Sunday, September 8

'n Naweek van Premieres!



Ons het nooit gedink dat ons 'n uitnodiging sal kry na 'n eksklusiewe premiere van 'n fliek, of ons 'Press Pass' kaartjies omhoog sal hou nie, maar toe die naweek aanbreek was dit beslis een vir die Mieke en Ingrid rekordboeke! Dit was 'n wilde, woeste en opwindende naweek van premieres!

Die eerste premiere was die van die nuwe Disney fliek: Teen Beach Movie met Ross Lynch en Maia
Mitchell. Die tema van die funksie was biker of surfer.
Toe ons daar inkom het ons ingecheck by die Media & Celebs afdeling (Eeep!) Kelners het met snacks en drinkgoed rondgeloop, daar was 'n rooi-tapyt waar foto's geneem was van al die belangrike gaste (insluitend ons!) EN die 7de Laan aktrises, Melanie Du Bois en Ingrid Paulus asook Suid-Afrikaanse surfer en model Roxy Louw was ook daar en ons het die geleentheid gekry om bietjie met hulle te gesels!
Press passes!
Ons het soos 'n bekende Hollywood celebs gevoel, terwyl ons met die regte bekendes gemingle het! Gratis springmielies en koeldrank en fliek later is die ervaring verby, maar dit was in ons geheue ingegraveer en die herinneringe sal beslis nog lank by ons bly!

Volgende op die lys was een van die excitingste events wat MI nog ooit bygewoon het! Soos julle teen hierdie tyd al seker weet is ons One Direction fangirls, ons stalk hulle (op 'n totes normaleDirectioners! Dis reg... MI het die Suid-Afrikaanse premiere van This is Us bygewoon, 2 maande voordat die res van die land dit kon sien! As jy nou nog nie begin hiperventileer het nie, stel ek voor jy doen dit nou, voordat die awesomeness te veel raak.
manier) gereeld en is trotse
Toe ons by die fliek aankom was daar 'n cardboard cutout van ons 5 gunsteling ouens en ons het nie op ons laat wag om foto's saam met hulle te neem nie, Ja, ons het vir die (karton) Harry Styles en Niall Horan soentjies gegee. Nee, ons is nie skaam daaroor nie.
Toe ons in die fliek sit was dit asof al die fangirls van Suid-Afrika bymekaargekom het om die wonder van One Direction te beleef. Elke tweede persoon het 'n One Direction hemp aangehad, daar was mense wat met One Direction poope rondgeparadeer het en die hele fliek het terwyl ons gewag het Best Song Ever saamgesing. Dit was 'n oomblik wat geskiedenis gemaak het.
Tydens die fliek was daar natuurlik die regte hoeveelheid gegillery, fangirling en hartaanvalle. One Direction: This Is Us was perfek.


Ons voel asof ons nou regte premiere mojos is. Tussen ons het ons al die Teen Beach Movie, This Is Us, Epic, Spud 2 en Skyfall premieres bygewoon. Die M van MI gaan binnekort die Smurfs 2 premiere bywoon en ons is gereed vir nog vele meer wat kom. (Ja, ons besef dit het totally snobisties geklink, nee, ons is nie spyt nie.)
So asseblief... HOU AAN OM ONS TE NOOI VIR PREMIERES!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.