Sunday, September 22

Good Food and Wine Show!


Nog 'n dag, nog 'n belewenis vir MI. Die I van MI was onlangs by die Good Food & Wine Expo by die Coca-Cola Dome en dit was fantasties! Nie net omdat ek soveel kon eet as wat ek wou nie, maar omdat ek vir the one, the only... HAYDEN van Masterchef Australia gesien het! Nie net dit nie, maar hy het 2.75 tree van my af weggestaan... Ja, ek het amper flougeval.

As mens by die Dome instap is daar 'n walm van reuke wat mens tref... soosin BAM! Daar's kaas, brood, chillie, eksotiese kosse en soetgoed galore. Om elke hoek en draai is daar kos wat mens kan proe (lekker kos!) en almal wat by die expo was was gelukkig, want wie hou nou nie daarvan om lekker te eet nie?

Ek was eintlik net daar vir een rede: Ek MOES vir Hayden van Masterchef Australia sien. Al neem ek nie 'n foto saam met hom nie, ek moes net sy wonderlike vuilblond hare en stuning smile en hot bo-arm spiere sien voor die einde van die dag. DIT HET TOE GEBEUR! Ek kon vir 'n uur lank na Hayde staar toe hy 'n kosmaak demo aangebied het by die Woolworths Real Food Theatre. Wees van een ding verseker: Hayden KAN kosmaak! Daar kon so 10 mense saam met hom werk aan die resep, maar ongelukkig was ek te laat vir 'n kaartjie! Mens kan seker ook nie alles kry nie... Hy het darem baie rondgeloop en met die gehoor gepraat, so dit het nogsteeds gevoel asof ek deel was van alles.

Na Hayden se show het ons bietjie meer tussen die stalletjies rondbeweeg. Ek loop nog lekker en kou aan 'n stukkie fudge, toe... BAM! Sien ek vir Leandri en Seline van Masterchef SA! Ek het totally
begin fangirl. Ek kon nie eintlik 'n foto saam met hulle neem nie, want hulle het 'n koffiemaak demo bygewoon. Dit sou soortvan akward gewees het as ek tussen die stoele igeskuif het en gegil het dat hulle 'n foto saam met my moes neem.

Nadat ek gekalmeer het omdat ek Seline en Leandri (Eeeep!) gesien het, BAM! Daar staan Tiron, wat ook an Masterchef SA deelgeneem het! Ek was nog besig om uit te freak, toe kom ek agter hy staan in 'n ry vir... Gary Mehigan! Gary is een van die
beoordelaars van Masterchef Australia! Ek wou in die ry staan vir 'n foto en handtekening, maar toe kom ek agter dat al die mense die Masterchef kookboek vashou... Dit sou totes akward gewees het as almal sy boek gekoop het en ek kom daar aan met die expo se program vir hom om te teken...
Dit was egter nie 'n totale loss nie, want net daarna het ek Gary se Q&A session bygewoon by die DSTV booth. Hy was hilarious en het my lusgemaak om voor die stoof te gaan staan sodra ek by die huis kom. (Ek het toe nie, my ma het).

All in all was die Good Food & Wine Show AMAZING en kan ek nie wag vir volgende jaar s'n nie... Veral nie as iemand so hot soos Hayden weer daar gaan wees nie!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.