Thursday, May 3

Fashion 101: Winter Trends!

Die aarde is besig om sy wysers stadig maar seker van somer na winter te draai, maar net omdat die temperatuur laer word beteken dit nie jou styl moet ook verlaag nie! Inteendeel, maak dit jou doelwit om uit te staan hierdie winter, want Bold is Beautiful! MI gee tips oor wat's in en wat's uit en waar jy die beste winskopies kan losslaan!

1. Krap daardie ou trui uit wat ouma vir eeue terug vir jou gegee het en jazz hom bietjie op deur:
  • 'n cute serp by te voeg.
  • 'n paar steentjies/knope op te sit.
  • 'n stylvolle belt by te voeg( dis altyd 'n wenner!)
Jy mag dalk dink, eewwww daai ou trui, maar truie met prentjies en weird patrone is no.1 op die loopplanke in Milan. Wees cosy en warm, en lyk soos 'n million doller$.

2.Accessories:

Juwele, skoene en kopbande moet altyd op jou lysie wees wanneer jy jou kas 'n make-over gee. Wel hier is die nuutste celeb-geinspirerde trends!
Skoene:
Skoene met 'n platform is 'n moet he hierdie winter. Dit is ook perfek om nou een aan te skaf,want die skoene kan ook in die somermaande gedra word. 'n All-rounder! As jou skoene vol sparkle is, nog beter!
Juwele:
Sirkel oorbelle is so laas jaar! Nou is dit DRIEHOEKE! Juwele met veer motiewe is ook baie gewild onder ons gunsteling celebs!
Kopbande:
Geel is die nuwe swart! Jy kan nie verkeerd gaan met 'n geel kopband en 'n paar strikkies nie!

3.Hair, make-up, Action!

Jou hare en grimering is ook 'n belangrike faktor wanneer jy, jou opdress vir 'n trippie mall toe.
Hare:
Die  bee-hive haarstyl is baie in die mode gedurende die 2012 winter, maar hou dit natuurlik, se die kenners! 'n Paar lokke, die messy look of 'n netjies bolla is die nuwe it-look!
Make-up:
Net soos met die sparkle heels, is jewels en glitter make-up ook baie populer. Lipgloss met 'n sparkle, jeweled eyeliner en 'n smokey, bold eyeshadow is 'n moet he die seisoen. Moenie jou oe wegsteek nie, beklemtoon dit, want oe is mos die vensters vir die siel, en wie wil nou nie mooi vensters he nie!

Daar het jy dit! Lyk beter as Kim Kardashian hierdie winter en vang daai oulike outjie se oog met MI se tips tot 'n stylvolle klerekas!

Tot wedersiens
MI

* Koop gerus die nuutste uitgawe van Seventeen by jou naaste supermark vir meer tips!

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.