Thursday, May 3

Tips vir die ouens: Hoe om 'n meisie se hart te wen!

Vra gerus hier onder vir liefdesraad.

Kliek hier vir liefdesraad vir meisies!

Daar is onder ons aandag gebring dat meer artikels vir ouens ook geskryf moet word. Wel, hier het julle dit!

Ouens kla baie dat meisies se standaarde te hoog is, hulle games speel en net heeltemal te ingewikkeld is, maar meeste van die tyd vergeet hulle dat hulle die mense is wat van Mars af kom, nie meisies nie! Ons is van die lewendige Aarde af!
Om al die ouens daar buite te help wat se hart swoeg na 'n ordentlike meisie, het MI 'n paar tips saamgestel:


MI Watch se tips om 'n meisie te kry
1. Eerstens moet daar obviously 'n meisie wees van wie jy actually hou. Dit help nie jy soek 'n meisie maar jy het actually geen idee wie dit eintlik moet wees nie. Duh!
2. Moenie te hard probeer nie. Daar is niks meer walglik as 'n ou wat dink die wereld draai om hom en die res van ons moet nou maar daarmee cope nie. Hoe harder jy probeer hoe meer afgesit raak ons.
3. Moet ook nou nie heeltemal NIKS doen nie. Daar moet darem 'n bietjie effort van jou kant af kom. 'n Oulike BBM boodskap of sjokolade 'n dag sal darem nie ongesiens gaan nie.
4. Meisies maak NOOIT die eerste move nie. Slegs as dit Skrikkeljaar is en selfs dan word daar van die ou verwag om darem ietwat belangstelling te toon. As jy nou uiteindelik besluit het jy wil met 'n girl uitgaan, moet asseblief nie verwag dat sy die eerste move maak nie- jy moet haar uitvra!
5. Wees jouself. Ja, ons weet dis cliche, maar dis waar! As jy voorgee dat jy 'n A-span rugbyspeler is wat in jou vrye tyd gedigte skryf en diere versorg, sal daar definitief groot marakkas wees as sy uitvind jy't gejok.
6. Moenie stry met liefde nie.

Hopelik het al die ouens darem 'n paar tips gevang deur hierdie artikel te lees. Onthou, die liefde is soos skilderye, moeilik om te begin, maar pragtig as dit uiteindelik klaar is.

Tot wedersiens!
MI

87 comments:

  1. Dit het my baie gehelp

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hey ek en n meisie het uit gegaan en toe flirt n ander ou met my meisie en toe raak ek bja kwaad en toe los sy my en ek is nou nog steeds mal oor die meisie ons is nou goeie vriende ek soek n manier om haar weer vir my te laat val enige raad

      Delete
  2. Yay! Ons is so bly!

    ReplyDelete
  3. Ek hoop dit werk

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons hoop vir jou part ook so! :)

      Delete
  4. Tanx dit het my bje ghelp want x het so n probleem met dit as dit by meisies kom atleast is dardie vrese darm af want x wiet nou wat om te se

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons is so bly ons kon help!! Sterkte!

      Delete
    2. Ek is nou 15 ek wou net raad vra Wat van as jy die girl uit vra en sy se sy weet nie.Help met die een asseblief

      Delete
    3. Dalk is sy nog onseker. Jy moet haar dalk bietjie spasie gee en na 'n dag of twee weer vra/ hoor of sy al besluit het. As sy vir 'n lang ruk os aanhou en nie 'kan besluit' nie, speel sy tien teen een met jou gevoelens.
      Dalk wil sy ook eers seker maak dat sy regtig met jou wil uitgaan. Moet haar nie nou druk nie, maar as sy na 'n paar dae nog steeds nie besluit het nie, vra haar vir 'n direkte antwoord.

      Hoop dit help!
      MI

      Delete
  5. Hi eks nou 19 ek het nog nooit n girl gehad nie en daar is n girl wat ek nou my oog op het maar ek wil eers uitvind of sy belangsrel in my hoe moet ek maak

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dalk kan jy hints gooi/ bietjie flirt? Kyk of sy dieselfde houding as jy het. As sy terug flirt, aan jou raak, haar oe baie knip of baie lag is dit gewoonlik tekens dat sy in jou belangstel. Dalk ook vir haar iets se soos: "Ek dink jy's nogal oulik/ ek hou nogals van jou/sal ons nie 'n goeie couple maak nie" en kyk wat haar reaksie is. Jy sal nooit weet as jy nie probeer nie!

      Sterkte!
      MI

      Delete
  6. Ek is 16 en ek wil n meisie uitvra en dit is n bietjie akward want ek en sy is baie goei vriende wat kan ek maak?

    ReplyDelete
  7. Hi ek is 16 en wil baie baie graag n meisie uitvra sy is my beste beste vriendin en ek en sy is close mar ek is bang as ek haar gan uitvra dan as sy nee se is ek bang ons gan nie meer ons vriendskap he nie.Wat kan ek vir haar se ?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jy't 'n keuse om te maak: Sal jy die kans waag en haar se hoe jy voel, of sal jy eerder aangaan met julle vriendskap soos dit nou is en in die toekoms wonder of dit dalk sou gewerk het?

      Ons dink dat jy dalk haar gevoel oor die saak moet kry. Vra vir haar iets soos: Sou dit nie weird wees as ons uitgaan nie? Of "ek en jy is so close ons gaan al practically uit!". Kyk hoe sy hierop reageer. As sy dit vinnig duidelik maak dat sy nooit sal belangstel nie moet jy dit eerder daar los.

      Sy moet tog in 'n mate dink jy's fun om mee uit te hang, anders sou julle tog nie vriende gewees het nie?

      As jy nie die kans waag nie sal jy dalk nooit uit die friendzone kom nie, maar as jy wel die kans waag en sy se nee kan dit ook dalk dinge bederf (so probeer so subtiel moontlik wees, dan kan jy dit aflag as dinge skeef loop...)

