Saturday, August 10

Wat jou drome van jou sê!

Het jy al ooit deur 'n tydskrif geblaai en dan... BAM! Daar spring 'n advertensie uit wat sê: 'Wat sê jou drome van jou? Gaan na ons website om uit te vind!' Jy tik dan haastig die website by Google en... jy moet betaal om uit te vind wat jou drome nou eintlik van jou sê.
 
Wel, moenie vrees nie! MI Watch is hier om te verseker dat jy kan uitvind wat jou drome van jou sê, sonder om gescam te word! (En dis 100% akkuraat... Ummm, soortvan.)
 
As jy droom van...
 
One Direction
OK, ons erken. Ons het al meer as een keer van One Direction gedroom. Volgens ons kan dit net 1 ding beteken: Ons is destined om met al 5 van hulle te trou. (Ja, al 5). Jy't gedink ons gaan sê as jy van One Direction droom is jy te obsessed, nê? Dit sou egter beteken dat ons meer as obsessed is so umm... Ons delude onsself om in die posiewe te glo.
 
Superheroes
Obviously as jy van superheroes droom het jy een of ander super power en jou drome is jou onderbewussyn wat jou daarvan wil laat weet. Was jy al ooit deur 'n radio-aktiewe spinnekop gebyt?
Doen cryptonite iets aan jou? Het jy 'n obsessie met vlermuise? Ek dink hierdie is vrae wat jy aan jou ouers sal moet vra, aangesien hulle obvioulsy jou superpowers en superhero-costume vir jou wegsteek vandat jy kind was.
 
'n TV Show
Droom jy meer as gereeld van CSI? Of het jou vorige droom die hele cast van Glee ingelsuit? Het
jy 'n week terug gedroom dat jy Masterchef SA wen? Dis okay. Dis normaal. As jy droom van jou gunsteling TV shows beteken dit dat  jy tien teen een eendag die executive producer daarvan gaan wees. Ek meen, jy kyk dit elke week soos 'n verslaafde, jy kan al die karakters in en uit, jy weet presies wat die fans wil hê (want jy is self een) en face it, jy gaan eendag met die hoofkarakter trou.
Kos
Jy's honger. Eet.
 
Jou troeteldier
As jy droom van jou troeteldier beteken dit dat jy een van die min mees talentvolle persone op die hele wye aarde is. Ja my vriend, jy
kan met diere praat. Die volgende keer as jy van jou troeteldier droom, word wakker, spring op en hardloop na jou hond/ kat toe. Vertel hom/ haar dat jy weet. Jy weet jy kan met diere praat en BAM! Jou troeteldier sal terugpraat! As dit nie dadelik werk nie sal jy dalk eers op een been moet staan en Amerika se volkslied sing terwyl jy noedels op jou kop balanseer.
 
Sneeu
Wees BAIE versigtig. As jy droom van sneeu beteken dit dat daar deur die nag klein kabouters kom nes maak het in jou tuin. Wanneer jy die volgende oggend wakker word sal jy hulle so gou moontlik
moet opspoor, andersins gaan jy nooit jou 3 wense kry nie. Sodra jy die kabouters gekry het moet jy vir hulle jou huiswerk gee. Jou onderwyser sal verstaan (en anyway, dis 'n beter verskoning as "my hond het my huiswerk geëet"). Glo ons. Dis 100% waar. Amper so waar soos die keer toe daar vir ons gesê is dat Jack Parrow gearresteer is.
 
Hopelik help hierdie artikel jou om jou drome op te klaar. Dit het definitief vir ons gewerk en glo ons, dis baie akkuraat.
 
Op 'n ander noot: WAT IS BESIG OM IN DIE ONE DIRECTION FANDOM TE GEBEUR?!
 
Tot wedersiens!
MI
 


3 comments:

  1. Hey MI Watch, wat dan as jy droom van jou onnies of skool? Beteken dit jy is `n geek, nerd of beteken dit dat jy baie stress oor skool? Dis sommer maar net `n interessante vragie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dis seker maar net logies dat mens gereeld droom van skool? Jy spandeer tog tans die helfte van jou lewe daar. As ek jy is sal ek nie te veel daaroor worry nie :) (Behalwe natuurlik, as daar regtig iets is wat jou pla, dan stel ek voor jy probeer om die probleem uit te sorteer, of vra iemand vir hulp)

      Dalk kan jy begin om jou roetine bietjie op te jazz om jou drome op te kikker? Haha :)

      Delete
  2. Baie dankie vir julle advies! Ek is seker dan normaal!

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.