Saturday, May 5

Die beste van TV!

Soos die meeste mense daarbuite is MI so ietwat verslaaf aan ons gunsteling TV programme. Daar is soveel om van te kies dat dit amper onmoontlik is om nie ten minste van een te hou nie.
MI het 'n lys saamgestel van ons en julle gunsteling TV programme.

TV reekse waaraan MI verslaaf is.


Wat is daar om nie van te hou nie as dit by Gossip Girl kom nie? Blair, Chuck, Serena, Dan, Charlie, Nate... Erken dit, jy wens jy het die lewe gehad wat hulle lei. Die glitz en glam is wat die TV program so faboulas maak, saam met 'n uitstekende storie lyn. Die idee van 'n geheime nuusverspreider is uitmunted, maar slegs omdat die nuus wat versprei word so... uniek is.


Alhoewel Glee gesien kan word as kontroversieel en onvanpas het dit tog 'n uitstekende storielyn wat met musiek en dans belangrike lewenslesse oordra aan jongmense d.m.v. 'n baie prettige manier. Ons almal het na ons asem gesnak toe Quinn in die ongeluk kom, ons het 'n traan of twee gepik toe Finn vir Racheal vra om te trou, om nie eers te praat van Kurt en Blaine nie. En dan nog die verby-awesome liedjies wat op elke week se episode verskyn!


Nie net is Masterchef South Africa ongelooflik entertaining nie, dit is trots Suid-Afrikaans! Die beste van als is dat dit reality is. Ons kan 'n gunsteling kies en vir hom/haar duimvashou tot die einde! (Ek hou persoonlik van Ilse...) Elke week se uitdagings sukkel nie om te verbaas nie wat tot naelbyter oomblike lei.. 'n gunsteling van MI!

Behalwe vir die feit dat Tyra Banks 'n legend is is America's Next Top Model een van MI se gunsteling realiteits programme! Dit is nie een van daai tipiese programme waar iemand huil en 'n sympathy vote kry nie, die wenner word gekies op grond van die kans wat sy het in die modebedryf. En wat is nou nie lekker daaraan om te sien hoe 'n klomp meisies baklei vir 'n titel wat hulle in elk geval nerens gaan bring nie?


WOW! Survivor! Die challenges, die voting, die jury, die kamp, die... ALLES! Mense wat mekaar in die rug steek, blind sides, tribals en ongelooflike slinkshied! Survivor is 'n definitiewe 10/10 by MI!




MI se nommer een bron vir celebrity nuus, modes en sommer net entertainment! Gulianna en Ryan stel nooit teleur nie en E! ook nie. Ons almal hou van E! want ons almal hou van celebs. Informatief, snaaks en plain fantasties!

Sheldon, liewe liewe Sheldon Cooper...

Vir nou is dat al TV progra-
WAG!!! Amper vergeet ons die heel fantasmagorieste, amazingste, ongelooflikste, puik, uitstekende, asemsnakkende TV program wat op hierdie hele Aarde bestaan...


Tot wedersiens!
MI


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.