Teen hierdie tyd behoort julle te weet dat MI verslaaf is aan basies als, maar een van die groter verslawings is flieks! Meer spesifiek? Flieks wat oorspronklik boeke was! MI het 'n lysie saamgestel van flieks waarna ons uitsien wat gebasseer is op boeke. (So maak seker jy lees die boeke voordat jy jou voete sit in Ster Kinekor... Ons almal weet die boek is beter is die fliek!)

Shailene Woodley gaan die rol van Hazel vertolk en Ansel Elgort. As jy van The Perks of Being a Wallflower gehou het sal jy mal wees hieroor.
Wees gewaarsku hierdie sal die epicste boek wees wat jy in jou lewe lees en dus die epicste fliek wees wat jy ooit sal sien.
Divirgent
MI voorspel dat hierdie fliek die nuwe Hunger Games gaan wees.


Hierdie boek (geskryf deur Veronica Roth) was vir weke lank op die New York Times Bestseller list en het groot buzz veroorsaak.
Toevallig is die rolverdeling identies aan The Fault in Our Stars s'n. Shailene Woodley gaan die rol van Beatrice vertolk... maar Ansel Elgort gaan in Divirgent haar boetie speel.
Glo my as ek sê dat jy nie hierdie een sal wil misloop nie!
As jy nou nog nie die eerste Hunger Games fliek gekyk het nie- kyk dit. As jy nogsteeds nie al 3 die boeke gelees het nie- lees dit. Doen jouself en die res van die mensdom 'n guns. Ek meen komaan, dis net iets wat mens moet doen!
Percy Jackson and The Sea of Monsters

Dis veronderstel om net so goed soos The Hunger Games te gewees het.
Die boeke val in dieselfde klas as The Hunger Games, Twilight en Harry Potter.
Die boeke was perfek.
Die fliek was suckish en niks soos die boeke nie.
Die hard fans hou duim vas dat die tweede fliek asseblief tog net soos die boek sal wees en actually goed sal wees hierdie keer.
Met die bogenoemde inligting kan jy nou 'n ingeligte besluit neem of jy jouself gaan oorgee aan die Percy Jakson fandom. Dit is al.
The Mortal Instruments: City of Bones

Ek weet nie. (Ek voorspel wel dat hierdie 'n treffer gaan wees in die box office!)
World War Z
Nou hierdie fliek lyk EPIC! As jy nog nie die voorprent gesien het nie kliek hier om dit te kyk. Hierdie fliek bevat twee van my gunsteling dinge: Brad Pitt en die Zombie Apocolypse. Soos jy kan sien in die epicness van die voorprent is hierdie fliek baie soos die fliek 2012. Die wêreld vergaan en die mensdom is in 'n toestand van panic. Ek kan nie wag nie!
Jy sal defintief vir MI voor in die ry sien by die screenings van die meeste flieks wat hier genoem is! Waarna sien jy die meeste uit?
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.