Saturday, September 28

MI FBI: Hello Emmys!

Die wenners van die Emmy Awards is aangekondig, maar almal gons nogsteeds oor wat die sterre gedra het. Gewoonlik fokus FBI op wat die dames sowel here gedra het, maar omdat die dames so geskitter het tydens hierdie spoggeleentheid is MI FBI: Emmy’s ‘n eksklusiewe Girls Only weergawe. Lights…Camera’s… Action!
Die Show Stoppers:
Hierdie is die dames wat die wêreld na hulle asems laat snak het, met hulle beeldskone uitrustings! Ons het show stoppers van hulle verwag en is nie teleurgestel nie!

Sofia Vergara van die treffer reeks Modern Family het ongelooflik gelyk in ‘n skelrooi Vera Wang skepping! Haar figuur is beslis een van haar geheime wapens en hierdie rok en al haar kurwes perfek beklemtoon.
Allison Williams van die komedie reeks Girls het eenvoudig, maar steeds elegant gelyk in ‘n koningsblou Ralph Lauren rok en baie bold Fred Leighton juwele. Haar donkerbruin lokke het so effortless gelyk, en het perfek by die rok gepas.
Emily Deschanel van Bones het die nuwe ‘lace trend’ gerule in ‘n grys eenmou Houghton rok. Haar up hairdo het so mooi gepas by die rok en har eenvoudige grimering het dit perfek afgerond.
MI se Best Dressed van die aand gaan egter aan Sarah Hyland. Die jong ster van Modern Family het geen probleem om show stopper rokke te dra nie en sy doen dit weer! Sy het gewaagd en terselfdetyd beeldskoon gelyk in ‘n donkergroen Carolina Herrera rok. Haar donker grimering en eenvoudige haarstyl het ook gelyk asof dit spesiaal vir die uitrusting gemaak was. Sy het beslis ‘n paar sterre groen van jalousie gelaat!
Ander sterre wat ons na ons asems laat snak het was Linda Cardellini van Mad Men in ‘n pienk Donna Atelier, Taylor Schilling van Orange is the New Black in ‘n wit Thakoon skepping, Kaley Cuoco van die komedie Big Bang Theory in ‘n maroon Vera Wang en Anna Gunn van Breaking Bad in ‘n unieke uitrusting van Romona Keveza.
Die Fashion Failed:
Dit was egter nie net maanskyn op die rooi tapyt nie! Daar was ‘n paar riller uitrusting keuses onder die klomp sterre en MI het die ergste van die ergstes gekies.

Julianne Hough is vir my een van die mooiste aktrises in die bedryf, maar haar keuse was net nie my smaak nie. Dit was ‘n deursigtige Jenny Packham rok met glitter en af moue. Die deursigtigheid van die romp was egter nie vir my die afdraaipunt nie, maar die moue. Dit het te laag en te styf gesit. Dit het ongemaklik gelyk, so asof sy nie haar arms kon beweeg nie. Die rok is een wat veel eerder vir die ballroom danse gehou moet word.
Jessica Pare van die reeks Mad Men het beslis nie op haar beste gelyk in ‘n seeblou Oscar de la Renta rok nie. Die boob tube het soos punte uitgestaan en die voorkant het gelyk asof die ontwerper uit lap uit gehardloop het. Die kleur het pragtig gelyk saam met haar vel en donker hare, maar die ontwerp was net nie ons smaak nie.
Zosia Mamet van die reeks Girls het… ek is jammer om dit te sê… WALGLIK gelyk. Haar rok is beloon met die Worst Dresses titel by die Fashion Police, maar is nog nie MI se ergste nie. Sy is egter baie naby. Die veelkleurige rok van Honor, met die vreemde “boob mask” en stuk lap wat by haar keel opkom is net weird.  Dit lyk of ‘n kleuter se verf op die rok uitgeval het. Gelukkig het haar hare mooi gelyk, maar dis ook al hoogtepunt.
En uiteindelik is dit tyd vir FBI se Worst Dressed! En die titel vir beloon aan…drum roll please… Lena Dunham van Girls. Haar blompatroon Prada rok was glad nie vleiend vir haar figuur nie en die tatoeërmerk op haar regterarm het ook glad nie goed gelyk nie en sy kon dit liewer toegemaak het. Haar hare en grimering het ook soos ‘n skoolkind s’n gelyk! Die is nou een rok wat my nagmerries sal gee.
Ander sterre wat ons glad nie beindruk het met hul rokke nie, sluit in January Jones in ‘n vleeskleur skepping, Claire Danes van Homeland in ‘n cream Armani (Inlas deur die I van MI: Is jy mal?! Sy het STUNNING gelyk! Sy was een van my BEST DRESSED van die aand!), Aubrey Plaza in ‘n swart Marios Schwab en Lena Headey van Game of Thrones in ‘n swart lace Alessandra Rich skepping.
Dit was MI FBI by die 2013 Emmy Awards! As jy saamstem of verskil met van ons keuses laat ons weet en kies jou Best en Worst Dressed! Onthou ook om MI senuwe video’s op Youtube te gaan kyk en ons eksklusiewe video’s op JIP seYoutube kanaal!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.