Dames en Here, ons verwelkom julle by die vierde uitgawe van MI se FBI! Dit was onlangs die Young Hollywood Awards in Los Angeles en die jong sterre het uitgehaal en gewys... soms 'n bietjie te veel!

Crystal Reed het 'n walglike blompatroon skemerkelkie rok met 'n hoë halslyn aangehad en beige/goue skoene daarby. Die kombinasie het net nie vir my
gewerk nie en die blompatroon was alles behalwe vleiend.
Die jong sanger, Austin Mahone het nie sleg gelyk nie, maar vir my was hy net soos tweede weergawe van Justin Bieber. Ek sê nie sy musiek is soos JB nie, maar met die uitrusting het hy soos die tiener biljoener se ewebeeld gelyk. Sy beige en wit baadjie en swart hemp en broek en die goue hangertjie het gelyk of hy miskien 'n nuwe Bling Ring bende gestig het en JB se klerekas beroof het! Jammer Austin!
Daar was egter 'n hele paar asemrowende uitrusting en my gunsteling was Lucy Hale van Pretty Little Liars s'n. Sy het 'n wit en swart lacy 2-stuk

Kelly Osbourne het soos haar oulike vrolike self gelyk in 'n geel skemerkelkie rok met 'n gewaagde halslyn en 'n goue clutch. Sy het soos 'n sonstraaltjie gelyk!
Dave Franco en Ian Somerhalder het maar net soos hulle sexy self gelyk.
Dave het 'n grys pak aangehad en 'n blou en rooi 

Cody Simpson het eintlik nie soos 'n Justin Bieber wannabe gelyk nie. Hy het 'n gemaklike ligblou hemp aangehad en 'n blou denim. Vir my het hy net soos 'n seebriesie gelyk!
Dit was ons vierde FBI!
...
O JA! Maak seker om ONE DIRECTION se nuwe music video BEST SONG EVER te gaan kyk, want dit is EPIC! MI-siek sal later meer daaroor praat...
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.