      Sterkte! Ons hoop dit werk uit!
      MI

      Delete
    2. Ek en die meisie het so jaar terug uit gegaan en ek hou nog baie van haar en sy hou van iemand ander wat nie van haar hou nie......wat moet ek doen

      Delete
    3. Weet jy vir 'n feit die persoon hou nie van haar nie? Dalk kan jy met haar praat. Laat haar weet (op 'n subtiele manier) hoe jy voel. Julle het al uitgegaan, maar jy moet seker maak dat watookal se probleem tussen julle was wat veroorsaak het dat julle opgebreek het opgeklaar is.
      Is julle nog vriende? Wees subtiel en probeer vasstel of sy weer sal wil probeer uitgaan met jou. As die tekens goed is... Go for it!

      Sterkte!
      MI

      Delete
  8. Helo daar is n girl ek hou rerag van haar mar ek weet nie of sy die selfde oor my voel nie wat moet ek doe

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dalk kan jy probeer om met haar vriendinne te praat?
      Vra vir hulle of hulle dink sy sal belangstel. As jy hulle goed ken kan jy hulle selfs vra om by haar uit te vis hoe sy oor jou voel.

      Jy kan ook probeer om skimpe te gooi. Praat meer gereeld met haar. Gee haar komplimente. Vind uit waarvan sy hou en praat met haar daaroor (maar moenie maak asof jy 'n expert in iets is waarvan jy eintlik niks weet nie!).

      As jy regtig heads on wil wees, vra haar uit op 'n date. Die ergste wat kan gebeur is dat sy nee sê. Dan weet jy ten minste jy het probeer :)

      Strekte!
      MI

      Delete
    2. Elo da is n girl waarop ek my oog het weti as sy van my hou ni ma ek & sy is goei vriende hoe kan ek dit laat uitwerk tussen my & ha:)

      Delete
    3. Die maklikste opsie is om haar direk te vra of sy julle as meer as vriende sien. Anders kan jy hints gooi, bietjie met haar flirt en sien hoe dinge gaan. As sie nie goed daarop reageer nie, dan weet jy dinge werk nie. As sy egter goed daarop reageer kan jy dit 'n stappie verder vat en haar op 'n date vra :)

      Hoop dit help!
      MI

      Delete
  9. hlos ek wil graag weer n meisie trug kry wat ek verloor ht en ek weet nie nou wat om te maak nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Wally!

      Is jy seker die rede hoekom julle nie meer uitgaan nie is nou opgeklaar? Daar moet tog sekerlik 'n rede wees hoekom jy haar verloor het. As jy seker is dat die oorsaak van julle split nie meer 'n probleem is nie, dan kan jy begin om 'n move te maak.

      Maak seker julle vriendskap word eers herstel voordat jy enigiets anders doen. Jy kan klein begin: Vra haar om 'n milkshake te gaan drink of iets, maar hou dinge casual. As jy sien dinge begin nou goed gaan, kan jy met haar begin praat oor julle verhouding :)

      Sterkte!
      MI

      Delete
  10. hey ek en die myci is nou baie close maar ek weet glad nie wt om te doen nie wand sy is skaam en wil nie he haar friende moet weet van ons nie ? enige hulp asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek dink dis weird dat sy skaam is en nie wil hê haar vriende moet weet nie... Praat met haar daaroor. Hoekom wil sy nie hê hulle moet weet nie. As sy te skaam is om vir mense te sê dat julle uitgaan/ iets aan het kan dit tog sekerlik nie 'n regte verhouding wees nie?

      Praat dinge met haar uit en vra vir haar of julle asseblief vir mense kan sê van julle. As sy skaam is vir jou dink ek nie die verhouding gaan lekker uitwerk nie.

      Delete
  11. Hi ek is n meisie 16 en ek wil weet as jy rerig nou van die seun nog hou hoe kan jy dit virr hom se en bewys....help asb....

    ReplyDelete
    Replies
    1. Praat gereeld met hom, gee hom komplimente (maar moenie weird wees nie!) en wees net jouself.

      As julle eers 'n goeie vriendskaplike verhouding het sal dinge makliker in plek val. Jy kan hom selfs vra om koffie te gaan drink of iets soos dit, iets wat nie te veel pressure is nie. Nooi hom ook op outings saam met jou vriende. So kan julle mekaar beter leer ken, maar dis nie soveel druk nie want dis tussen 'n groep. Later kan julle dan op one-on-one dates gaan.

      Hoop dit help! Sterkte!

      Delete
  12. Hey! Uhmm ek en die meisie het soos half iets aan gehad toe gaan kuier ons saam toe is daar n ander ou wat by haar aan le toe word ek bietjie kwaad en van daai dag af is so nt kort af mt my as ek mt haar praat en goed ek ht al vr haar gese eks jammer maar dinge is nie die selfde nie. Wt mt ek doen ?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dalk sal 'n 'grand gesture' help? Sweep her off her feet! Koop vir haar iets oulik en se jammer, vra haar uit vir 'n fliek of iets. Of jy kan net 'n eerlike gesprek met haar he. Se vir haar hoe jy gevoel het toe die ander ou by haar aangele het. Se vir haar jy sal graag wil he dinge moet wees soos dit was. Wees eerlik.

      Begin stadig. Dit help nie jy verwag sy moet jou dadelik vergewe nie, maar ek glo dat as jy sal bou aan julle verhouding en julle 'n goeie gesprek daaroor sal he sal dinge okay wees. (En probeer tog om dit van aangesig tot aangesig te doen).

      Sterkte!

      Delete
  13. Ek hou van 2 girls ma ek weet ni vi wtse 1 moet ek gan ni* ek weet rrg ni meer wt om te dun ni* ma di 1 bly ni naby ni en ek sien ha bja min ma di ander 1 kan ek soos ampe elke dag sien *

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek dink jy't al klaar jou eie vraag beantwoord. Gaan dit regtig die moeite werd wees om in 'n verhouding te klim met iemand wat jy skaars sien? My keuse sou die meisie wees wat die naaste aan jou is.

      Jy moet jouself ook afvra of jy REGTIG van altwee hou. As jy 'n verhouding met die een begin, gaan jy nogsteeds gevoelens vir die ander een he? Dis 'n tricky situasie. Maak eers seker dat jy fully commited tot een is voordat jy begin met iets, anders kan dit tot komplikasies later lei.

      Hoop dit help!

