Saturday, December 14

2013 Headlines


Nog 'n jaar is amper weer verby. Ons is almal nog 'n jaar ouer, ons het almal ons ouers nog 'n paar gryshare bygegee en ons is almal net bly dat ons 'n regmerkie langs nog 'n graad maak! Daar het ook baie opwindende dinge gebeur deur die jaar en MI gaan jou nou bietjie herinner aan die Headlines van 2013!

Fliek Headlines:
Dit was 'n baie goeie jaar vir die fliekbedryf en ons het 'n paar ongelooflike flieks gesien! Hier is 'n paar wat vir ons uitgestaan het:

Catching Fire: Julle is al almal seker moeg vir ons rampages oor die fliek, maar ons gee nie om nie! Dit was so epic dat ons net nie kan stilbly daaroor nie! Katniss en Gale se soen, Katniss en Peeta se multiple soene, die awesome arena EN Finnick Odair!


The Hobbit. The Desolation of Smaug: Ons het nog nie die fliek gaan kyk nie, maar ons is seker dat dit net so goed, indien nie beter, as die eerste fliek gaan wees! Ons kan nie wag om uiteindelik die Lonely Mountains saam met die dwerge en Bilbo te bereik en Smaug te verwoes nie!

Percy Jackson. Sea of Monsters. Ons was baie teleurgesteld deur die eerste fliek omdat dit GLAD nie soos die boek was nie. Die tweede een was egter heelwat beter. Alhoewel hy nogsteeds nie heeltemal soos die boek was nie, was hy baie nader as die eerste een en wie wil nou nie vir 2 ure na Logan Lerman se hotness kyk nie?

White House Down: Hierdie aksiefliek van Channing Tatum en Jamie Foxx was ongelooflik goed! Jamie Foxx het die Amerikaanse president gespeel wat alweer deur terroriste aangeval word en Channing Tatum moes hom beskerm! Die aksie tonele was epic en Channing Tatum se abs was AMA-ZING en dit was oor die algemeen net super cool

Wêreld Headlines:
Daar is bae in die wêreld gebeur in 2013. Sommige gebeurtenisse was opwindend en ander was weer hartseer. Hier is 'n paar belangrike en nuuswaardige gebeure van die jaar:

Prins George word gebore: William en Kate, die Duke en Duchess van Cambridge, het hul eersteling gehad. Die ganse wêreld het in angs gewag om te hoor of dit 'n dogtertjie of 'n seuntjie gaan wees en ons was baie bly toe ons uitvind dat dit 'n prinsie is. Prins George is so 'n oulike ou babatjie en ons kan nie wag om te sien of hy net so aantreklik soos sy oom en pa gaan wees as hy ouer is!


President Obama besoek Suid-Afrika: Hierdie besoek was huge vir ons! MI is groot aanhangers van die Amerikaanse president en dit was vir ons so opwindend toe daar aangekondig is dat hy en sy vrou, Michelle, die land gaan besoek. Dit was so epic om hom en sy hele stoet van huge, swart, bulletproof karre te sien en ek het sommer belangrik gevoel vir ons land se part!
Oud-president Nelson Mandela sterf: Dit was 'n tragiese gebeurtenis vir mense regoor die wêreld geskok. Hy was voorwaar 'n internasionale ikoon en 'n groot en belangrike deel in Suid-Afrikaanse geskiendenis! Sy Memorial diens was Dinsdag, 10 Desember, by die FNB Stadion in Soweto gehou en talle wêreldleiers insluitend, Barack Obama, die president van Canada, New-Zealand en Frankryk het die diens bygewoon.



Boek Headlines:
Ons is totaal en al MAJOR Bookfreaks. Ons is albei mal oor lees en dit is dus altyd vir ons opwindend om nuwe boeke te ontdek en te lees. Hier is 'n paar awesome boeke wat ons hierdie jaar gelees het:

Divergent: Die boek is beslis een van die beste reekse wat ons hierdie jaar gelees het. Dit is 'n bestseller reeks deur skrywer, Veronica Roth en ons het al drie boeke verslind! Die derde en laaste boek in die Divergent reeks, Allegiant, is die jaar vrygestel en dit het die reeks ongelooflik goed afgesluit! As jy nog nie die reeks gelees het nie, sal ons dit baie sterk aanbeveel! Allegiant is ook aangewys as die beste Young Adult Fantasy book in die Goodreads Choice Awards

The Book Thief: Die fliek wat van die die boek gemaak is word binnekort in Suid-Afrika vrygestel en ons het besluit dat ons eers die boek moet lees voordat ons die fliek gaan kyk. Dit vertel die storie van 'n jong meisie wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog, boeke steel en uit die kloue van wrede Nazi soldate moet bly!

Eleanor and Park: Ons het nog nie die boek gelees nie, maar hy is aangewys deur Goodreads as die beste Young Adult Fiction boek, so ons is seker dat dit 'n baie goeie boek sal wees. Die storie speel af in 1986 en handel oor 'n meisie en 'n seun wat verlief raak op mekaar. Dit laat die leser dink aan hul eerste liefde en sal sorg vir 'n baie romantiese en opwindende verhaal van 2 star-crossed lovers!



Dit liewe lesers was 'n paar van die opwindende dinge wat in 2013 gebeur het! Nog 'n opwindende ding wat gebeur het is dat MI genomineer is vir 'n SA Blog of the Year Award! Ons wil baie dankie sê vir almal wat vir ons gestem het, ons waardeer julle almal baie!


Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.