Monday, September 30

Die flieks van die vakansie!


Hello mense van MI Watch! Die vakansie is 'n wonderlike ding en as ons die woord vakansie hoor dink ons: TV, fliek, lees, TV, fliek, lees! Ons het al die kuns van TV kyk vervolmaak en al die New Releases wat ons in die hande kon kry, gekyk. Hier is vir julle, ons lesers, 'n gids vir van die beste must-see flieks wat ons hierdie vakansie gekyk het.
 Django Unchained
Ons is nie regtig 'n groot aanhanger van Western flieks nie, so dit is dus nie die no.1 keuse op ons lysie nie. Daar is egter, deur van ons familielede, aanbeveel om Django Unchained te kyk en dit is presies wat ons gedoen het! Met Jamie Foxx en Leonardo DiCaprio (I van MI: OMS OMS OMS Leonardo DiCaprio... fangirl worthy!) het ons sommer geweet dat hierdie 'n goeie fliek gaan wees en ons was nie teleurgestel nie. Dit is 'n lekker aksie fliek, met baie donker humor in en ons het dit vreeslik geniet. Alhoewel daar 'n hele paar grusame tonele in was (Wees gewaarsku, die tonele is NIE vir sensitiewe kykers NIE), was die storielyn interessant en BAIE snaaks!

 The Impossible
Ons hou daarvan om so elke nou en dan 'n hartseer, ware verhaal te kyk en ons oë leeg te huil. Ons
drama keuse vir hierdie vakansie was The Impossible. Dit gaan oor 'n gesin wat met vakansie was op 'n eiland in Thailand toe die verwoestende tsoenami in 2004 die eilande getref het. 'n Vrou en haar een seun word geskei van haar man en hul ander seuns toe die tsoenami kom. Die vrou en baie ernstige beserings opgedoen en jy weet nie of sy dit gaan oorleef nie! Hierdie fliek het ons hartsnare geroer! Jy moet net hierdie fliek kyk, jy het nie eers 'n keuse in hierdie saak nie!
 2 Guns
Die M van MI is letterlik verslaaf aan aksie flieks en daarom MOES sy net die nuwe aksie, 2 Guns www.jip.co.za
met Mark Wahlberg en Denzel Washington gaan kyk. Die fliek gaan oor 2
mans, een is 'n polisie offisier en die ander in 'n Navy Intelligence offisier. Hulle werk saam in 'n undercover mission, maar die een weet nie die ander een is ook undercover nie! Toe hulle uitvind van mekaar se ware identiteite is daar chaos, maar hulle het erger probleme. Hulle het 'n gemeenskaplike vyand gemaak tydens hul missie en hy wil hulle doodmaak! Nou moet hulle saamwerk om die enemy te oorwin en HOM te vermoor! Alle aksievrate MOET 2 Guns gaan kyk wat nou in die flieks wys, want dit is hilarious! Gaan lees Mieke se resensie van die fliek op Jip se webwerf
 Olympus has Fallen
Daar is so baie flieks, waar evil terroriste die President van Amerika aanval en die White House wil oorneem. Olympus has Fallen is presies so 'n fliek, maar ons is oortuig daarvan dat dit die beste een nog is! Mike Banning aka Gerard Butler (Hotness!) was een van die president se persoonlike
lyfwagte, maar na 'n ongeluk waarin die president se vrou gesterf het, het Mike bedank en kantoorwerk begin doen. Dit is egter totdat hy homself as die enigste oorlewene, behalwe vir 'n klomp gevangenes, in die White House bevind in die middel van 'n terroriste aanval! Nou is dit sy werk om die president se lewe te red en self ook aan die lewe te bly. Ons het letterlik op die punte van ons stoele gesit van spanning tot in die heel laaste minuut van die fliek, want dit is net so AWESOME!
The Europa Report
Imagine dis so paar jaar van nou af en wetenskaplikes het besluit om die onmoontlike te doen: Hulle gaan mense die verste in die ruimte stuur as wat iemand nog ooit was! Meer spesifiek... Na een van Jupiter se mane! Of course vat hierdie mission ongelooflik lank... Actually, langer as 'n jaar. Nou, as ons vir amper 2 jaar lank in 'n klein spaceship saam met 5 ander mense moes sit sou dit cray-cray gewees het. Hierdie mense word actually nie so cray-cray nie, maar 'n paar gebeurtenisse veroorsaak dat hulle baie naby daaraan kom. Dis nogal 'n alternative fliek, maar ons hou van alternative, so... YAY!
 
Under The Dome
Ok, ok. Ons weet hierdie is nie 'n fliek nie maar ASDFGHJKL hierdie series is verslawend! 'n Hele dorp word onder 'n random dome getrap en nou moet hulle probeer oorleef en hulle moet hulle geheime probeer wegsteek... ACCCCKKK. Hierdie series is seriously perfek! Barbie (wat 'n dude
is) is super hot, Joe is super hot, daar's 'n miljoen plot twists en die hele ding is net epic. Die beste van alles? Die tieners is die belangrikste deel van die hele series! Steven King het self die screenplay geskryf volgens sy boek met dieselfde naam EN Steven Spielberg is 'n producer hiervan (need I say more?). As jy hierdie series gekyk het sal jy fangirl vir 'n maand lank en wie wil nou nie fangirl nie? Seriously, kyk dit net. Jy sal nie spyt wees nie! (Kan ons net vir 'n oomblik praat oor die koei wat in die helfte gechop word tydens die eerste episode?!)
 
Hierdie was MI se moet-kyk flieks van die vakansie! Het jy van hierdie flieks gekyk? Wat is jou
moet-kyk flieks van die vakansie? Laat weet ons in die comments!
 
Tot wedersiens!
MI
 

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.