      Delete
  14. Ek gaan met n ou uit vir 3 maande . Vandat ons uitgaan is ons skaam voor mekaar en praat nie juis nie ! Wat sal julle voorstel moet ek doen ?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Anon! Gewoonlik is dit die I van MI wat die vrae antwoord, maar omdat ek, die M, al in so n situasie was sal ek jou my raad gee! Dit was een van my eerste verhoudings en ek en die ou was goeie vriende voor die tyd. Toe ons egter begin uitgaan het alles baie awkward geraak en ek het toe sommer met hom opgebreek en ons vriendskap verwoes. Ek sal jou nie aanraai om dit te doen nie! Vat jy die eerste stap en begin net gesels. Probeer om nie aan hom te dink as jou boyfriend nie, maar as n friend with benefits! Partykeer kan labels alles kompliseer en met n mens se kop smokkel!
      Hoop dit help en laat weet as jy nog vrae het!:)
      Tot wedersiens
      MI

      Delete
  15. Hey,,,ek is 16 jaar oud,ek het 'n meisie maar by die skool praat ons skaars met mekaar,ek probeer vir haar aandag gee,maar sy bly by haar vriende,,,gee asb raad hoe om te maak...DANKIE

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi!

      Dit klink vir my of hierdie meisie of baie skaam is of nie baie trots is op julle verhouding nie. Jou werk is om uit te vind watter een dit is.

      As dit die eerste een is, probeer om haar gemakliker te laat voel. Begin om so een keer 'n week 'n punt daarvan te maak om by haar te wees pouses, en soos tyd verloop doen dit al hoe meer. Aan die begin sal dit dalk akward vir haar wees, so as dinge nie werk nie praat met haar. Hoor by haar of julle can compromise.

      As dit die tweede rede is en sy skaam is vir julle verhouding moet jy vir jouself vra: Is dit regtig die moeite werd?

      Hoop dit help!

      Tot wedersiens!
      MI

      Delete
  16. Hi ek hou fan so meisie maar sy het vir my nigie gese ek is kinderlik nu wat kan ek doen dat sy van my saal hou en as ek haar uit vra dat sy ja se

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit klink vir my of hierdie meisie nie belangstel nie. Dalk is dit tyd om aan te beweeg? As sy nou vir mense agter jou rug se dat jy kinderlik is, kan dinge tog sekerlik nie uitwerk nie?

      Ek stel voor dat jy aanbeweeg. Ek weet dis nie altyd maklik nie, maar dis beter as om aan iets vas te hou wat nooit sal werk nie.

      Sterkte! :)

      Delete
  17. Hi julle is mos girls...so 'n ideeQ...wil julle nie dalk vir girls ook so n advieskolommetjie oor die liefde gee nie???
    Sal lekker wees om advies te kry van iemand wat dieselfde ouderdom is en wat weet hoe 'n meisie se kop werk* Maar net 'n idee.
    PS: Julle blog ROCK!!!!!!!! =-)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi!

      Dit is 'n awesome idee! Baie dankie vir die voorstel! Ons sal so gou moontlik aan die werk spring om dit te laat gebeur!

      En jy ROCK ook heavy baie! Jy is 'n awesome leser met 'n awesome voorstel!

      :)
      MI

      Delete
  18. Hey,,,ek het 'n meisie gehad en ons 2 het al 3maande ytgegaan en sy het baie min tyd met my spandeer,toe het ek besluit om vir haar te los,maar ek is nog lief vir haar...help my om haar weer terug te kry asb...Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi! :)

      Eerste ding eerste: As jy weer met haar wil uitgaan sal jy moet seker wees dat die dinge wat laas gebeur het nie weer gebeur nie.

      As jy seker is dat dinge hierdie keer beter sal werk dink ek dat die beste opsie sal wees om net met haar te praat. Vind uit hoe sy voel en as jy 'n kans sien, praat met haar en sê vir haar dat jy 'n fout gemaak het.

      Sterkte!
      MI :)

      Delete
  19. Hello ek is 17 jaar oud en is baie skaam en onseker oor myself en as ek met "die" meisie praat weet ek nie wat om te se nie!!!! Help

    ReplyDelete
    Replies
    1. Haai!

      Ek dink almal het al op 'n stadium soos jy gevoel! Glo my, meisies is net so senuweeagtig (indien nie meer nie!)

      Die beste raad wat ek jou sal kan gee is om nie met haar te praat asof sy *die* een is nie. Praat met haar asof sy 'n vriendin is, raak gemaklik. Dis altyd makliker om met iemand te praat as jy nie ander bedoelings het nie. Raak eers goed bevriend met haar en DAN kan jy begin praat oor jou gevoelens. As jy net head first induik sal die druk dalk net te veel wees vir jou en vir haar.

      Vra vir haar vrae oor haarself en stel belang. As mens met vrae begin kan mens 'n gesprek daarvan maak.

      As julle gemakliker met mekaar is, vra haar om 'n milkshake te gaan drink. (Of om 'n fliek te gaan kyk en dan ietsie te eet, julle sal dan iets he om oor te praat!)

      Ek hoop hierdie het gehelp en sterkte! As dinge nie uitwerk nie, moenie jou selfvertroue verloor nie! Nie alles is meant to be nie! (Al klink dit cheesy!) :P

      :)

      Delete
  20. hi ek nou in gr. 7 daars hierdie meisie (salome walters) sy in die "cool groep" en ek's 'n "nerdy nerd" en baie skaam om iemand uit te vra face to face plus sy's hot slim kan sing en het 'n baie goeie uppy happy geaartheid so basies volgens my is sy die perfect girl maar ek weet hoe om haar uit te te vra nie het julle nie vir 'n bietjie raad nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hey Gielie! :D

      As julle REGTIG van mekaar hou, behoort die groepe waarin julle is nie saak te maak nie.

      Jy sal haar natuurlik eers goed moet begin ken. Dit help nie jy vrae haar net een dag randomly uit nie, dit sal akward wees vir haar en vir jou. Probeer om uit te figure of julle van dieselfde vriende deel en gaan op groep outings, dan is dit nie soveel pressure nie.

