Tuesday, May 8

Watter jellybean is jy?


In 'n pakkie jellybeans kry jy baie verskillende kleure en hulle almal proe anders. Dit is net so in die hoerskool, daar is verskillende tipes kinders en hulle almal tree anders op! MI gee vir al ons lesers 'n inside scoop oor al hierdie clicks en hoe jy hulle kan herken!

  1. Die “Ek is Cool” jellybeans.

Hierdie is die kinders wat almal ken, die atlete, hokkie-bokkies, rugbyhelde, die lys is eindeloos! Hulle dra altyd die nuutste modes, of dit nou broeke is wat so op jou boude hang of hemde wat opknoop tot onder jou neus. Wat ook al die nuuste trends is hierdie kinders sal dit he! MI vergelyk hulle met rooi jellybeans. Rooi is die kleur van passie en vuur. Net soos vuur wat 'n droe veld kan oorheers, so oorheers die cool kinders ook 'n skool. Altyd top of the ranks! Die girls het altyd 'n “taylor lautner ou” aan haar sy en die ouens  pronk elke week met 'n nuwe girl! Hierdie kinders is die Mnr en Mej ?, die sportseun of dogter, die ster van die toneel en net gewoonlik nommer 1 in alles!

  1. Die “ Ek dink ek is cool” jellybeans.

Hierdie is die cool kinders se “beste vriende”. Jy sal hulle altyd by die geel jellybeans sien en hulle is altyd by hulle maak nie saak wat nie, ek noem hulle die sidekicks! Sidekicks is nie regtig cool nie, maar omdat hulle saam die cool kinders uithang verbeel hulle, hulle is! Ek vergelyk hulle met oranje jellybeans. Ek haat oranje, want oranje  dink hy is rooi maar hy is eintlik so ver van rooi soos wat Venus van Saturnus af is! Hierdie oranje jellybeans verbeel hulle altyd dat hulle in die cool katogerie is, maar hulle is nie daar nie! Die beans is nes die prent, hang al ewig aan die rooi beans! Hulle probeer meestal te hard om by die cool kinders in te pas en dan loop dit net uit op 'n ramp, 'n ramp soos 9/11!

  1. Die “ Jammer ek leef” jellybeans.

Hierdie is die skaam kinders, maar nie die “ek leef in my eie wereld” skaam nie.... Nee, die “jammer ek leef” skaam kinders! Ons vergelyk hulle met 'n groen jellybean, groen soos die gras. Gras is oral maar dit is onder op die grond. Hierdie kinders is ook oral, maar hulle hou 'n baie lae profiel! Hulle streef daarna om 'n woord met die cool kinders te praat, maar bly ook terseldetyd uit hulle pad. Hulle sal ook nooit die rooi beans in die oe kyk nie, want hulle het die weird teorie dat die cool kids “heilig” is. Soms irriteer die kinders my, net soos groen jellybeans ( wat soms soos waspoeier proe)! Ek wil net vir hulle skree “ Word wakker piesangs! Julle gaan hierdie mense seker nooit weer sien nie! Get a Life!!

  1. Die Nerds!

Volgens my is hierdie die beste groep in die skool en nie net omdat ek onder hierdie een val nie (wel nie 100% nie, ek is meer in die “mal en baie loud” groep!). Soos julle seker opgelet het is al die vorige groepe of die cool kinders self of verbind met hulle! Wel, nie die nerds nie. Hulle is ONAFHANKLIK! MI vergelyk die nerds met pienk jellybeans. Pienk is heeltemal sy eie kleur, nie rooi nie en nie oranje nie..net pienk! Hulle is slim, sommiges baie handsome en ook kulturieel bevorderd! Alhoewel nerds in movies altyd 'n bril dra is dit so onwaar!( daar is actually iets soos kontaklense!). Hulle is die toekomstige besigheids eienaars en moontlike base van alle bg groepe! Hulle reel hulle eie parties, en wag nie vir ander om hulle te nooi nie. Hulle is nie skaam en bang vir ander groepe nie, want hulle is is trots op wie hulle is! Nerds Rule!

So nou het julle dit! Wie die groepe is en hoe om hulle uit te ken! Alhoewel, almal dink dat cool kinders alles rule is dit nie so nie! Moenie skaam wees as jy aan 'n ander groep behoort nie of stig jou eie! Wees bold en exciting, maar die belangrikste is wees net jouself en niemand anders nie! So, watter jellybean is jy?

Tot wedersiens
Mi


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.