Uiteindelik, na die lang gewag het MI se ice-breaking artikel spesiaal vir ons manlike aanhangers gearriveer! Die Superrugby seisoen is al volstoom aan die gang en daar is BAIE wat gebeur. Met al die exciting driee en naelbyt oomblikke is hierdie seisoen beslis een vir die rekordboeke! MI gee ons mening oor die beste spanne, die beste spelers en die nuutste trends in vanjaar se kompetisie!
1. Wat het MI sover by Superrugby geleer?
1. Wat het MI sover by Superrugby geleer?


2. Spanne wat uitstaan:
Die spanne wat uitblink is vanselfsprekend ook die wat bo aan die punteleer is. Die kompetisie is baie straf hierdie jaar, want al die spanne is fantasties met wonderlike spelers. Daar is egter 'n paar wat vir ons hier by MI uitstaan bo die res!

Die twee Nieu-Seelandse spanne wat ons oog gevang het is die Chiefs en die Crusaders! Die Chiefs is nommer 1 op die punteleer met 44 punte en die Crusaders sesde met 33 punte. Ons het nog altyd hoe verwagtinge van die Nieu-Seelandse spanne gehad en is beslis nie teleurgestel nie!
3. Hare-uit-die-kop-trek-moments!
Die een ding wat my gruwelik frustreer van ons Suid-Afrikaanse spanne is dat hulle nie 80 minute rugby speel nie! As hulle voorloop dan begin hulle by 60 minute ophou speel en dan... dan gebeur wat met die Bulle al talle kere gebeur het: Hulle verloor baie amper of hulle verloor (soos die Cheethas verlede week!). Hulle moet begin besef dat die oorsese spanne NOOIT ophou speel nie, hulle sal aanhou baklei tot die eindfluitjie blaas. Die perfekte voorbeelde is die games wat die Bulle teen die Chiefs en die Crusaders gespeel het! Die Chiefs het sommer in die laaste 10 minute van die game 2 driee gedruk en dit het ons amper die game gekos!
Spelers wat volgens MI 'n 10/10 kry gebaseer op looks is (vir al die dames):
Patrick Lambie
- Francios Hougard (maar die tatoo's doen dit nie vir my nie!)
- Johan Goosen
- Jean de Villiers
- James o' Conner
- Dan Carter
- en nog vele meer....
Daar het jy dit! MI se mening oor Superrugby! Ek hoop al julle manne het dit geniet! Wees op die uitkyk vir ons movie review van The Avengers! Ek wil nou nie die aap uit die mou laat oor watter span MI ondersteun nie, maar ons kan nou wel se dat daai nuwe truie baie sag op die oog is en 'n defnitiewe 10/10 by MI kry! Dat daar baie rugby talent en 'talent' (wink, wink) in ons land is, is vir ons `n feit soos `n paal bo water hier by MI. Heyneke Meyer gaan beslis 'n moeilike keuse he voor die Engelse met hulle bleekwit bene hier aangesit kom!
Tot wedersiens
MI
Die Rugby Evolusie:
1950
1995
2012
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.