      Jou beste bet sal hier wees om net haar eers goed te leer ken (in plaas van om net van ver af te bewonder... Toemaar, ons doen dit ook partykeer! Haha!)

      DIE BELANGRIKSTE: Wees altyd net jouself! Moenie voel asof jy moet verander net om by haar groepie in te pas nie. As julle regtig van mekaar hou behoort sulke dinge nie saak te maak nie :)

      Hoop dit help! Sterkte Gielie! :)
      MI

      Delete
  21. Hi
    Hier is n meisie wat ek baie van huw. Dis ons buurmeisie. Ek huw rrg baie van haar maar weet ni of sy van my huw ni ! En ek weet ni wat om vir haar te se ni en om uit tevind of sy van my huw ni! Hoop jy kan my help! Danki

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dude! Jy het soos klaar 'n HUGE voordeel omdat sy jou buurmeisie is!

      Begin vir eers om net casual met haar te praat, nooi haar oor vir 'n fliek, of as jy iets by jou huis het waarvan sy sal hou nooi haar om daarna te kom kyk.
      Wees gechill, moenie dinge jaag nie. As jy agterkom dinge begin nou goed, sê vir haar dat jy graag saam met haar sal wil uitgaan om te gaan ysskaats of iets in daai lyn. Kyk hoe sy daarop reageer. As sy goed reageer kan jy na die eerste "date" vir haar laat weet dat jy graag iets meer as 'n vriendskap sal wil hê.

      Hoop dit help!
      :)
      MI

      Delete
  22. Ek is 15 hier is n meisie wat ek baie van hou maar weet ni of sy van my hou ni hoe om meer uitevind ni. Hoop jy kan help Danki

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hey!

      Praat met haar vriendinne. Glo my, vriendinne weet altyd alles. (Jou beste bet sal haar beste vriendin wees). As haar vriendinne die idee het dat dinge tussen julle kan werk kan jy 'n move maak en haar vra om 'n milkshake te gaan drink (iets wat nie te veel pressure is nie).

      Sy behoort die skimp te vang as jy haar vra om uit te gaan (of haar vriendinne sal vir haar sê, wat jou die moeite spaar om self vir haar te sê :P). Wees vriendelik met haar en wees bedagsaam teenoor haar.

      As jy die milkshake date goed gegaan het sal jy al klaar 'n voet in die deur hê! :)
      (Ek weet dis partykeer moeilik om die moed bymekaar te skraap, maar porbeer eerder as wat jy spyt is!)

      Sterkte!
      MI

      Delete
  23. Goeie middag julle!

    Eke sit met so effense panarie. Ek en die een girl het so 3weke terug ontmoet; dit was op 'n naweek by haar vriendin gewees want my beste pel en haar beste vriendin is al vir 5maande saam, en toe gaan kuier ek en my bestie vir hulle. Ons bly in middelburg en hulle in groblersdal.

    Okay hiers die storie. Daardie naweek het ek agter gekom dat sy van my hou en ek van haar, want haar vriendin het my gese. Ons het heeltyd gecuddle toe ons movie gekyk het, maar dit het bietjie lank gevat om dit te doen want beide van ons is bietjie skaam. Toe die movies klaar was, het sy my nag gese en 'n oordentlike soen gegee. Die sondag midag is ek en my pel weer terug in middelburg, en ekt haar op BBM toe invite daai aand.

    Vir daai volgende week het ons lekker gechat met mekaar, heeltyd gesiggies by elke boodskappie gesit, prentjies heen en weer gestuur vir mekaar wat ouklike flirt boodskappies toon........

    Na daai week het ek vir haar 'n voice note gestuur wat se presies hoe ek oor haar voel en goed, toe stuur sy vir my ene terug wat se dat sy ook mal is oor my en en en, maar sy is nie nou reg vir 'n verhouding nie want sy is onlangs uit 'n ernstige verhouding uit met 'n ou wat klaar aanbeweeg het.

    Van daai tyd af het ons 2 heeltyd heerlik gechat en mens kon duidelik sien die muisneste het lekker oorgevat. Ekt meeste van die tyd geflirt met haar en dan doen sy dit ook terug. Syt even al fotos gemaak op Picmix van my en haar met oulike goedjies by en so aan (en die fotos vir my gestuur, dan stuur ek vir haar ook Picmix fotos van ons wat ek gemaak het), en syt al paar keer vir my "liefiQii" en ander naampies genoem, dan noem ek haar ook oulike bynaampies en goed.......ekt geweet ons is mal oor mekaar!

    Maar gistraand toe ons nog lekker chat en sy vra my wat maak ek, toe se ek "ek sit maar opi bed en verlang na jo jng".........dis toe sy vir my 'n boodskap stuur wat se:
    "Ek wil nie lelik weec nie!* jyz rerg a gr8 mensieq!* en jyt n awesome persoonlilheid maa dit voel net vir my asof jy Te vinig beweeg !* ek wil nie nou n vaste verhouding he nie ,, ek's nog nie reg davo nie !* ek soek net n vriendkap vir nou * ek wil graag net he dat ons vriende moet bly asb!* ({}) Nx lelik daarvan bedoel nie maar ekt nog bje seer na my ander ou en Eka moet hom nog elke dag sien bydi skwl so kan Oz net dinge rustig vat Eka wil juw nie verloor nie rêrig !*"
    Ekt haar gese dis reg en als, maar toe se sy ook dat ons letwel soos close pelle moet wees meaning niks cuddle of so iets nie.........dit het my rerig bietjie hartseer gemaak maar ek kan niks doen nie want sy voel ons beweeg te vinnig, maar die verlede week het ons dan so baie geflirt en goed?

    Ek en my pel gaan weer hierdie naweek deur om by sy meisie te gaan kuier, en "you know who" gaan ook daar wees........

    So nou vra ek, wat moet ek nou maak? Ek is regtig bitter baie mal oor haar maar ek kan dinge eers verder vat wanneer sy gereed is en oor haar vorige verhouding is. Hoe lank vat dit gewoonlik? Jammer ek klink dom maar eks 22, dis my 1ste keer en eks nuut in die game haha.......

    Hoop julle kan my help want ek wil haar myne maak!!

