Thursday, May 17

Pienk Mania!


Pienk hokkie stokke, pienk netbalballe, pienk mouthgaurds, pienk RUGBYBALLE! Dit is wat jy sien as jy deesdae langs 'n sportveld staan. Dis egter nie net sportgear wat soos 'n pienk ontploffing lyk nie. Die catwalks in Milan is vol nuwe pienk modes vir vrouens maar meestal mans! Is pienk die nuwe swart! JAAAAAAA, en MI se hoekom!

  1. Sportvelde- 'n Broeiplek vir pienk.

Morne Steyn se tokse, die Bulle se truie, seuns se rugbyballe en mouthgaurds, hulle hokkiestokke en kouse en nog vele meer....alles pienk. Wie sou ooit kon dink dat hulle 'n professionele rugbyspeler in pienk sou sien.? Beslis nie ek nie, maar dis hoe dit deesdae is en ek moet se... MI LIKE! By ons skool lyk dit soos 'n boksie smarties in die middae tydens sportoefening! Geel, rooi, blou, groen maar meestal pienk! Die eerste rugbyspan met skelpienk kouse en die eerste hokkiespan met pienk stokke! 'n Bron se dat hy sommer rillings kry as hy sy seuns so met hulle pienk sien (dis mos 'n meisie kleur), maar dis 'n nuwe era en dinge verander..dinge soos 'seuns mag nie pienk dra nie'! Pienk op sportvelde lyk great en ek hoop dat dit 'n modegier is wat nie gou uitsterf nie!

  1. Real Boys Wear Pink!

Pienk klere vir seuns en mans is die nuwe in-ding en al die nuutste klerereekse vir mans, het 'n pienk feature! Pienk golfhemde en truie, pienk baadjies en sokkies, die hele pakket is beskikbaar in pienk by jou naaste klerewinkel! Baie seuns dra pienk klere en die gier is besig om wereldwyd te versprei ( vinniger as 'n veldbrand!). Fashion shows wys designers se nuutse skepping vir mans en vrouens en dit is een van die kleure wat by meeste mense pas. Dis nie net 'n kleur vir klein dogtertjies en miniatuur hondjies nie, dis 'n kleur wat jou uniekheid weerspieel en wys dat alhoewel jy 'n onafhanklike mens is, is jy steeds 'in touch' met jou sagte kant ! Soos die saying se : Real boys wear pink! Moenie worry oor wat “die mense” gaan se nie, express jou kreatiwiteit deur hoe jy aantrek. Wow, die seuns dink nou seker: OMS , die girl is getik en ja ek is seker..maar dis waar! As jy sad is, sal jy heel waarskynlik grys, swart of donker blou dra en as jy in 'n sonskyn bui is, sal jy rooi, geel, helder blou en groen en pienk of wit dra! Pienk is in en almal wat dit nie weet nie bly seker onder 'n klip of is net way outyds ( nie dat MI 'n probleem het met outyds nie!)

3. Diere het styl!

Selfs die diereryk het die nuwe pienk modegiere nagevolg! Talle diere het hulle vervelige pelse verruil vir 'n fantasmagoriese pienk jassie! Moenie verbaas wees as jy op jou volgende uitstappie na die wildtuin Koning leeu met pienk maanhare sien nie of  'n langnek kameelperd met pienk i.p.v. bruin kolle!

So MI lesers, daar het julle dit: Pienk is defnitief die nuwe swart en jy kan dit orals te sien kry, van huis dekor tot fluffy toiletseats! Ons stuur julle op 'n missie om julle innerlike self te gaan express and don't be afraid of the Pink Bomb, because sooner or later it'll hit you!

Tot wedersiens
Mi

P.S. Selfs brandweermanne wil pretty in pink lyk as hulle lewens red!

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.