Hierdie twee is letterlik gemaak om beste vriende te wees! Hulle irriteer
mekaar grensloos en gee voor asof hulle mekaar nie kan verdra nie, maar eintlik sal hulle enigiets vir mekaar doen. Hulle is die ulitmate bromance wat moorde saam oplos en mekaar heeltyd beledig!
 
Ander nominees: Percy Jackson en Grover van die Percy Jackson reeks, Captain Kirk en Spock van Star Trek, Spud en die res van die Crazy 8 van die Spud reeks
 
Die Beste Relatable Karakter
Hierdie karakter is al vir so lank in ons lewens dat ek nie eers aan 'n oomblik kan dink waar ek NIE van haar geweet het nie. Mia Thermopolis van The Princess Diaries! Die meeste van julle ken haar seker van die twee flieks met Anne Hathaway in, maar ons het ook obsessed geraak op hierdie
karakter deur die boeke. Sy is skreeusnaaks en die dinge waardeur sy gaan is baie relatable! (Behalwe vir die feit dat sy 'n prinses is...). Ons sal Mia baie graag as een van ons vriendinne wil hê!
 
Ander nominees: Charlie van The Perks of Being a Wallflower, Carrie Bradshaw van The Carrie Diaries, Lilo van Lilo & Stitch
 
Laat weet ons in die comments wie jou gunsteling karakters is!
 
Een ding wat ons NIE wil hê fictional moet wees nie, is die SA Blog Awards! So stem vir ons deur op die rooi knoppie regs bo te kliek!
 
Tot wedersiens!
MI
 

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.