    Dankie!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Jacques! Ons weet nou nie hoe lank terug jy hierdie gestuur het nie, maar hier is ons raad as jy nog in dieselfde situasie is. Dit is nogal 'n tricky besigheid waarin jy jouself bevind. Aan die begin van die boodskap het dit vir ons ook nogals gelyk asof sy baie van jou hou. Dit is egter 'n feit van die lewe dat meisies dikwels baie deurmekaar is. Don't hate the player, hate the game! Al wat jy kan doen is om te voldoen aan haar wense en alles rustig te vat. As sy net vriende wil wees, dan is dit wat julle gaan wees, want as jy regtig van haar hou gaan sy die wag werd wees. Jy wil haar nie wegstoot deur te vinnig te gaan nie. In die begin, toe julle net ontmoet het, was sy dalk bietjie caught up in the moment en toe sy later daaroor dink het sy besef dat dit bietjie vinnig vir haar gaan. Dit lyk egter asof sy van jou ook hou en as jy geduldig gaan wees, is ons seker sal sy bietjie meer vertroue in 'n verhouding tussen julle kry!
      Laat weet ons wat gebeur en ons hoop ons kon help!

      Tot wedersiens
      MI

      Delete
  24. Haai haai!
    Ek wil net se baie dankie vir die awesome advies maar ongelukkig het dit net erger geraak sonder dat ek enige iets verkeerd doen. Ekt maar net aangegaan asof ons goeie vriende is en dit was okay, maar toe se sy dat daar nooit 'n kans sal wees vir ons nie want haar ouers sal my nie aanvaar nie oor ek baie ouer is as sy.........

    Ai maar nou los ek dit want ek weet mos nou dat daar niks kan verder gebeur nie........

    Maar weereens dankie vir die goeie raad julle, U GUYS ROCK!!!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Jacques!

      Ons is baie jammer dinge het nie uitgewerk nie, maar soos wat dit vir ons lyk het sy miskien bietjie met jou gevoelens gespeel en dis nooit 'n goeie ding nie!

      Baie dankie dat jy ons blog ondersteun en ons is bly jy geniet dit!

      Tot wedersiens
      MI

      Delete
  25. Hi weer ek weti of julle my sal onthou nie. Kyk ek hou nou van 'n baie mooi meisie in ons graad (graad 7) nou sy hou van iemand baie sterker groter en volgens meeste kinders cooler as ek so ek dink nie ek staan veel van 'n kans nie ons verskil met een jaar in ouderdom want haar ma het haar agter gehou en sy is vir my regtig baie great en ek ken haar redelik goed ek en haar beste vriendin is vriende maar ek is baie skaam en weti hoe om 'n meisie uit te vra nie ek is nou 13 en sy is nou 14 so ek sal julle hulp regtig baie waardeer en ek hoop ek hoor gou-gou weer van julle #emergency. Want ek wil haar probeer uit vra voor sy by iemand anders op eindig so weereens julle hulp sal waardeer word en baie dankie ek en die ander meisie het toe met mekaar uit gegaan maar toe vind ek uit sy het met my en drie ander ouens geluk tydig uit gegaan so to dump ek haar en die ander een ou het ook maar sy en die een ander ou gaan nou-nog uit

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Gielie.

      Ons is baie jammer dat dit nie uitgewerk het met die ander meisie nie! Die nuwe een klink egter baie oulik so ons hoop ons kan help. Eerstens wat die 'ander ou' betref, moet jou nie laat afskrik deur labels wat mense gebruik nie. Elke mens is uniek op sy eie manier en ek is seker as sy die moeite werd is, sal sy van jou hou met soos jy is!

      Tweedens wat die skaam kry betref. Ons kan ook met so skaam wees en ek wens partykeer ons volg ons eie raad, maar die lewe is te kort vir skaam wees. Dink aan die situasie soos 'n boek: As jy nie die bladsy omblaai nie, gaan jy nooit weet wat verder gebeur nie!' Vat 'n kans en as dit nie uitwerk nie, dan weet jy dat jy ten minste probeer net!

      As jy wel besluit om haar uit te vra, probeer iets ouliks en eenvoudig en moet haar nie afskrik deur te oorboord te gaan nie! Glo ons, sjokolade doen altyd die ding!

      Ons hoop dit help en laat weet hoe dit gegaan het!
      Tot wedersiens
      MI

      Delete
  26. Hi ek hou rerag bitter baie van hierdie een meisie in ons graad en in my klas sy sit agter my in (afrikaans) ek en har beste vriendin is goeie vriende maar ek kan nie vir haar vir info vra nie sy vertel elke geheim wat sy hoor nou ek kan sweer ek is verlief op haar en dit gaan ak lank so aan en ek en sy is ook nou al chommies/vriende en ek wil al vir lank baie meer as net vriende wees maar ek is skaam (kan nie) vir haar face-to-face uit vra nie volgens almal is ek 'n nerd omdat ek tolletjie brei maar sy doen dit ook sy is ook slim (soos ek) en ons alby hou van lees chocolates en KFC maar ek is uncool en sy sal nie vir my gaan nie(of dalk dink ek net so) maar sy is super hot vir my sy is cool is vriendelik maar straight forward en se 'n ding soos hy is en sy hou van praat soos ek en sy is een jaar ouer as ek. So basies sy is my perfekte dream girl so nou wil ek haar uit vra maar weti hoe nie en (kan nie) dink hoe ek dit gaan doen sonder om haar vriendskap te verloor as sy nee se nie so (asseblief) (asseblief) (asseblief) help my

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Anon!

      Hierdie klink vir my nogal soos 'n tricky situasie! Eerstens wil ek net vir jou iets se wat ek al baie keer as raad vir mense gegee het: Moet NOOIT afgeskrik word deur labels wat society op mense plak nie! Nerd, jock, cool, goth...wat is nou regtig die verskil? Ons is almal mense met verskillende baadjies! As daar wel iets tussen julle kan wees, gaan sy beslis nie omgee in watter katagorie van die samelewing jy pas nie!

      Ons het nog nooit iemand uitgevra nie, maar ons glo dat dit waarskynlik baie stresvol is. Dit is daarom belangrik dat jy iets doen wat spesiaal is maar ook iets wat julle albei op julle gemak stel. Kry iets wat julle in gemeen het en werk van daardie angle af!

