Sunday, September 1

MI-siek 4! (Die blergh weergawe)

 
Hierdie was 'n powere week vir musiek...
 
Applause- Lady Gaga
Lady Gaga is terug met haar nuutste single Applause. Mens sal verwag dat dit iets heeltemal over the
top moet wees (of iets waaroor die skindertonge sal praat vir 'n week), maar dis egter net 'n doodgewone liedjie. Niks spesiaal nie en definitief nie iets wat op my playlist gaan kom nie. As jy 'n groot fan van Gaga is sal jy dit seker meer geniet, maar as iemand wat nie juis 'n voorliefde vir haar het nie is hierdie liedjie maar 'n bore.
 (Wees gewaarsku, dis in ware Lady Gaga styl).
 
Wrecking Ball- Miley Cyrus
Mens sal verwag dat hierdie liedjie afgryslik is na Miley Cyrus optrede by die VMA's, maar hierdie liedjie is actually cool. Volgens my is dit way beter as We Can't Stop. Dis nou nie die volgende
musikale meesterstuk nie, maar dis lekker om na te luister en mens can Miley se stem goed hoor in die liedjie, wat haar talent bevestig (want sy't dit nodig). Hou maar hierdie liedjie dop, dit gaan oor so paar dae tot vervelens toe oor die radio gespeel word.
 
Almost Is Never Enough- Ariana Grande ft. Nathan Sykes
Ek verwag groot dinge van Ariana. Sy het onlangs op my lysie van gunsteling sangers gekruip, maar
hierdie liedjie is 'n huge teleurstelling. Moenie my verkeerd verstaan nie, dis 'n cool liedjie vir 'n chill uit dag, maar dis eintlik boring. Ek weet party liedjies het nie noodwendig 'n beat nie, maar hel, daar kon ten minste bietjie variasie hierin gewees het. Nathan hierin is, wel... Nie perfek nie. (En dit het niks te doen met die feit dat hy in The Wanted is nie... Of dalk is dit). Ariana se stem hierin is soos gewoonlik fantasties, maar sy kan ook maar net soveel doen om 'n suckish liedjie te red.
 
Replay- Zendaya
Uggh... Is daar geen musiek wat absoluut fantasties is hierdie week nie?! Hierdie liedjie klink presies soos al die ander liedjies wat wannabe-hits is. Zendaya klink presies dieselfde in elke deel van die
liedjie. Die beat is ongelooflik boring. As sy so aanhou, gaan sy defintief nie meer as 'n Disney ster kan wees nie.
 
Acck. Weet julle wat? Aangesien hier amper NIKS oredentelike nuwe musiek is wat uitgebring word nie, want van JULLE laat weet ONS watter musiek ons oor moet skryf? Ek hoop van harte dat ek net al die goeie liedjies misgekyk (of gehoor...) het.
 
Tot wedersiens!
MI
 

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.