Saturday, July 13

MI-siek 3!

 
 
3 Weke van vakansie is definitief genoeg tyd vir MI om 'n paar nuwe liedjies bymekaar te skraap om met die wêreld te deel. Die feit dat hierdie liedjies super catchy en fantasmagories is is net 'n bonus!
 
Sit terug, stel jou speakers super hard en laat die musiek golwe oor jou spoel vir MI-siek 3!
 
Victoria Justice- Gold
Ons ken haar as Tori van Victorious. Haar nuwe liedjie "Gold" is super catchy en so... Victoria
Justice! Dit laat mens dink aan bubblegum, rokkies en vlinders in jou maag (wat nie altyd 'n slegte ding is nie). Hierdie liedjie is baie in die lyn van die liedjies wat jy op Victorious sou hoor, so as jy van die tipiese pop-prinses liedjies hou is "Gold" die liedjie vir jou!
 
She & Him- Never Wanted Your Love
Verstaan een ding mooi: Zooey Deschanel is die I van MI se spirit animal. ONS LOVE HAAR. Sy is in die duo She & Him saam met M. Ward. Hulle musiek is super
gechill en hulle is een van daai bands wie se musiek ek sal wil hoor as ek in die oggend wakker word. Never Wanted Your Love is super cute. Dit klink soos 'n liedjie wat in 'n fliek gebruik sal kan word. Zooey se stem is perfek hierin en asdfghjkl. Luister dit net. Want... Zooey Deschanel.
 
Demi Lovato- Heart By Heart
Alhoewel die vollengte liedjie nog nie vrygestel is nie kan mens sommer deur die teaser hoor dat dit
absoluut fantasties gaan wees! Demi se stem is (soos gewoonlik) vlekloos. Hierdie liedjie gaan gebruik word in die Mortal Instruments: City of Bones fliek. Dis een van die break-up liedjies wat jou sal laat huil oor die feit dat die liefde onregverdig is, maar sal laat glimlag omdat die musiek net so darn mooi is.
Hopelik is die res van die liedjie net so cool soos die teaser!
 
Fifth Harmony- Me & My Girls
Iets weird is aan die gang. Ek kry nie hierdie liedjie op Youtube nie, maar een van ons gunsteling Youtubers, Tyler Oakley, tweet aanhoudend daaroor. Oh well, gelukkig is ek nogal geseënd met super detective skills! (Of actually, wifi). Tyler het die liedjie op sy Tumblr gepost, so dis waar ek
daarna geluister het. Soos hy dit beskryf: "Dis die volgende summer anthem". Dit bevat verwysings na One Direction ('nuff said) en ongelooflike awesome... ALLES! Luister nou! Dit het al die bestanddele om die nuwe No.1 Hit Single te word!
 
5 Seconds of Summer- Try Hard
5 Seconds of Summer is die opening band vir One Direction, maar soos dinge nou klink gaan dit nie
vir lank so bly nie. Ek meen, LUISTER NET HIERNA! Dis perfek! Dis die perfekte mix van awesomeness! Mense wat meer van indie/rock musiek hou sal mal wees hieroor. Ek kan nie wag dat 5SOS hulle eie CD uitbring nie, want ek gaan heel voor in die ry wees om dit te koop! Die beste van alles? Jy kan dit verniet download! Ek stel voor jy doen dit want hierdie liedjie gaan binnekort oor en oor en oor gespeel word... En jy gaan beslis nie moeg word daarvoor nie!
 
Dis die musiek wrap-up van die vakansie!
Wat is jou gunstelinge? Laat weet ons of julle dink ons iets uitgelos het en laat weet ons wat ons in die volgende MI-siek moet gebruik!
 
Tot wedersiens!
MI

2 comments:

  1. Jis not bad awesome, musiek en ek het 'n vraag: hoekom comment niemand die musiek nie?

    Janco

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie! Ons is bly jy hou van ons musieksmaak :P

      Jy's welkom om musiek waaroor jy dink ons moet skryf te comment! :)

      Delete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.