      Dis nou te se, jy besluit wel om haar uit te vra! Om daardie stap te wees gaan ALTYD risikoverbonde wees! Jy kan nooit seker wees van die uitkoms nie. Maar jy gaan nooit weet of sy wel gevoelens vir jou het as jy nie probeer nie. As sy regte waarde heg aan julle vriendskap, gaan sy beslis nie toelaat dat sy dit verloor net omdat jy haar uitgevra het en sy dalk nie die gevoel deel nie!

      Ek sal se go for it! Die lewe is te kort om nie kanse te waag nie! En as sy regtig vir jou spesiaal is, sal sy die waagkans werd wees!

      Baie sterkte en laat weet ons hoe dit gegaan het!

      Tot wedersiens
      MI

      Delete
  27. Hi MI,

    Ek is mal oor die een meisie in my skool. Sy ry saam met my bus en ek ken haar nou al vir 4 jaar. Ons was saam op hoerskool tot die derde kwartaal in 2013, ek het toe van skole verander en ek het so half en half my self gedwing om van haar ongelooflike persoonlike te vergeet. n Paar maande later het sy ook skole geskuif en heel toe vallig ook Transvalia toe. Ek het haar gevra om saam met my na die valentyns bal toe te gaan.(Ek weet dis vroeg,maar ek glo in die spreek woord, early bird catches the worm) Ek sien haar nooit alleen nie so ek kan haar nie in persoon vra nie so ek het haar gevra oor whatsapp ek voel super sleg daaroor. Sy het my nog nie geantwoord nie. Kan julle my asseblief se wat om te doen.

    ReplyDelete
  28. Hello!

    Die feit dat jy hierdie meisie al vir so lank ken is wonderlik. Dit beteken dat sy sekerlik weet watter wonderlike ou jy is, so een fout soos om haar te vra na die Valentynsbal oor Whatsapp, behoort nie 'n massive negatiewe impak op julle verhouding te hê nie.

    As ek jy was sou ek my bes probeer om met haar te praat by die skool. Selfs al is sy tussen 'n groep vriendinne, vra haar of julle gougou alleen kan praat. Ek weet dis scary en dat dit baie guts vat, maar die resultate aan die einde sal die moeite werd wees. Jy kan selfs probeer om te wag tot na die klok gelui het, want dan gaan almal mos maar in verskillende rigtings, so dit sal makliker vir jou wees om haar alleen te kry.
    Al sien jy haar nooit alleen nie, moet JY haar alleen kry deur net reguit vir haar te vra of julle kan praat.

    Jy kan dan vir haar op die regte manier vra Valentynsbal toe. Koop 'n sjokolade of gee 'n blom vir haar om dit bietjie meer spesiaal te maak.
    Jy hoef nie pressure daarop te sit nie. Sê net vir haar jy het gedink dit sal fun wees as julle twee saam sou gaan. (Dis mos nie asof jy haar vra om te trou nie!)

    Sterkte en laat weet ons hoe het dit gegaan!
    :)
    MI

    ReplyDelete
  29. Wat doen mens nadat die groot vraag gevra is om die akwardness te vermy?

    ReplyDelete
    Replies
    1. As julle net mekaar se geselskap geniet en nie bekommer daaroor om voor te gee nie, dink ons sal daar nie awkwardness wees nie! :)

      Delete
  30. Hi

    Ek sit nou al sowat 2 jaar met die probleem. Ek stel eintlik in meisies && seuns belang. Ek stel graag in 'n pragtige dame belang wat enige ou sal wil graag mee uitgaan,, sy het ook die mooiste innerlike && uiterlike :-). Ek en sy kom al van laerskool af saam && nooit gedink dat ons twee ooit sal click nie. November 2013 en nou jy weet dit is nog eksamen tyd ook dinge so gebeur ek en 'n she male vriend was opad snoepie toe && tot my verbasing kom die mooiste dame ook aan opad na my she male vriend toe en hulle gesels so oor kleingoedjies en soos sy gesels loer sy my so stip stip, maak oogkontak && glimlag ek glimlag trug en maak ook oogkontak. En ek nie nog dinge so ernstig op met haar gevat nie todat sy my dieselfde dag na skool op Facebook inbox : Hi kayla can I please have your w.app nr && bbm pin && I gave her my w.app nr && bbm pin,, nie eens 2 min nie kry ek op w.app && bbm && I accept her. Ons begin so praat asof al uitgaan,, sy Noem my bae,, bokka,, skat,, etc. Ons chat heel Desember vakansie && ek het haar geselskap baie geniet. 2014 het dinge goed verloop && so aan but August het ons mekaa se name ons stats gemaak && so sit sy 'n ane boykie se naam ook by maar ek weet nie regtig wat aangaan nie en so vind ek yt die twee gaan vir 1 week al yt && ek was so verstom geslaan && jy weet mos dit sal enige een jaloers maak. Ek haar nr && goed nog op en so but ek net myself van af probeer vermy seka 'n Langtyd na dai inbox sy my op w.app : lewe jy nog ...?? && I just respond back : of course ek doen Huko ..?? Oz praat mos nie mea nie Huko inbox jy my nog && she respond : fine ek dog ek doen iets goed sal jou nooit weer pla nie && so was ek kwaad vir myself dat ek myself net wil teen die kop slaap && was spyt ek daai bdskpe vir haar gestuur al het sy en die oukie yt gegaan maar ek was woedend kon myself nie Vergewe nie && myself vrae af gevra. Ek haar gevra om my te Vergewe && sy het. Dinge het swak na daai verloop && ek het probea aanbeweeg,, maar kon haar net nie yt my kop kry nie al hoe Wel ek hoe hard probea het kon ek nie. En in daai selfde jaar 2014 maar vroeg in die jaar het so ane meisie in haar klas ook my haar nr && bbm pin gegea om haar te add ek het toe en ons het ook leka gesels but daar was alewig 'n jaloesie hulle kon nie mekaa vêr dra nie && het altyd in my boeke, skoolsak, calculator && pennesakkie geskryf hule name om te kyk wie is nou die beste. Ek was min gespin dao. But my feelings het so sterk geraak vir die eeste meisie. Ons het 'n Langtyd langtyd nie gepraat tot nou in June maand wat ons weer begin praat. Ek weet nie wat om re doen nie want sy lyk asof sy onseker oor my is want vandat ons weer begin praat nou het ek haar weer soos in die begin geniet met haar geselskap en so aan. But ons hang nou al meer as 'n week uit && het haar gesê dat ek vir feelings het maar sy sê ons gaan praat as sy trug kom want sy gaan weg en ek voel glad nie meer saam of so nie ek is gemaklik en so aan met haar maar wat is sy sê dinge gaan nie ytweki haar pa is ook gay wat staan my te doen om haar haar Hart te wen ek sal enigiets doen om haar as my eie te maak.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit klink vir ons asof jy seergekry het en ons is baie jammer daaroor!

