Friday, December 6

Summer Romance!

Hierdie tyd van die jaar is die perfekte tyd om 'n somer romanse aan te knoop! Daai cute outjie in jou klas wat jy te skaam is om mee te praat? Julle kan op 'n date gaan hierdie vakansie! Dit sal die akward levels met 10 afbring, omdat julle 'n hele maand het om daarvan te vergeet as dinge skeefloop. HALA!
Hier is 'n paar dinge wat ons dink die perfekte somer romanse sal verseker:

Die Ulitmate Ontmoeting
As jy nie die persoon reg ontmoet nie gaan dit SO nie cool wees nie. Dit moet die perfekte boek/ fliek ontmoeting wees. Jy moet alleen in die straat wees... Skielik lui jou selfoon! WIE KAN DIT WEES?! "H... Hello?", antwoord jy skrikkerig. "Dit is ek, Agent 111 van MI6. Ons het jou hulp nodig". Jou theme song begin speel. Jy hardloop in 'n telefoonhokkie in en kom uit... IN JOU SUPERHERO KLERE!  "Help help!" hoor jy in die verte. Jy hardloop met jou supervinnige lightning speed na Egipte toe waar die gil vandaan gekom het. "DANKIE TOG!", gil al die mense, "Ons is gered!" Jy red die super cute hunky ou uit die kloue van die evil moster en BAM! Julle raak verlief!
Okay... Dis dalk nie so realisties nie, maar mes kan droom, kan mens nie?

Die Ultimate Date
'n Goeie date bevat 3 dinge: 
-Die perfekte plek
-Die perfekte aktiwiteit
-Die perfekte paartjie
'n Goeie location vir 'n date is baie belangrik. Jy wil tog nie he dat jou ouma moet inloop terwyl jy en jou
geliefde 'n milkshake deel nie. Dit sal totes awkward wees! Kies 'n plek wat mooi is en 'n plek wat sal verseker dat jy jou privaatheid het.
Dit help ook nie jy het die perfekte plek gekies en julle sit en staar a mekaar vir 'n uur lank nie. DOEN IETS EXCITING! Moenie net die gewone fliek en ete ding doen nie. Gaan probeer iets nuut!
Mens kan nooit vooraf bepaal of dinge gaan click tussen julle of nie. Probeer om die date te geniet en as dinge skeefloop... No sweats! Daar's 'n hele vakansie wat voor jou le!

Die Ultimate Afsluiting
Geen vakansieromanse is voldoende sonder die perfekte aflusiting nie. Julle moet op een finale date gaan waar alles perfek is! Dan moet julle besluit of julle nog gaan date as die somer verby is en of julle net vriende wil bly... *Sug* Dis net soos Romeo en Juliet! Maar asseblief, MOET NIE gif drink as dinge nie uitwerk nie. Glo ons, not worth it!
Die perfkte opset sal wees as julle kan kyk hoe die son ondergaan en julle mekaar se hande vashou en jy jou kop op sy skouer rus en 'n seeumeeu in die verte sien en... AAAACK! Dit sal net perfek wees!

Of jy nou 'n vakansie romanse hierdie vakansie het of nie, onthou om als net te geniet! Ek gaan byvoorbeeld 'n romanse aanknoop met my boeke.

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.