Almal het 'n Bucketlist! Party mense s'n is net bietjie meer realisties as ander... Ons Bucketlist is een van daai wat HEELTEMAL 100% realisties is! (Umm... Soortvan)
Ingrid se Bucket List:

Om uit die Koningin van Engeland se
teekoppies te drink. Meeste mense weet al teen hierdie tyd dat dit my
grootste wens is om Engeland toe te gaan. Een van my ander
Engeland-related drome is om fancy tee uit fancy koppies te drink...
Meer spesifiek die Koningin van Engeland s'n. Imgaine hoe EPIC sal dit
wees om British Tea te drink saam met die British Leader en British
Scones te eet... Iemand, sorg dat dit gebeur.
Om die Mona Lisa in my huis op te hang.
Ek weet wat julle dink. Julle dink dalk dis nie moontlik nie, maar in
die werklikheid is dit BAIE moontlik. Die Mona Lisa behoort aan die
Louvre museum/ kunsgallery wat in Parys is. As ek baie buddy buddy
raak met een van die hoof ou toppies wat in beheer is van hierdie
dinge, sal ek hom dalk kan omkoop met my miljoene rande wat ek gaan
maak en volgende oomblik... BOOM! Die volgende oggend se
koerantopskrif: “MONA LISA GLIMLAG IN TALKSHOW MILJOENER SE
SITKAMER!”
Om 'n Hoërkool
reunion by te woon en die mees suksesvolste persoon daar te wees.
Moenie vir my se jy het nog nie hieroor gedroom nie. Imagine jy loop
terug by jou skool in en sien al daardie 'popular' mense van jou tyd
op die oorlogsveld. As jy inloop wil almal JOU handtekening he en by
JOU tafel sit en dan's jy soos “Nee, jammer. Ek moet plek hou vir
my man Harry Styles en die res van sy band”. Ha. Ha. Ha, IN JULLE
GESIGTE! Dit sal totes epic wees! Mwhahahaha!
Om
op die Ellen Show te wees. Almal weet dat Ellen die awesomeste talk
show host ooit in die geskiedenis van die mensdom is. Dis 'n feit.
Dit sal soos totes amazing wees as mens kan dans op die Ellen Show!
En as sy soos 'n klomp vrae vir mens vrae. EN AS SY JOU SKRIKMAAK!
Whooooo! GO ELLEN! En almal weet dat as mens op Ellen se show is dat
jy dit soos totally gemaak het.
Mieke se Bucket List:


Om vir een dag 'n E! News presenter te
wees. Jy kan cool celebs ontmoet (verkieslik One Direction), jy kry
inside info van celebs se lewens en jy kan lelik praat oor celebs se
klere sonder dat jy skuldig voel. Jy word aangetrek deur designers en
jou hare word cool gedoen deur haar stiliste. Jy kan ook in dieselfde
vertrek as Jason Kennedy wees, en wie wil nou meer as dit he?

Om op Niall Horan se rug spring. Hy het
so 'n sterk en manlike rug (neem ek aan) en dit sal beslis die beste
dag van my lewe wees! Met sy sterk, awesome hande wat my vashou en
dan lag hy sy adorable irish laggie en dan is ek soos: "OMS,
swoonworthy!" Ek dink dat elke mens in sy lewe hierdie ervarng moet
hê, want sonder dit is jou lewe
net een, dowwe skulp van niks!
MI
se Ultimate Bucketlist sluit in om 'n SA Blog of the Year Award te
wen so, julle MOET almal vir ons stem deur op die rooi badge regs
te kliek! Laat weet ons wat op jou Bucketlist is!
Tot
wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.