      Wat jy moet onthou is dat jy nie te blaam is hiervoor nie. Hoe moes jy geweet het dat die meisie daardie tyd 'n ou gehad het terwyl julle begin gesels het?

      Ons beste raad sal wees om te praat met haar. Verduidelik vir haar hoe jy voel en sê ook vir haar dat jy jammer is as jy haar ooit seergemaak het. Julle verhouding sal nie vorentoe kan beweeg as julle nie dit wat in die verlede gebeur het uit kan sorteer nie.

      Probeer ook om dit nie oor WhatsApp te doen nie. Ons weet dis partykeer makliker, maar dis ook maklik om agter 'n skerm weg te kruip en uit voeling te raak met die "regte" lewe. Reël met haar om 'n milkshake of iets te gaan drink en kyk hoe dinge uitwerk.

      Sterkte!

      Delete
  31. Hi

    Ek is Michaela
    Soek dringend raad. Ek is stel in boys && girls belang. Maar het my Hart net op een persoon dis 'n meisie sy is ook bisexual.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Go for it! As sy nie tans in 'n verhouding met iemand anders is nie, behoort daar mos nie 'n problem te wees om haar net beter te leer ken nie.

      Sterkte! :)

      Delete
  32. Ek hou van die girl.. syt al gese eks oulik en cute.. wat beteken did? Voel sy iets vir my ook of hoe?

    ReplyDelete
    Replies
    1. In ons ervaring, as meisies sulke dinge kwytraak beteken dit gewoonlik dat sy in jou belangstel. Ons stel voor dat jy haar uitvra op 'n fliek of om 'n milkshake te gaan drink en kyk hoe dinge gaan. Toets die waters uit, kyk of sy dit regtig bedoel het.

      Sterkte!

      Delete
  33. Hello MI, Hier is die een meisie.. sy weet ek hou van haar, vir 3 jaar al. Maar sy bly vir ouens ( baie ) ouer as sy gaan en elke keer maak hulle haar seer... ekt al probeer vir ha se dat ek nie so sal wees met haar nie,maar sy gee my nie kans nie. Kyk sy sal my n druk gee waneer sy huistoe gaan nadat sy by my gekuier het.. maar ek wil net vra of weet jy hoekom sy so maak.. en wat moet ek maak ?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons dink dat jy eerlik met haar moet wees. Dit klink vir ons asof julle alreeds saamkuier, so hoekom hê jy nie 'n gesprek met haar oor julle verhouding nie? Sy sal nooit weet hoe jy oor haar voel as jy haar nie sê nie. (Dis nou, as sy nie in 'n verhouding is nie, andersins stel ons voor dat jy maar eerder net vriende met haar bly.)

      Moet dalk nie met haar praat oor hierdie "ouer ouens" nie. Soos jy noem, bly sy dit aanhoudend doen, so sy weet waarvoor sy haarself inlaat en sy het ook nie na jou geluister die vorige keer toe jy met haar daaroor gepraat het nie. Sy moet teen hierdie tyd al weet waarvoor sy haarself inlaat en as sy nie leer uit haar foute uit nie is dit nie jou verantwoordelikheid nie.

      Sy gaan dalk nie dieselfde oor jou voel nie, so jy moet self besluit of jy hierdie risiko gaan wil neem.

      Sterkte!

      Delete
  34. Hi MI
    wil net vir buetjie raad vra. Ek en hierdie een girl chat nou soos vriende. Sy het in die begin my heeltyd buddy genoem en goed asof ons in die friend zone is. Ek het haar toe begin komplimente gee
    en haar uitgevra op n date. Toe se sy dat sy besig is en my sal laat weet waneer sy beskikbaar is maar ek wag nou nog. Ek het ha al weer gevra waneer sy nou beskikbaar is toe se sy sy weet nie. Sy het eers gese dt sy sal like om op n date te gaan maar toe kom sy met verskonings. Het julle asb vi my raad oor wat ek kan doen om ha op n date te vat

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons dink jy moet haar net reguit vra of sy saam met jou op 'n date wil gaan of nie. Dit klink vir ons asof sy verskonings prober uitdink om nie saam met jou uit te gaan nie.

      Onthou dat die fout nie by jou lê nie, partykeer voel meisies net nie dieselfde oor ouens as wat ouens oor hulle voel nie. (Ons het al baie daardie ervaring gehad!)

      Darem as jy haar reguit vra, sal jy closure kan kry! :)

      Delete
  35. Ek hou bja bja bja van die meisie maar sy se sy hou ni nou van iemand ni hoe kan rk kry dat sy ook van my hou

    ReplyDelete
  36. Hi, is dit te sê dat as 'n dame nie reageer op 'n text nie, sy nie belang stel nie? Sy het op meeste texts geantwoord, maar hulle raak al korter en dit lyk of sy nie eers meer die moeite doen om te kyk of sy 'n message het nie. Tog laat sy my soms weet as sy op "lunch" is en sy (en haar vriendin in prakties) kom as ek laat weet ek is op ete en dan sit ons drie op die gras en gesels. Ons is van die enigste wittes hier en ek wonder of sy nie net my join net vir geselskap nie. Sy is 'n oulike meisie.

