Thursday, May 17

Die perfekte dieet!


Is jy moeg vir daardie rolletjies wat jy kry a.g.v. al die lekker snacks wat jy verorber as jy so snoesig voor die televisie le? Die dieet van die moderne mens is so gebalanseerd soos die Europese ekonomie. Ons eet meestal kitskos, want daar is nie 'tyd' vir kosmaak nie en intussen maak ons van ons liggame 'n stortingsterrein vir vette! MI gee raad oor die perfekte dieet hierdie winter!

  1. Ontbyt
Ontbyt is die belangrikste ete van die dag! Ek weet dit klink soos jou ma wat nag, maar dis die waarhied! As jy ontbyt oorslaan, krap jy jou hele metabolisme om en dis wanneer jou liggaam oortollige vet produseer! Hier is voorbeelde van gesonde, maar tog lekker ontbyte:
Ontbyt A- 1 koppie muesli met vars aarbeie.
Ontbyt B- 2 roer eiers met green pepper, uie, sampioene en dun hoender skyfies!
Ontbyt C- Lae Vet melk en n vrugte smoothie.
Ontbyt D- 2 gekookte eiers en vars lemoensap!
Moenie jou ontbyt afskeep nie, want dit gee jou net meer lus vir die dag!! Viva Ontbyt!!!!

  1. Middagete.

Middagete is seker die ete wat ons almal die beste ken! Dis wanneer jy van die skool af kom, met 'n gat in jou maag so groot soos die Vrede Fort koepel. Dis die tyd wanneer jy alles wat jy sien verorber! Pasop egter dat jy te veel van die verkeerde goed eet en te min van die regtes!
Lunch A- Grilled cheese, tamatie, blaarslaai en hoender broodjie op volgraan brood ( of Best of Both )
Lunch B- ¼ koppie rys, met stir-fried groente en chicken strips.
Lunch C- Tuna slaai met slaaisous en 1 volgraan rolletjie.
Lunch D- 1 koppie sop met 'n klein groente en tuna pasta slaai.
Baie van ons is in 'n rush in die middae en het nie tyd vir kosmaak nie. Dan stel ons voor kies jy Lunch A of C of gryp net 'n appel en jogurt vir 'n lekker on-the-go lunch!

  1. Snacks.

Mmmmm.....dis my favorite deel! Peuselhappies wanneer jy leer, tv kyk of net relax! Baie van ons vergryp ons egter eerder aan popcorn, chips, chocolates en allerhande vetmaak dinge! Hier is 'n paar heerlike en gesonde snacks as jou maag begin grom, maar aandete is nog ver!!!
Snack A- 'n Bakkie almonds en 'n koppie herbal tee (as jy nie van herbal tee hou nie is rooibos tee ook reg!)
Snack B- 3 volgraan crackers met lae vet kaas.
Snack C- 1 appel en 'n glas melk.
Snack D- Peanut Butter op volgraan toast.
Snack E- 3 hande vol unflavoured popcorn. ( geen butter salt, salt and vinegar of cream and chives)
Snack F- 'n Vrugte of Bran muffin ( blueberry is die lekkerste!!:)
Snack G- 'n Handvol Corn Chips ( bv. Doritos)
Peusel nou lekker en bly gesond!!!!!!

  1. Aandete

Om die dag af te sluit 'n lekker bord kookkos! Baie van julle trek nou seker julle gesigte op 'n frons (ek ook)! 'n Gesonde en gebalanseerde aandete hoef nie 'n straf te wees nie! Kool en pampoen is nie noodwendig die gesondste aandete nie (dis egter ook belangrik!). Geniet jou aandete, sonder om skuldig (of naar) te voel na die tyd!
Aandete A- Pasta in olyfolie met hoenderstukkies en broccoli (of soos my sussie se: groenboompies!)
Aandete B- Sop met croutons en enige 2 vars groentesoorte
Aandete C- Pita wrap met beef blokkies, tamatie, blaarslaai en gerasperde mozzarella kaas.
Aandete D- ¼ koppie rys, grilled vis en stir-fried veggies!
Geniet jou aandete en voel goed na die tyd!

Daar het julle dit MI fans! 'n Menu wat gebalanseerd, gesond en boonop lekker is! Wees vol selfvertroue hierdie winter as daai skinny jean wat al te klein is weer soos 'n handskoen pas!

Tot wedersiens
MI

P. S. Die inligting vir hierdie artikel is verkry uit die Mei uitgawe van Seventeen! Vir oefenplanne, boy trouble en vele meer koop hom by jou naaste supermark!




No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.