Tuesday, May 1

Vaal Mall Bargains


Die Vaal Mall. Meeste van ons se enigste bron van ordentelike inkopies. MI s'n ingesluit. Die Vaal Mall is op die oomblik Vanderbijlpark se enigste goeie Mall, daar's winkels vir eet, winkels vir inkopies doen, winkels vir beauty-needs en... winkels vir klere.

MI het vandag die Mall ingevaar met high hopes om awesome winters klere te vind wat hulle oor en oor sal wil dra. Ons het uitgekyk vir stylvolle, chick, modern klere wat mense se aandag sal trek (op 'n goeie manier, natuurlik).

MI se guide tot Vaal Mall shopping

MI se missie vandag was om ordentelike winters-klere te kry vir die opkomende winter seisoen. Hier is wat ons bevind het:


JayJays

Gewoonlik die heel beste plek vir funky moderne klere het JayJays vandag baie teleurgestel. Toe MI by die winkel instap is daar bevind dat geen nuwe klere uitgestal is nie. Al wat ons kon sien was 'n paar somers hempies en rokkies van 3 maande terug. Die paar winters klere wat daar wel was was so lelik of overpriced nie eers my hond se girlfriend sal dood daarin gevang wil word nie. WARNING! As jy opsoek is na cool wintersklere, steer clear of JayJays

JayJays rating: 5/10



Nee Ackermans, dit is nie net wat ek nodig het nie. Dit is presies die teenoorgestelde daarvan. En julle noem julleself 'n winkel... Nee, ek oordryf nou, dit was darem nie so erg in daardie verskoning van 'n klerewinkel nie. Die klere is darem nie walglik nie, maar dit kom ook nou nie reguit van 'n loopplank in Milan af nie. Die paar mooi kledingstukke wat ek wel gesien het was of te groot of te klein. Major teleurstelling in die aantrekkamer. Darem probeer Ackermans. Hulle klere sal jou defintief warm hou in die winter en dit lyk nie te sleg nie...

Ackermans rating: 7/0


Liewe, dierbare Pep. Duisende mense weier om by jou te koop want 'dis te goedkoop' of 'nie goeie kwaliteit nie' of een of ander simpel aantuiging. Mense, mense, mense... Dis eenvoudig nie waar nie! Ja, ek weet Pep het meeste van die tyd baie min mooi klere en amper glad nie goeie kwaliteit nie, maar delf 'n bietjie dieper en jy sal geluk vind! Soos hierdie trui:

Baie mooi, baie cosy en soortvan modern. Dis nie 'n eye-popper nie maar MI sal dit tog koop as 'n staple item vir die winter.
Dit bewys dat as 'n grawe sal jy kry!

Pep rating: 7/10


Definitief Mr Price. Ook bekend as MR WAAR IS AL DIE COOL KLERE!?!?! Vandag toe MI by Mr Price instap is al wat die oog kon sien rondgefladderde klere met vuil merke op ALS. Ja, Mr Price het fantasmagoriese klere maar die goed is so swak gemaak dit sit so skeef aan mens sit soos 'n tutu op 'n koei. Buiten dat die toue 'n ewigheid aangehou het met net 'n paar mense by die till het dit skoon gevoel of ek 'n asma-aanval gaan kry met die hoeveelheid mense in daai winkel!
Maar, Mr Price bly Mr Price, een van MI se gunsteling winkels, so hier is 'n paar bargains wat ons opgespoor het:



Baie cool truitjies wat ons nie gepas het nie :(

Mr Price rating: 8/10


Edgars is maar net Edgars. Ongelooflike klere teen ongelooflike pryse. Daar is rerig niks meer om verder te se nie.

Edgars rating: 8/10

Dames en here soos julle kan sien was die Vaal Mall vandag 'n groot teleurstelling vir MI. Oh well, better luck next time!

Tot wedersiens
MI

DAMES EN HERE ONTHOU ASSEBLIEF DAT HIERDIE ARTIKEL NET VIR VERMAAKLIKHEIDS DOELEINDES GESKRYF IS EN WEERSPIEEL GLAD NIE DIE OPINIE/MENING VAN DIE SKRYWER NIE. ONS IS MAL OOR DIE MALL EN AL DIE WINKELS DAARIN!

1 comment:

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.