    PS (My nickname is Hadida shooter oor ek eenkeer stoom wou afblaas oor 'n klomp hadidas wat my dak gekies het om 5uur in die oggend te kom klets dat dit klink soos 'n protes optog in die middestad.)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Hadida Shooter! (Love die naam, maar ek kry die hadidas nogals jammer!)

      Ek moet bieg, ek lees partykeer (ok, baie gereeld) ook boodskappe wat ek nie antwoord tot soos 'n week later nie. Of ek is besig en tik net 'n vinnige antwoord. Dit beteken nie dat sy nie belangstel in jou nie, dit beteken dalk net dat sy nie baie geheg is aan haar selfoon nie. Onthou net dat om 'n regte verhouding te bou, regte gesprekke gevoer gaan moet word.
      Hoor dalk by haar of sy nie eenkeer sonder haar vriendin by jou wil kuier as julle op lunch is nie? Dan leer sy jou ook beter ken.

      (En ook: Die feit dat julle die enigste "wit mense" in die omgewing is behoort nie iets te beteken nie. Velkleur het niks te doen met persoonlikheid nie.)

      Delete
  37. Hallo
    wat moet ek doen as ek hierdie ou like maar hy't klaar n meisie ons hou van mekaar se geselskap laas jaar het ons saam uitgehang maar nu dat hy haar het is hy sommer heel anders hy sit voor my in die klas maar ons praat skaar ek weet ni of hy dieselfde voel maar hy weet dat ek like hom.

    ek kan dit nie meer verduur om net agter hom te st en nie met hom te praat ni ek wens net soms kan ons weer begin praat en saam uithang maar sy meisie kry mos n stroke so kan jul asb vi my raad gee wat ek moet doen sys saam my in my hommie span en in my netball span.


    ReplyDelete
    Replies
    1. As daar een ding is wat ons verseker weet is dit dit: MOET NOOIT VIR 'N OU GAAN WAT ALREEDS 'N MEISIE HET NIE! Al wanneer mens dit doen is as mens soek vir moeilikheid!

      Ons weet dis moeilik en dit maak seer, maar terwyl hy 'n meisie het behoort hy off limits te wees.

      Delete
  38. hi Mi
    ek hu rrg van hierdie ou maar hy het klaar n meisie ons hu van mekaar se geselskap maar ek weet ni wat om verder te doe hy het net gister uit gevind ek hu van hom so wat doen ek verder

    ReplyDelete
  39. Hallo
    ek like hierdie ou rrg maar hy het n meisies hy het sopas gister uit gevind ek like hom wat doen ek verder ons hou van mekaar se geselskap en het laas jaar baie uit gehang

    ReplyDelete
  40. MI gee my jul nommers :D haha

    ReplyDelete
  41. Hi
    Ek ken n meisie vir al 4 jaar en ek het van haar nog al die jare gehou ons was in die 4jaar vir so rukkie saam en ek en sy is nou goeie vriende en ek hou nog steets van haar en ek weet nie of sy nog die selfe voel nie en ons het nou die jaar nog closer geraak ons praat baie oor bbm want sy is in n ander skool ek en sy het die naweek wee gekyer en ons gee mekaar baie drukkies en ons kyk vir mekaar ok baie sonder om iets te se maar ek weet nie of sy my net as n vriend wil he nie en ek wil glad nie he iets moet tussen ons gebeur nie ek is baie lief vir haar en het nog nooit so oor imand gevoel nie wat kan ek maak?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo!

      Hierdie is nogals 'n moeilike situasie! Dis baie moeilik om vir iemand te vertel hoe jy voel oor hulle, want as jy dit doen kan jy die vriendskap wat julle het dalk vernietig, maar aan die ander kant kan dinge wonderlik uitwerk en jou risiko kan die moeite werd wees.

      Die moeilikste besluit wat jy gaan moet maak is of jy die risiko gaan vat. Daar is ongelukkig nie 'n ander manier om uit te vind of sy dieselfde oor jou voel nie. Jy kan dinge eers bietjie uitcheck voordat jy haar vertel hoe jy oor haar voel, natuurlik. Reël 'n romantiese fliekaand of ete. Dan kan jy sien hoe sy daaroor voel. As jy sien dat sy nie gemaklik is daarmee nie hoef jy niks vir haar te sê nie en kan julle vriendskap voortgaan.

      Baie baie sterkte!

      Delete
  42. Hello Ha, jammer vir die laat antwoord. Ek het julle in Januarie raad gepleeg oor my whatsapp episode, wat baie goed afgeloop het. Ek en die meisie vier op Vrydag ons 7 maande saam herdenking. Dankie vir julle raad, die res van ons manne kan 'n paar dinge by julle leer. Geniet julle lang naweek en sterkte met die laaste vraestelle en die eind eksamen wat voorlê

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo!

      Ons is so bly ons kon help! :) Dit maak ons so bly as ons terugvoer soos hierdie kry! En ons is natuurlik baie bly vir jou en jou meisie ook! :)

      Baie dankie!

      Delete
  43. Hi daar ek is 18 ek sit in i baie moeilike situasie ek en die meisie was nou al 2jaar beste beste vriendinne en het altyd gewag vir i kans dat dit my skoon mal maak ek wou haar net in my arms heh maar nou is ons saam yteindelik 2maannde sien mekaar elke dag maar ons baklei verskriklik baie en sy wardeur nie rrg wat ek vir haar doen nie as ek met haar daaroor wil praat dan eindig dit altyd op met i gestreiery of i baklyery dat dit my gevoelings skoon wegwaai vir haar maar eks Lief vir haar.. nie mal oor haar of verlief op haar nie maar well lief vir haar.. ek kan nie sonder haar nie en ook nie met haar nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi daar!

      Dit klink vir my asof jy vashou aan iets wat al lankal nie meer daar is nie. Dit is dalk tyd dat jy en jou meisie 'n oop gesprek het oor julle verhouding en waarna julle oppad is. Jy sal moet regtig dink oor of die verhouding nog goed is vir julle altwee.
      Dit kan dalk werk as julle altwee bereid is om saam te span, maar voor enigiets gaan kan beter raak/ verander sal jy eers mooi moet dink oor of dit is wat jy regtig wil hê.

      Sterkte!

      Delete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.