Sunday, July 21

Ons Teen Choice Awards Keuses! (Movies)



MI is MAL oor die Teen Choice Awards! Ons stem elke dag vir ons gunstelinge want ons wil hê hulle moet die kompetisie crush!
 
Hierdie gaan die eerste van 'n reeks artikels waar ons ons keuses vir wenners verduidelik. Vandag se afdeling is movies!

Movies

Chemistry:
Johnny Depp & Armie Hammer in Lone Ranger
Alhoewel ons nog nooit actually Lone Ranger gekyk het nie MOES ons net vir hulle stem want... Dis Johnny Depp... en Armie Hammer. In een katgorie! Hopelik is hulle chemistry in die fliek so goed as wat die chemistry is as wanneer ons na foto's van hulle staar op ons rekenaar skerms.
 
Liplock
Logan Lerman & Emma Watson - The Perks of Being a Wallflower
Eeeeeeeeeep! Twee van ons HEEL gunsteling movie stars in EEn kategorie! Oh my soul. Dis te veel vir my emosies om te hanteer. The Perks of Being a Wallflower was 'n perfekte fliek en hierdie soen was ook perfek. Basies was dit 'n mengsel van perfeksie.
 
Hissy Fit
Steve Carell- Despicable Me 2
Steve Carell is awesome. Despicable Me 2 is awesome. (Kan iemand vir my een van daai minions gee?). Dis obviously net logies dat Despicable Me in hierdie kategorie wen. Duh.
 
Villian
Javier Bardem- Skyfall
Javier Bardem het my totally uitgefreak in Skyfall en veroorsaak dat ek vir 'n hele ruk nie kan slaap nie... So hy was die perfekte villian! (Want dis mos wat villians doen?)
 
Scene Stealer
Hanna Mae Lee- Pitch Perfect
*Fluister fluister fluister* "You don't have to shout!"
Hanna Mae Lee was EPIC in Pitch Perfect (al het ons die helfte van die tyd nie gehoor wat sy gesê het nie.) Herinner haar karakter vir enigiemand anders aan 'n Pug hond?
 
Breakout Star
Ek kan nie kies nie. Moenie my dwing om te kies nie! Neeeeee!
Ek is so getorn tussen Ezra Miller vir Perks of Being a Wallflower en Eddie Redmayne vir Les Miserables! Ezra Miller was die perfekte Patrick in Perks en Eddie Redmayne het my laat huil vir 'n week lank in Les Miserables (vir goeie redes). Acccckk! NEE! Stem vir altwee! Altwee moet wen!
(Hoe wens ek nie dit was moontlik nie...)
 
Sci Fi/ Fantasay
Oz The Great and Powerful
Hierdie fliek was net plain epic. Dit is al.
 
Actor- Sci Fi/ Fantasy
James Franco- Oz The Great and Powerful
Want hy is ook epic. Duh.
 
Actress- Sci Fi/ Fantasy
Mila Kunis- Oz The Great and Powerful
Mila Kunis was fantasies in hierdie fliek! Sy het ons in die storie ingetrek en amper laat vergeet dat mens nie eintlik kan vlieg nie. Amper.
 
Comedy
Pitch Perfect
Pitch Perfect is die nuwe generasie se weergawe van Mean Girls en enigiemand wat nie saamstem nie het dit duidelik nog nie gekyk nie. Moenie my verkeerd verstaan nie. Mean Girls sal altyd die beste bly, maar Pitch Perfect gaan nog 'n een van daai legendariese flieks word wat ons gaan kyk as ons 50 is en praat oor die 'goeie ou dae'.
 
Actor Comdey
Skylar Astin- Pitch Perfect
Skylar se karakter was so cute in Picth Perfect en dan is hy boonop nie lelik nie. Ek meen, Google hom net. Die feit dat hy The Breakfast Club vir Anna Kendrik aanbeveel het? Net beter. (OK, dit was net 'n fliek... maar nogsteeds!)
 
Actress Comedy
Rebel Wilson- Pitch Perfect.
Rebel Wilson + Pitch Perfect = A match made in Heaven
Horizontal Running is my official nuwe workout roetine. En blykbaar is ALMAL goed met bikini car washes. Regtig, almal. En die feit dat sy 'n super cool aksent het? +50 punte vir jou, Rebel Wilson.
 
Drama
WEER MET AL HIERDIE KEUSES. In hierdie kategorie is daar DRIE flieks wat ek wil hê moet
wen.
Les Miserables, The Great Gatsby en The Perks of Being a Wallflower moet ALMAL wen. Ek luister vandat ek die fliek gekyk het elke dag ten minste twee keer na Les Miserables se soundtrack. The Perks of Being a Wallflower het veroorsaak dat ek so hard gehuil het dat my hond met weird aangekyk het. En The Great Gatsby? Leonardo DiCaprio.
 
Actor Drama
Ugh. ALWEER! Logan Lerman moet wen vir Perks, Eddie Redmayne moet wen vir Les Miserables en Leonardo DiCaprio moet wen vir The Great Gatsby want die arme man het nogsteeds nie 'n Oscar nie.
 
Actress Drama
Anne Hathaway- Les Miserable
Ek dink dis wetenskaplik bewys dat Anne Hathaway net die beste aktrise in Hollywood is. Ek bedoel, haar uitbeelding van Fantine in Les Mis was absoluut hartverskeurend. En sy verdien dit want sy is
my heel gunsteling aktrise in die hele wye wêreld en ek is van plan om haar eendag te ontmoet net nadat MI op die Ellen Show was.
Ek moet bysê, Emma Watson behoort 'n 'honourable mention' te kry vir Perks.
 
Action
Skyfall
James Bond is seker een van die beste classic reekse wat daar is, net langs Superman en Indiana Jones. Alhoewel Skyfall nie die tradisionele James Bond paadjie gevolg het nie en gevolglik meer van 'n spy fliek as 'n actual James Bond fliek was, was dit nogsteeds baie goed. (En beter as die ander flieks in die kategorie). So... Viva James Bond!
 
Actor- Action
Daniel Craig- Skyfall
Alhoewel hy nie die beste James Bond ooit is nie, is hy defintief in die Top 3. En weereens, hy was beter as al die ander in die kategorie.
 
Actress Action
Anne Hathaway- The Dark Knight Rises
Whooohooo! Anne Hathaway!
 
Romance
Les Miserables
Die beste adaption van 'n oorspronklike verhoog produksie wat ek nog ooit gesien het. Elke liewe akteur in hierdie fliek was amazing (behalwe dalk vir Russel Crowe...), die director, Tom Looper, is 'n genie en die musiek... *Sug*
 
Actor Romance
Eddie Redmayne- Les Miserables
Oh my soul. Eddie Redmayne is vir waaaayy baie dinge genominate! Oh well, hy mag maar.
 
Actress Romance
Amanda Seyfried- Les Miserables
Daar is een rede hoekom Amanda hierdie kategorie moet wen; die hoë noot in A Heart Full of Love.
 
Kom weer more terug vir die musiek afdeling!
 
Tot wedersiens!
MI

(P.S. Die scene stealer award moet soooooo eerder Joseph Gordon-Levitt van The Dark Knight Rises wees!  Ek meen het jy al sy gesig gesien?!
Dit was 'n inlas deur die M van MI)

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.