Friday, July 5

Celebs is lekkers!

Ek wil net se ek voel soos 'n pap jellyvis vandag! Ek weet nie eers om 'n mens so iets kry nie, maar as jy doen voel ek soos een. Ek is net bly ek voel soos 'n pap jellyvis in die vakansie en NIE as ek my kosbare lewe moet mors by die skool nie. Anyway, back to business. Ons het 'n ruk terug 'n artikel gedoen waar ons van ons skool se onnies vergelyk met vrugte . Vandag gaan ons 'n paar SUPER FAMOUS celebs met lekkergoed vergelyk! WHOOHOO Sweet Mania! Here Goes...

Angelina Jolie:

Sy is 'n LEGEND in die acting bedryf en ons vergelyk haar vandag met 'n legend chocolate: ROLO! My ma-hulle eet al van kleintyd af ROLO en dit is BAIE lank terug... soosin EEUE gelede! Rolo's het 'n sjokolade dop met 'n yummy karamel binnekat! Dit is soos unicorn kisses op jou tong! Angelina is net soos 'n ROLO omdat sy ook 2 kante het. Die persoon wat van karakter tot karakter verander in elke fliek wat sy aanpak en ook die liefdevolle ma en vrou!
Keira Knightly:

Sy het onlangs die rol van Anna Karenina vertolk, maar my gunsteling fliek van haar is sonder twyfel Pirates of the Caribbean! Sy kan enige rol aanpak en die karakter briljant maak! Sy is so aanpasbaar soos 'n verkleurmannetjie en is 'n briljant aktrise. Daarom is sy net soos Liquorice Allsorts! Soveel verskillende kante, maar saam vorm sy een amazing aktrise!

Daniel Craig:
Hy was in Dreamhouse, The Golden Compass, The Girl with the Dragon Tatoo en hy is Mnr. 007! Daniel Craig is TOTALLY Out of This World net soos... Astros! Astros het baie verskillende mooi kleure, net soos al Daniel se karakters en hulle is BAIE LEKKER nes sy looks
(wink wink). Hy kan enige rol anpak en die fliek suksesvol maak!


Simon Baker:
Hy vertolk die rol van Patrick Jane in my gunsteling TV-reeks: The Mentalist en ek moet se, hy is AWESOME! Hy laat my dink aan Nestle se Peppermint Crisp sjokolde. Dis verfrissend, nes sy pragtige blonde krulle! Hy is sooooo swoon worthy en ek is mal oor hom! Peppermint Crisp is bruin aan die buitekant en dan vat jy 'n hap... en BOOM... 'n helder groen kleur verblind jou oe! Net soos met die sjokolade weet jy nooit wat om volgende van Simon te verwag nie en dit is hoekom hy A-M-A ZING is!

Christina Aguilera:

Sy lyk so fyn en mooi, maar as sy begin sing...WOW! Sy het so 'n sterk en ongelooflike stem en sy stel nooit haar aanhangers teleur nie. Haar musiek is ongelooflik en sy het baie layers... nes 'n Tempo! Sy kan sing, sy kan act en sy kan dans! Sy is ook een van die beoordeelaars en mentors op The Voice en ek is mal oor haar! 'n Tempo het koekies, karamel, en sjokolade binne-in en is net so dominerend (wat ookal dit beteken ) soos Christina en daarom pas hulle perfek by mekaar!

Shakira:

Waka Waka was die temalied van die 2010 sokker wereldbeker en hierdie eksotiese sangeres van Suid-Amerika is een van my gunstelinge! Sy is so anders en...wel, eksoties! Daarom is sy soos 'n Fizzer! Daar is soveel verskillende geure Fizzers. Aarbei, Appel, Bubblegum, Cream Soda, Rasberry, Cola en selfs Naartjie! Net so is Shakira. Sy
kan enige genre musiek sing en dit sal ongelooflik klink!


Bruno Mars:

'n Lunchbar is die tipe sjokolade wat jy eet as jy nie wil skuldig voel daaroor nie! Daar is neute en ander gesonde dinge in ...pkus sjokolade. Boonop kry  mens dit in wit en melk sjokolade! Bruno Mars is net soos 'n Lunchbar! Ek weet nie eintlik hoekom nie, maar ek sien net in my geestesoog dat die twee bymekaar pas. Bruno Mars se musiek is so soulful en laidback en dis die tipe musiek wat jou boyfriend vir jou op 'n romantiese aandjie kan sing ( as hy kan sing)! Ek is mal oor sy musiek en mal oor 'n Lunchbar! 

EN DAN....DIE GROOT FINALE!

HARRY STYLES!


EEEEEEEEEEPPPPP!! Met sy sielvolle groen oe en sjokolade bruin krulle is hy verseker die WERELD se most eligible bachelor! Hy is verseker die I in MI se droomman (Niall is die M s'n) En dit is net reg dat Harry pas by die lekkerste sjokolade OOIT... Bubbly van Cadbury! Hierdie Borrel sjokolade is in-mond-smelt-en-smaak-ontploffing-lekker! Dit is die BESTE! Net soos die oulike hunk van One Direction!


Dit was die lekkergoed waarby ons dink hierdie celebs die beste pas! By watter lekkergoed dink jy sal jou gunsteling celeb pas? Laat weet ons!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.