Die 50's: Marilyn Monroe. . .
Ek is seker almal weet wie hierdie blonde ambisie is! Sy was een van die mees beroemde aktrises in die 50's en 'n inspirasie vir baie vrouens. Elegante rokke, glamarous ballgowns, stylvolle pencil skirts en ander pin-up outfits het haar deur die jare 'n styl ikoon gemaak! Daar is onlangs 'n fliek oor haar lewe gemaak en dit bewys net weer watter rolmodel sy in die modewereld was!
Die 60's: Catherine Deneuve. . . .
Sy was en is nog steeds 'n natuurlike skoonheid, Catherine Deneuve. Al het sy baie min grimering gedra en haar oe haar trademark gemaak het, was sy steeds een van die mooiste vrouens in die 60's. Sy het haar oe donker omlyn en dit het gehelp om al die ander grimering lig en vars te laat lyk! Catherine het gereeld groot en bold strikke in haar hare gedra. Sy het ook beeldskone hare gehad.Catherine was 'n styl ikoon in die 60's en is steeds vandag! Sy was ook nie net 'n mooi poppie nie, maar 'n slim een ook! Haar raad aan ons is: " Age gracefully and always stay classy, elegant and chic!
Die 70's: Farrah Fawcett. . . . .
As een van Charlie's Angels was sy seker een van die mees populere styl ikone in die 70's! Haar styl was so anders as die res van die styl ikone, sy het light waisted denim flares en ander looks bekend gemaak in haar jare! Haar trademark was haar groot, krullerige lokke en sy was 'n baie bekende aktrise! In 1995 het sy 'n ster op die Hollywood Walk Fame gekry! Sy is egter tragies oorlede op 25 Junie 2009 aan anale kanker! Die rede waarom sy so gewild was, is omdat sy nooit grootkop gekry het oor haar roem nie! Sy het eenkeer gese: : The reason way the All-American boy prefers beauty to brain is that he can see better than he can think!
Die 80's: Madonna. . . . .
Die bekende sangeres, liedjieskrywer, aktrise en entrepreneur is en was nog altyd 'n styl ikoon van formaat! Sy het al meer as 300 mil CD's wereldwyd verkoop en is nog steeds besig met nuwe dinge! Alhoewel sy steeds 'n rolmodel in die mode wereld is,was haar glorie jare in die 80's! Sy het die layered look begin, hemde en baadjies en nog meer hemde is wat sy gereeld saam verskeie accessories gedra het. Halsnoere, armbande, perels en krale het gereeld aan haar arms en nek gepryk. Sy het ook altyd lang,groot oorbelle gedra! Een van haar mees bekende looks was die wavy hare met highlights! Honderde meisies wereldwyd het haar styl nagevolg en sy het 'n styl ikoon geword wat ons nog lank sal onthou!
Die 90's: Lady Diana. . . . .
Volgens MI was sy maar net 1 van die mooiste vrouens wat nog geleef het. Nederig, vriendelik en nooit te besig om te help nie, dis hoe ons haar sal onthou. Van asemrowende aandrokke tot fantastiese hoede, Lady Di was 'n styl ikoon soos geen ander. Mens kon haar altyd deur 'n ring trek en wanneer sy 'n publieke verskyning maak het sy ons altyd net weer verbaas. Sy was geliefd deur miljoene en almal was baie hartseer om in 1997 afskeid van haar te neem. Sy is voorwaar 'n ikoon wat NOOIT vergeet sal word nie. 'n Besliste 10/10 vir haar!
Vandag: Kim Kardashian en Kate Middleton.. . . .


Daar het jy dit! MI se evolusie van styl ikone! Hierdie mense het styl oor die dekades beinvloed en ek is seker daar gaan nog vele meer ikone oppad wees!
MI
LEES DIE VERTAALDE VERSION HIER: KLIEK HIER
Pretty! This has been an incredibly wonderful article.
ReplyDeleteThank you for supplying this information.
Also visit my webpage - ball gowns
Hi! This post couldn't be written any better! Reading this post reminds me of my
ReplyDeletegood old room mate! He always kept talking about this. I will forward this write-up to
him. Pretty sure he will have a good read. Many thanks for sharing!
my webpage: backlinks checker