Tuesday, July 2

Wat om hierdie winter vakansie te doen!

Die vakansie het uiteindelik aangebreek en dit voel vir my asof ek 'n opgeblaaste ballon was, wat nou net kan ontspan! Ek dink ons moet almal 'n brief vir die regering slryf en daarop aandring dat hulle vir ons meer vakansie gee. Tot dit egter gebeur moet ons maar die beste maak met dit wat ons het. MI het 'n lysie gemaak van 'n paar dinge wat jy gedurende hierdie vakansie kan doen!
Hou 'n movie marathon:

Dit is nie nodig om fliek toe te gaan en baie geld te spandeer om 'n fun movie aand te hê nie! Daar is so baie nuwe flieks wat jy kan gaan uitneem en dit in die gemak van jou eie huis geniet. Blockbusters het 'n hele klomp opwindende New Releases! Dit sluit in Les Misèrables, Silver Linings Playbook, Beautiful Creatures, A Good Day to Die Hard, Zero Dark Thirty, Hansel and Gretel: Witch Hunters en vele meer. So as jy nog nie een van hierdie flieks gesien het nie, is hierdie die perfekte geleentheid om dit te sien! Video winkels het ook 'n groot verskeidenheid classic movies. Ek het deesdae so 'n craving om weer al die Batman en Pirates of the Caribbean movies te kyk, so ek weet wat ek die eerste week van die vakansie gaan doen!

Stormloop die winkels:

Het jy geld wat in jou bankrekening lê en net skree om spandeer te word (ek het nooit sulke geld nie, want as ek geld kry het ek dit nie vir langer as 2 ure nie). Hierdie vakansie kan jy bietjie ontslae raak van die geld en gaan shopping doen saam jou vriendinne! Baie van die winkels kry nou die mooiste winter klere en accessories in EN hulle het groot uitverkopings op laas seisoen se somersklere. "Hoekom wil ek nou somersklere koop?" vra jy seker. Om op te stock vir volgende somer, natuurlik! Jy kan die mooiste klere kry teen die helfte van die prys wat dit “in season” sal wees! So waarvoor wag jy?

Mnet Magic:

DSTV stel 3 nuwe series kanale bekend in Julie. Daar is baie nuwe reekse wat hul verskyning maak en ou reekse wat weer begin wys. Hawaii Five-0 reeks 3 begin weer wys op 27 Junie. The Mentalist reeks 5 maak weer sy verskyning op 3 Julie. Masterchef SA het 'n paar weke gelede met reeks 2 afgeskop! Ek gaan beslis my daaglikse dosis van lekker reekse inkry... maak seker jy doen ook!


Lees 'n Fan Fiction:

Ek weet baie mense is nie mal oor lees nie, maar fan fictions is AWESOME! Dit is stories oor famous mense soos One Direction, Justin Bieber, TayLaut ens. Sommige fan fictions kan jy jouself in die storie sit en ander het klaar karakters... maar dis so verslawend! Download die app Wattpad en lees die One Direction fan fictions, hulle is die beste! My gunstelinge sover is Bitter and Sassy van Louis, Music Sheet van Harry, Backfire van Niall, Masquerade van Liam en Kay's Dairies wat ook oor Louis gaan! Hulle is almal geskryf deur Bel Watson en sy is regtig GOED! Ek belowe jou dat jy dit nie sal kan neersit nie! So beware...

Daar is soveel luilekker dinge wat jy hierdie wintervakansie kan doen en opwindende dinge om lui dae op te kikker! Laat weet ons wat jou planne vir die vakansie is en ons hoop julle almal rus lekker en geniet elke oomblik! Ons wil ook net se dat ons BAIE jaloers is op van ons vriendinne, Mignon, Annecha en Amorique! Hulle is op 'n skooltoer vir 2 weke... Frankryk en Italie toe! UNFAIR! Maar ons hoop hulle geniet dit vreeslik baie!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.