Monday, July 22

MI by Justin Bieber!

Ek kan nie glo ek het nie hierdie artikel vroeër geskryf nie! Dis 'n skande... cuff me officer! Soos julle weet was die M van MI in Mei by die event van 2013... JUSTIN BIEBER LIVE IN JHB!!!!!!!!!! OMS OMS OMS OMS OMS.....OK, ek het kalmeer! Dit was ongelooflik en ek sal dit 'n miljoen keer weer oor hê! Ek sou die ervaring baie graag met die I wou deel, maar ongelukkig is sy nie 'n groot fan nie. Gelukkig was 'n paar van my ander great vriendinne daar: Rottie, Annecha, Mignon, Hay-Lee, Jess, Amorique en
Christie!


Die wag:
Soos ek verwag het, moes ons 'n hele rukkie wag voordat ons kon ingaan. Gelukkig het ons gesorg dat ons vroeg daar was (nou nie 2 uur in die oggend nie!) so ons het vir ons 'n plekkie in die ry gekry wat baie naby aan voor was! Ons het toe vir omtrent 2 ure daar gesit en gefangirl en al ons kos probeer opeet omdat ons dit nie mag invat nie.. .LAME ek weet! Gelukkig het Mignon se pa die wag korter gemaak deur vir ons almal yummy slushies te bring! En toe breek die groot oomblik aan...DIE HEKKE GAAN OOP!


In die Stadion:
Ek was nog nooit by die FNB Stadium aka Soccer City nie, en dit was amazing! Dis 'n beautiful stadion en ek is baie trots om te se dat dit in my land is! Ons het ons sitplekke gaan kry, foto's geneem en toe in die endless ry gaan wag om OFFICIAL JUSTIN BIEBER MERCHANDISE te koop. Daar was awesome goed! Ongelukkig was my bron van geld bietjie beperk, maar darem het 'n goeie feëtjie toe vir my 'n awesome vroeë verjaarsdag geskenk gekoop: 'n Awesome Pers JB collage jacket! Baie dankie Goeie Feëtjie! Die Opening Acts was ChianoSky en Locnville en alhoewel ek nie 'n fan van Locnville was nie, is ek BESLIS nou! Hulle was fantasties! En toe begin die 10 MIN COUNTDOWN! IT ALL COMES
DOWN TO THIS!!!!


JUSTIN BIEBER!!!
5...4... 3... 2...1... JUSTIN! Toe hy op die stage staan met sy amazing wit klere het ek amper op my stoel gespring! Dit was amazing! Hy het begin met All Around the World en die skare skreeuende meisies het uit sy hand uit geëet! Hy het 'n amazing Drum solo op Beauty and the Beat gedoen en die verhoog aan die brand gesing en dans met liedjies soos Take You, One Less Lonely Girl, As Long as You Love me en vele meer! Na 'n uur en 'n half sê hy dat hy gaan afsluit met Believe en ons was almal BAIE sad dat dit nou klaar is...GELUKKIG het hy terug gekom vir 'n encore met Boyfriend en toe Baby! Dit was soooooo ongelooflik en al is jy nie 'n Belieber nie kan niemand se dat hierdie nie een onvergeetlike ervaring was nie!

Die Justin Bieber Believe konsert in Johannesburg was amazing... en Rihanna kom in Oktober so daar is net 1 ding oor om te se.... ONE DIRECTION.... KOM BY EN KOM SA TOE!!!


Tot wedersiens!
MI

(Inlas deur die I van MI: Ten spyte van die hoeveeldheid kere wat die M van MI in my ore gegil het na die konsert sal NIEMAND my OOIT kan oortuig om na 'n Justin Bieber konsert te gaan nie! Behalwe as ek free 1D kaartjies kry... Ek dink dis afgryslik dat die M van MI vir tot hierdie vlak gedaal het! Skandelik!)

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.