Sunday, July 28

Teen Choice Awards Deel 3! (TV Shows)

TV Shows

Villian
Becca Tobin- Glee
Ons almal weet Becca Tobin se karakter is net 'n rip-off van die karakter wat voor haar op Glee was- Quin Fabray. Ons gee nie eintlik om nie, want Quin Fabray was so 'n awesome karakter en al kan ons haar net her-beleef deur 'n wannabe, gaan ons nie kla nie.

Personality - Male
Simon Cowell- The X Factor
Simon Cowell is alles wat ek eendag streef om te wees- ryk, slim, hy kan sê wat hy wil en hy's super-famous omdat hy nie omgee oor ander mense se gevoelens nie. Ag komaan, moenie maak asof jy nie ook eendag so 'n werk sal wil hê nie!

Personality- Female
Demi Lovato- The X Factor
Ek stem vir Demi Lovato omdat sy epic is... nie omdat sy juis 'n goeie judge op X Factor was nie. Ons almal weet sy het haar deelnemers in die grond in gementor (en dis nie 'n goeie ding nie), maar shame. Sy't hard probeer en ek love haar nuwe look. So, go Demi!

Female Reality Star
The Kardashians & Jenners- Keeping Up With The Kardashians
EK LOVE KEEPING UP WITH THE KARDASHAINS. Natuurlik is hierdie familie nie my rolmodelle in die lewe nie, maar daar's iets redelik lekker om te kyk hoe ander mense dink hulle doen goed as hulle hulle vorige season se Gucci sonbrille weggee. We can only dream...
En asseblief... MOET NIE vir Honey Boo Boo toelaat om te wen nie!

Male Reality Star
Gordon Ramsey- Masterchef/ Hell's Kitchen
Om eerlik te wees hou ek nie juis baie van een van die genomineerde mense nie. Gordon Ramsey kry slegs my vote omdat hy hilarious kos-grappies maak
AS THE WANTED WEN IS HIERDIE HELE KOMPETISIE KORRUP!
Male Scene Stealer
Max Greenfield- New Girl
Dit was 'n moeilike keuse tussen Chord Overstreet van Glee en Max Greenfield, maar toe dink ek aan Schmidt (Max se karakter in New Girl) en Max Greenfield kry +100 punte by my! As jy nog nie vir Max beleef het as Schmidt nie dink ek dis veilig om te sê dat jy op een van die 7 wonders van die TV- wêreld
uitmis.

Female Scene Stealer
Heather Morris- Glee
Heather Morris is een van daardie karakters wat veroorsaak dat 'n series sommer net leeg sal wees sonder haar. Sy. Is. Hilarious. Sy kan sing en dans en act (altans... ek dink dis acting) en sy het ons heeltemal oorgewen met haar karakter, Britney.

Breakout Star
AnnaSophia Robb- The Carrie Diaries
 Ek ietwat van 'n Carrie Diaries verslawing ontwikkel. Die feit dat AnnaSophia Robb die hoofkarakter is is ook net soveel beter. SY WAS PERFEK IN BRIDGE TO TERBITHIA.

Breakout Show
The Carrie Diaries
As jy die manlike hoofkarakter hierin gesien het sal jy verstaan.

Reality Show
Keeping Up With The Kardashains
Mal mense is ongelooflik entertaining... Mal mense wat ryk is en nie weet hulle is mal nie is about 100 keer meer entertaining.

Animated
Gravity Falls
Ek kyk nie een van die reekse wat genominate is nie, toe kies ek maar Gravity Falls want dit lyk die cuteste.

Fantasy/ Sci Fi
Arrow
Die M van MI is obsessed met Arrow, so dis net reg dit hierdie TV show die award moet wen. Plus die hoofkarakter is super hot en daarvoor verdien hy alleen 'n prys.

Actress Sci-Fi/ Fantasy
Ginnifer Goodwin- Once Upon A Time
Sy is awesome. Dit is al.

Actor Sci-Fi/ Fantasy
Stephen Amell- Arrow
Weereens, het jy gesien hoe lyk hierdie ou?!

Comedy
Glee
Cory Monteith is 'n legende. Ek dink dis net reg dat Glee hierdie award wen. Dit sal wys aan die hele cast dat Gleeks vierkantig agter hulle staan. Ek raak nogsteeds hartseer as ek dink dat Cory Monteith noot weer
as Finn Hudson Don't Stop Believing sal kan sing nie... Glee MOET net al die kategoriee wen waarvoor hulle genominate is wen. Imagine net die gevoel as Glee wen na alles wat gebeur het.
"He took the midnight train going anywhere"

Actress- Comedy
Lea Michelle- Glee
Sy MOET net wen.

Actor- Comdey
Chris Colfer- Glee
Chris Colfer is die perfekte voorbeeld van iemand wat embrace wie hy is. Hy is fantasties in Glee en hy het my al meer as een keer obeheerlik laat giggel.

Action
NCIS: Los Angeles
Ek is MAL oor al die CSI-tipe shows. CSI; CSI New York, Body of Proof en NCIS Los Angeles veroorsaak dat ek meeste van die aande paranoid is dat iemand my vergiftig deur middel van my tandeborsel... maar ten minste weet ek dan dat die super-slim dokters van die CSI my killer sal vang... of sal hulle? (Asseblief, los my tandeborsel uit.)

Actress- Action
Lucy Liu- Elementry
Van 'n Charlie's Angel na Dr. Watson... Not too shabby Lucy Liu.

Actor- Action
LL Cool J- NCIS: Los Angeles
Blykbaar gaan die M van MI single-handedly sorg dat LL Cool J hierdie Teen Choice Award wen want hy is, and I quote, "die persoon met die meeste swag wat ek in 'n lang tyd gesien het". *Facepalm*

Drama
Gossip Girl
Hierdie was 'n moeilike keuse tussen Gossip Girl en Pretty Little Liars, maar Gossip Girl het gewen! Seker omdat die hele reeks nou verby is en ek ontrekkings simptome het... maar ek moet erken, die PLL boeke is redelik verslawend.

Actress Drama
Blake Lively- Gossip Girl
Serena (soos ons haar in GG ken) het die chickste styl ooit. Kan ek asseblief haar klerekas steel? Want seriously, dit moet onwettig wees om sulke mooi haute couture klere te he.

Actor Drama
Penn Badgley- Gossip Girl
Spoiler Alert!
OH MY SOUL. KAN JY GLO HY WAS AL DIE TYD GOSSIP GIRL?!?! Ek kon nie en ek het seker gemaak almal binne 'n 1 meter afstand van my weet dit ook want... ASDFGHJKL

Reality Competition
The X Factor
Behalwe vir die feit dat Simon Cowell 'n judge/mentor is hierop (en ons love Simon Cowell), het een van ons HEEL gunstelinge bands hulle fame hier gevind- Emblem 3! (Jy't gedink ons gaan One Direction se ne? True, true, maar dit was X Factor UK...). As jy nou nog nie na hulle liedjie 'Chloe' geluister het nie beter jy dit NOU doen!

Stay tuned vir Deel 4 wat binnekort kom!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.