Saturday, August 17

FBI vlieg deur die Teen Choice Awards 2013


Uiteindelik het die groot dag van die Teen Choice Awards aangebreek en dit was selfs beter as wat ons gedink het dit sou wees! MI is nou in  FULL BLOWN TEEN CHOICE MODE! Daarom, liewe lesers, stel ons aan julle voor: FBI by die Teen Choice Awards!
 
Die Beauties:
Van die nominee's en hosts en dates en wenners het beslis uitgehaal en gewys op die Blue Carpet en 'n paar van die uitrustings het my asem weggeslaan! Selena Gomez het ongelooflik, soos altyd, gelyk in 'n groen midi rok met 'n gewaagde slit. Die kleur het perfek by haar donker hare gelyk en dit was net so mooi!

Dit was 'n baie hartseer aand vir die Glee cast. Almalprobeer nog om Cory se dood te verwerk. Die het egter nie vir Lea Michele gekeer om op haar beste te lyk nie! Sy het 'n cute mini rokkie aangehad met 'n
cherese pink rompie en 'n ligpienk bokant. Dit is beslis iets wat ek sal koop!

Lucy Hale was een van die hosts en sy het asemrowend gelyk! Sy was sonder twyfel my best dressed vir die hele aand. Sy het 'n wit 2-stuk rok aangehad en swart ankle skoene en dit was beslis 'n look I would kill for! Haar co-host Darren Criss het ook baie aantreklik gelyk met 'n gemaklike pak en skelblou das.
 Nina Dobrev het weereens 'n fashion waagkaans gevat met 'n abstrakte jumpsuit met 'n lae snit, maar hierdie look het vir haar gewerk. Ek is seker haar eks, Ian Somerhalder, kon nie sy oë van haar afhaal nie!
 
Kerry Washington het baie cute gelyk! Sy het 'n wit mini aangehad met 'n klomp hartjie en lip patrone op. Dit was oulike en anders! Little Mix het beautiful in black gelyk! Elk met 'n mooi, sexy en daring swart uitrusting.

Nou vir die manne... Liam Hemsworth het baie handsome gelyk met 'n swart broek en vuil blou hemp. Logan Lerman het soos sy ongelooflike cute self gelyk in 'n blou hemp en dan...

ONE DIRECTION! Hulle het almal so laidback en terselfdetyd SUPER sexy gelyk! And can we please take a moment of silence for Harry's hat (perfeksie!)
 
Ander mense wie my oog gevang het was Sandra Bullock, Michelle Rodriguez, Ian Somerhalder en die Jonas Brothers.
 Die Not-so-Beauties:
Miley Cyrus het groot gewen die aand, maar beslis nie in die fashion kategorie nie! Sy het net swart gedra met 'n deursigtige bo-stuk en wit skoene. Beslis nie een van haar beste keuses nie!
 
Demi Lovato het die rebel-look 'n bietjie te ver gevat met 'n over-sized swart blazer, 'n swart leer broek en swart stewels. Het sy
miskien verdwaal oppad na 'n begrafnis toe?

Ashley Benson is so mooi, maar sy het 'n swart en navy mislukking aangehad wat net in my ouma se kas hoort!

Bella Thorne se rokkie het 'n ongelooflik snit gehad maar aaklige materiaal! Sy het gelyk soos 'n poskaart van Florida. Gelukkig was haar skoene totes adorbs!
Lily Collins....haar rok moet verban word... Dit moet vermoor word... Daar is net een woord vir haar outfit: BLERGH! (Inlas deur die I van MI: HEI! Ek was mal oor haar rok! En OMS totes embaressing vir Lily en Bella wat dieselfde rok-materiaal gehad het!)

Rebel Wilson was Rebel Wilson... 'Nuff said.

Abigail Breslin se nuwe blonde hare werk nie vir my nie en ook beslis nie haar outfit nie! Sy het soos 'n jonger wannabe weergawe van die Queen gelyk
met 'n seeblou rok, gebreide truitjie en nude skoene. Dit was die verkeerde Vintage uitrusting!
 
Op 'n ander noot... Ons het onlangs so 'n bietjie juicy nuus oor Selena Gomez gekry. Foto's van haar en Taylor Lautner het gesurface en hulle het “baie cosy” gelyk... Miskien romantically cosy?
 Tot wedersiens!
MI
 
PS, HARRY STYLES SE TWERK!!!! OMS OMS OMS!!!
DIRECTIONARS HEAVEN!

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.