Sunday, December 8

Jou troeteldier = Jou persoonlikheid!


Meeste mense het troeteldiere. Troeteldiere is egter nie net daar om die kos te eet wat jy van wil ontslae raak, sonder dat jou ma sien nie, hulle verklap 'n paar goed van jou karakter. Alhoewel ons nou nie sielkundiges is wat diep binne die menslike siel kan insien nie, kan ons darem so 'n paar baie geloofwaardige feite uitdink en vir jou vertel wat jou keuse van troeteldier oor jou sê.

As jy 'n hond het:
Daar is BAIE verskillende tipes honde en jou tipe hond bepaal ook jou tipe karakter. As jy soos die I van MI 'n Golden Retriver of Labrador het dan beteken dit dat jy 'n vriendelike persoon is. Jy is die tipe persoon met wie mense maklik kan praat en jy is baie loveable! As jy soos die M van MI 'n klein Maltesie, Yorkie of Chihuahua het dan beteken dit dat jy daarvan hou as iemand vir jou omgee en gereeld hulle affection vir jou wys. Jy hou van komplimente en vat negatiewe kritiek nie baie goed nie. As jy 'n hond soos 'n Bulldog of 'n Rottweiler het dan beteken dit gewoonlik dat jy 'm aggresiewe kant het. Jy is nie noodwendig 'n geweldadige persoon nie, maar as die situsasie dit verg kan jy jouself BAIE goed verdedig en die ander persoon sal bitter jammer wees dat hy met jou skoorgesoek het!

As jy 'n kat het:
Daar is al eeue lank die stereotipe van 'n Crazy Cat person! Die naam word toegeken aan mense wat baie van katte hou en hulle word dan as ietwat mallerig voorgehou. Ons wil egter dit duidelik maak dat dit TOTALLY NIE WAAR IS NIE! Ons beste vriendin is MAL oor katte en sy is ALLES behalwe mal. Katte word egter die drama queens van die dierewêreld genoem en diere eienaars kan soms die eienskappe van hul troeteldiere aanneem en daarom is mense wat van katte hou partykeer snobs. Nou, Rottie (dis ons vriendin), ons sê nie jy is 'n snob nie, maar jy is soms baie kieskeurig, en dis nie slegte ding nie! Katmense sal van sekere kossoorte nie hou nie en 'n fliek sal BAIE goed moet wees voordat dit hulle beindruk!

As jy 'n voël het:
As jy 'n voël het dan is jy gewoonlik 'n baie chirpy en vrolike persoon. Jy sal altyd die helder kant van 'n situasie raaksien en 'n grappie in 'n gesprek vertel. Jy is dikwels die hart van 'n partytjie en jy is die een wat mense kan opgewonde maak oor iets wat jou opgewonde maak. Jy het ook die vermoë om groot te droom en jou imaginary vlerke ver uit te sprei om jou drome te bereik!


As jy 'n slang of enige ander reptiel het:
Reptielliefhebbers is dikwels baie eksotiese mense. Hulle is nie bang vir 'n uitdaging nie en hou daarvan om nuwe dinge te probeer. Jy is gewoonlik die tipe persoon wat uit 'n vliegtuig sal spring of bungee jumping sal doen. Jy het nie 'n bang haar op jou kop nie en jy sal ander mense ook kan aanspoor om nuwe dinge te probeer! Jy as reptielliefhebber is mal oor avonture en jy hou gewoonlik daarvan om nuwe plekke te gaan verken en nuwe mense te ontmoet.
 

As jy'n vis het:
As jy 'n vis as 'n troeteldier is jy gewoonlik te lui om 'n ander dier te koop en te versorg (soos ek, en dis duidelik uit die feit dat ek al 5 visse gehad het en nie een het langer as 2 weke gehou nie!) of jy is iemand wat nie van verandering hou nie. Jy jou van roetine en verrassing is NIE vir jou NIE! Vissie is baie voorspelbare diere en hulle is elke dag dieselfde en jy hou daarvan. Jy hou nie van die onverwagte nie en jy hou daarvan om te beplan.

As jy 'n perd het:
As jy perd het, is ek seker dat daar iewers in jou lyf blou bloed vloei. En NEE, nie die bloed van 'n Blou Bul nie, die bloed van 'n ROYAL! Alle royals kan perdry en het perde en hulle kinders het perde en selfs hulle werkers het perde! Royals hou van perdesporte soos polo, kyk maar vr Prince Harry en Prince William! So as jy 'n perd het of van perde hou, sal ek jou aanraai om Princess Diaries te koop sodat jy al die Do's en Don'ts kan begin leer!


As jy enige ander tipe troeteldier het, raai ek aan dat jy in 'n dieretuin bly soos Pi van Life of Pi. Laat weet ons watter troeteldier jy het en of jou persoonlikheid pas by die wat ons genoem het. En moenie vergeet om vir ons te stem vir SA Blog of the Year deur te kliek op die rooi badge bo-aan die blog!


Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.