Friday, December 13

Friday the 13th...

Vandag is Friday The 13th! Hierdie dag word volgends Westerse en Oosterse kulture as 'n dag van ongeluk beskryf. Ons is glad nie bygelowige mense nie, maar daar is sekere reëls van Friday the 13th wat 'n mens NIE mag breek nie. Jy moet nie gaan kamp op die dag nie, jy moet NIE alleen in die aande buite loop nie.. .of moet sommer glad nie buite loop nie -om enige moontlike ongelukke te voorkom en die belangrikste.. MOET NOOIT scary movies op die dag kyk nie! Om die dag te vier het MI besluit om julle, liewe lesers, in te lig oor vreemde bygelowig, scary mitologiese monsters en wat ons sal wil ervaar as ons in mekaar se lywe is!
 
 
Die vreemdste bygelowe ooit:
 
Vrouens in antieke Brittanje het... wag vir dit... akkers in hulle handsakke gedra. Hulle het geglo dat dit hulle lewens sal verleng en hulle jonger sal laat lyk! Soooo... totsiens velrome en duur produkte en hellooooo akkerboom!
 
Wanneer jy na 'n belangrike vergadering toe gaan, word daar geglo, dat jy moet uitkyk vir 'n bok. Bokke beskerm jou glo van skade en absorbeer evil dinge. Miskien is dit tyd dat jy van jou hond of kat ontslae raak en vir jou 'n bok te kry! Dan is jy minus die bad luck EN jy het free melk!
 
In Rusland glo die mense dat 'n duif se poo jou groot rykdom sal bring! Hulle glo dat jy baie vinnig, baie ryk sal word as 'n duif op jou, op jou huis of op jou kar 'n presentjie los! So volgende keer as jy die duif 'n paar baie onaangename name wil noem, bedank hom eerder en begin solank jou inkopie lysie beplan!
 
Scary monsters uit Griekse mitologie:
Onlangs het ons begin om die awesome reeks boeke, Percy Jackson te lees en hier het ons kennis gemaak met 'n paar WAY scary monsters uit die mitologie!
Charybdis en Scylla: Hierdie seemonster susters is verantwoordelik vir, wat ons noem, die Bermuda Driehoek. Charybdis veroorsaak whirlpools wanneer sy inasem en sy sluk so skepe en ander voorwerpe in terwyl Scylla die bemanning van skepe van die bote af eet! Ek wil beslis nie op 'n skip wees naby een van hulle nie, dankie!
 
'n Minotaur: Hierdie aaklige monster het die kop van bul op die lyf van 'n man. Hy was al meer as een keer deur Griekse helde verslaan, maar maak elke keer weer 'n verskyning. As jy vir my vra is dit 'n bietjie weird, as 'n mens dood is dan is mens dood, maar dit is duidelik nie die geval by die Minotaur nie.
 
Furies : Hulle is drie godinne van pyn en hulle werk vir Hades, die Griekse god van die Onderwêreld. Hulle is daarvoor verantwoordelik om bose siele te torture wanneer hulle dood is! Dit is super weird en ek sal beslis nie in hulle slegte boekies wil kom nie!
 
 
Bodyswitching:
Vir die van julle wat nog nie Freaky Friday gekyk het nie en nie weet waaroor dit gaan nie: 'n Meisie ruil lywe met haar ma en Freaky Friday vertel die storie van wat hulle beleef terwyl hulle mekaar se lewens lei. Ons wonder toe wat ons sal doen as ons twee lywe sal switch en hierdie is waarmee ons opgekom het...


 
Wat Ingrid as Mieke wil beleef:
 
Sy wil graag voel hoe dit gaan wees om om 'n jonger sussie te hê (Vat dit egter van Mieke, DIT IS NE LEKKER NIE!!!! ASDFGHJKL)
 
Sy wil dress-up en Barbie speel saam met 'n sussie.
 
Sy wil tong eet en proe hoe lekker en yummy dit is.
 
Sy wil die epicness van action movies ervaar.

Sy wil elke vakansie George toe gaan.
 
Wat Mieke as Ingrid wil beleef:
 
Sy wil voel hoe dit voel om 'n PVR decoder te hê
 
Sy wil wildtuin toe gaan en dit ervaar!
 
Sy wil beleef of dit regtig so erg is om 'n boetie te hê
 
Sy wil 'n slim en techie mens wees.
 
Sy wil 'n rebel wees en Ingrid se hare secretly dip-dye!
 
 
Alhoewel ons nie bygelowig is nie, glo ons dat jy 10 jaar se ongeluk sal kry op Friday the 13th as jy NIE vir ons stem vir SA Blog of the Year nie! So stem, deur op die rooi badge aan die bokant van die blog te kliek!
 
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.