Thursday, December 5

Die ultimate vakansie lysie!

Die vakansie is uiteindelik hier! Ek dink nie enige iemand is meer opgewonde as ons nie. Dit was 'n lang jaar, maar nou is dit PARTY TIME! Daar is soveel awesome liedjies om te luister, boeke om te lees en flieks om te kyk die vakansie. So vir die van ons liewe lesers wat sukkel om besluite te maak, hier is 'n paar moet-hê items, moet-luister liedjies en nog vele meer!

Moet lees:


MI is mal oor lees en ons sorg altyd dat ons die nuutste boeke so gou as moontlik in die hande kry! Hier is 'n paar van ons gunstelinge wat jy beslis vir jou moet aanskaf die vakansie:
  • Divergent deur Veronica Roth. Daar is net 1 woord vir die boek: AMAZING!
  •  The Book Thief deur Mark Zusak. Ons het nog nie die boek gelees nie, maar dit is op ons lysie. Die fliek kom die 7de Februarie in Suid-Afrika uit, so sorg dat jy eers die boek lees!
  • Percy Jackson deur Rick Riordan Die reeks wat die storie van die demigod Percy vertel is ongelooflik! Dis spannend en vol avontuur en moet beslis op jou leeslysie wees
Moet luister:

Somer is nie somer sonder lekker, funky tunes nie! Daarom moet jy sorg dat jy die volgende CD's op jy playlist het:
  • Midnight Memories van One Direction. Hulle derde CD is awesome! Elke liedjie is anders en uniek en die hele CD laat jou net sommer gelukkig voel!
  • Greatest Hits van Nickleback. Almal weet seker al teen hierdie tyd dat Nickleback in Desember in Suid-Afrika gaan optree. Sorg dus dat jy ASAP hulle CD in die hande kry! Jy moet darem kan saamsing as jy hulle konsert gaan bywoon. 
  • Pure Heroine van Lorde. Die sangeres van New-Zealand het die wêreld gestormloop met haar no.1 treffer Royals en sy hou nie daar op nie. Haar nuwe single Team is reeds beskikbaar en dis fantasties!
Gaan lees die nuutse MI-Siek vir nog musiek idees vir die vakansie!

Moet hê:

  • Daar is 'n hele paar items wat jy beslis moet aanskaf vir jou vakansie by die see, in die bosveld of net by die huis.
  • Mooi swemklere wat jy lyftipe komplementeer. Talle tiener tydskrifte gee raad oor watter swemklere wat watter lyftipe pas. Maak dus seker dat jy goed ingelig is voordat jy iets koop.
  • BAIE SONBLOK! Ons kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Ons weet almal wil bitter graag  die eerste dag op die strand bruin getan wees, maar dit is nie die moeite werd om minder/geen sonroom aan te smeer nie!
  • 'n Oulik en kleurvolle somerrokkie mot in jou kas hang. Jy kan dit winkel toe of strand toe dra met gemaklike sandale of dit op-bling met 'n statement necklace en hakskoene vir 'n nag op die strate!
  • 'n Funky hoed en 'n paar sonbrille is altyd noodsaaklik vir die somervakansie! Daar is soveel verskillende style om van te kies dat jy maar op die ou einde meer as een paar gaan koop! Dit beskerm ook  jou van die son terwyl jou super chick lyk.
 
Moet kyk flieks:

Dis 'n lekker laaaaang vakansie en die perfekte tyd vir 'n bietjie kwaliteit fliek tyd. Daar is soveel om te sien dat jy moet pasopm anders sit jy die hele vakansie  voor die TV of in die flieks!

Hierdie is ons gunsteling vakansie flieks vir 2013:
  • The Hobbit: The Desolation of Smaug begin die 13de Desember landwyd wys en ons gaan beslis van die eerstes daar wees! Die eerste fliek het ons op die punte van ons stoele gehad en ons is seker dat de tweede een net so 'n treffer gaan wees. 
  • Catching Fire is beslis die fliek van die jaar vir ons en as jy dit nie gaan kyk nie, is daar beslis 'n leemte in jou lewe! Dit is vol aksie, romanse en verrassings en jy sal vir terugkom vir nog!
  • Now You See Me is tans uit op DVD en dit is 'n ongelooflike fliek, Jy weet letterlk nie wat volgende kom nie en alles wat gebeur is so onverwags dat dit jou verstom sal laat. Jy MOET net sorg dat jy die fliek kyk die vakansie.
  • Frozen is 'n lekker opsie vir 'n gesinsuitstappie. Dis 'n nuwe animasie fliek en volgens talle resensente is dit beslis die moeite werd!

Dit was 'n volledige gids tot die perfekte vakansie! Laat weet ons wat jy van plan is om te doen die vakansie en kyk uit vir 'n artikel met tips oor vakansie romanse wat binnekort kom

Moet ook nie vergeet om vir ons te stem vr SA Blog of the Year nie. Kliek net op die rooi knoppie regs!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.