Sunday, May 13

Viva Ma's!



'n Ma is iemand na wie jy opkyk, iemand wat jou troos as jy hartseer is, iemand wat seerplekke beter laat voel en iemand wat jou wasgoed was! (lg. is net ‘n grappie!) Ons het ons ma’s nodig en ek persoonlik dink nie ek sou kon oorleef sonder my ma nie! MI gee ons lesers ‘n kykie in die wereld van ma’s en die verskillende fases wat hulle beleef!

1.      Die over-protective stadium!

Hierdie stadium word bereik wanneer ons stadig, maar seker in ons tiener-fase inbeweeg! Dis die tyd wanneer ons alleen saam ons vriende wil gaan fliek, op ‘n Saterdagaand wil gaan ysskaats en ietwat verslaaf raak aan jou selfoon. In hierdie fase begin ons moeders besef dat hulle kinders besig is om groot te word, en vinnig ook! Alhoewel sy weet ons word nou groot, voel sy steeds sy moet ons beskerm teen die nare wereld daar buite! Sy sal egter altyd so voel, maar nou is dit die ergste. Ons word dan kwaad vir ons ma’s want ons redeneer dat sy ons net wil straf en dink nooit hoe sy eintlik voel nie! Tydens hierdie stadium van ons liewe moeder se lewe moet ons net baie geduldig wees en vir haar verduidelik dat sy die leisels net so ‘n bietjie slapper moet vashou en ons moet vertrou!

2.      Die embarrassing-stadium!

Hierdie is die ergste stadium! Dit is wanneer ons tieners tussen 15 en 17 jaar oud is en baie selfbewus is! Tydens hierdie stadium sal ons ma’s uit hulle pad gaan om ons tieners in die verleentheid te stel! Van toeter blaas vir die kaptein van die eerste rugbyspan tot hardop na ‘n outjie wys en se: “Jinne pops, hy lyk oulik!” Al wat ons in hierdie stadium kan doen is om af te kyk en maak of jy, jou ma nie ken nie! Ek weet dit klink bietjie harsh but we‘ve got to do, what we’ve got to do om hierdie stadium te oorleef! Vertel jou ma as dit jou pla en dalk is sy een van daardie ma’s wat sal verstaan, maar as jou ma soos myne is , sal sy net lag en se; “Get over it”. Al wat ek dan vir jou kan se is Good Luck Charlie!

3.      Die verstaan stadium!

Wanneer jou ma hierdien stadium bereik is jy tussen die ouderdom van 18 tot 21. Dit is die stadium waar jou ma aanvaar het dat jy nou amper groot is en met jou eie lewe gaan begin! Sy sal jou meer vryheid gee, so moet dit nie misbruik nie en sy sal die skouer wees waarop jy kan huil! Sy sal beter as enige iemand anders verstaan as jy swaar tye beleef en sy sal jou beter raad as die dominee kan gee! Koester hierdie tyd, want dit is van die kosbaarste tye in jou lewe!

Hier by MI is ons baie lief vir ons ma’s en ek is seker al ons lesers voel presies dieselfde oor hulle moeders! Aan al die ma’s daar buite wil ons net se: Happy Mothers day! Julle ROCK!!  Bederf jou ma en wees dankbaar vir alles wat sy vir jou doen, nie net vandag nie, maar elke dag van jou lewe want jy besef nie wat jy het, totdat jy dit verloor het nie.

Tot wedersiens
Mi

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.